Liewe Kittie
Gister was vir my n baie belangrike dag. Na die middagete het alles die gewone gang gegaan. Om vyfuur het ek aartappels op die stoof gaan sit en het Moeder my van die bloedwors gegee om vir Peter te neem. Ek wou dit eers nie doen nie, maar het later tog gegaan. Hy wou dit nie h nie en ek het die ellendi-ge gevoel gehad dat dit nog altyd oor die rusie omtrent die wantroue was. Meteens kon ek nie meer nie, die trane het in my o geskiet en sonder veel aandrang het ek die skotteltjie weer na Moeder teruggebring en my op die toilet gaan uithuil. Toe het ek besluit om dit tog maar met Peter uit te praat. Voor die ete het vier van ons hom met n blokkiesraaisel gehelp en kon ek dus niks s nie, maar net voor ons aan tafel gegaan het, het ek vir hom gefluister: Gaan jy vanaand snelskrif doen, Peter?
Nee, was sy antwoord.
Ek wil dan later graag met jou praat. Dit was vir hom reg so.
Na die opwas is ek dus na sy kamer toe en het ek gevra of hy die bloedwors omrede van die vorige rusie nie wou h nie. Maar gelukkig was dit nie die rede nie; hy het net nie gedink dis behoorlik om so gou toe te gee nie. Ons het nog oor die rusies gepraat en dat ek nou anders daarna kyk, ensovoorts, en-sovoorts. Dit was baie warm in die kamer en my gesig was so rooi soos n kreef, daarom is ek, nadat ek Margot se water on-dertoe gebring het, nog gou boontoe om lug te skep. Ordent-likheidshalwe het ek eers by die Van Daans se vensterraam gaan staan, maar dit was nie lank voordat ek na Peter toe is nie. Hy het aan die linkerkant van die oop venster gestaan en ek het
aan die regterkant gaan staan en ons het begin praat. Dit was veel makliker om by die oop venster in die donker te praat as in die helder lig en ek dink Peter het dit ook so verkies.
Ons het mekaar soveel vertel, so ontsettend baie; ek kan dit nie alles herhaal nie, maar dit was goed; dit was die mooiste aand wat ek nog in die Agterhuis gehad het. Ek sal die verskil-lende onderwerpe tog kortliks vir jou noem: Eers het dit oor die rusies gegaan; dat ek nou anders daarteenoor staan as teen-oor die verwydering tussen ons en ons ouers. Ek het Peter ver-tel van Moeder en Vader, van Margot en van myself. Op n ge-gewe oomblik het hy gevra: Julle wens mekaar seker altyd goeienag toe met n nagsoen?
n? n Hele klomp! Jy nie, n?
Nee, ek het omtrent niemand nog n soen gegee nie! Nie eens op jou verjaarsdag nie?
Ja, dan wel.
Ons het oor vertroue gepraat, wat ons albei nie aan ons ouers gegee het nie. Dat sy ouers baie lief vir mekaar is en ook graag sy vertroue wil h, maar dat hy dit nie wil gee nie. Dat ek my verdriet uithuil en dat hy op die bosolder gaan vloek. Dat ek en Margot mekaar maar kort gelede leer ken het en me-kaar tog nie soveel vertel nie, omdat ons altyd by mekaar is. Oor alles en nog wat, oor vertroue, gevoel en onsself. O, hy was net soos wat ek geweet het hy is.
Toe het die gesprek op 1942 gekom; oor hoe anders ons toe was. Ons herken onsself nie in die mense wat ons toe was nie. Hoe ons mekaar aan die begin nie kon uitstaan nie. Dit was vir hom irriterend as ek saam met hom na die radio gesit en luister het en hy het my bedrywig en lastig gevind en ek het gou aan hom heeltemal niks gevind nie. Ek kon nie verstaan dat hy nie gekoketteer het nie, maar nou is ek bly. Hy het dit ook daar-oor gehad dat hy hom soveel afsonder. Ek het ook ges dat daar tussen my lawaaierigheid en sy stiltes nie soveel verskil is nie.
Dat ek ook van rus hou en niks vir myself het nie, behalwe my dagboek, dat almal my liewer sien gaan as kom, veral me-neer Dussel, en dat ek nie altyd binne by die res wil wees nie.
Dat hy so bly is dat my ouers kinders het en dat ek bly is dat hy hier is. Dat ek hom en sy teruggetrokkenheid nou tog be-gryp en ook sy verhouding met sy ouers en dat ek hom met die rusies so graag sou wou help. Peter, as jy hulp nodig het, sal jy dit dan vir my s? Jy help my tog altyd! het hy geant-woord. Waarmee? het ek baie verbaas gevra. Met jou vro-likheid!
Dit was sekerlik die mooiste wat hy vir my ges het. Hy het ook nog ges dat hy dit nie meer soos vroer lastig vind as ek by hom kom nie, maar juis daarvan hou. Ek het hom ook ver-tel dat in al Vader en Moeder se troetelnaampies daar geen in-houd is nie. Dat met een soentjie hier en n ander een daar nog geen vertroue geskep is nie. Ons het nog oor ons eie wil ge-praat, die dagboek en die eensaamheid, die verskil tussen die uiterlike en die innerlike mens wat elkeen het. My masker, en-sovoorts.
Dit was heerlik. Hy moes van my leer hou het as n maat en dit is voorlopig genoeg. Ek het geen woorde daarvoor nie, so dankbaar en bly is ek en ek moet my tog by jou verontskuldig, Kittie, dat my styl vandag benede peil is. Ek het maar neerge-skryf wat my ingeval het!
Ek het nou die gevoel dat ek en Peter n geheim deel. As hy na my kyk met di o, di lag en di knipoog, begin daar in my n liggie brand. Ek hoop dat dit so sal bly, dat ons nog baie, baie gelukkige ure saam sal deurbring!
Jou dankbare en blye Anne
Maandag, 20 Maart 1944
