Liewe Kittie
Hanukka* en Sint Nicolaas het hierdie jaar byna saamgeval, die verskil was maar n dag. Vir Hanukka het ons nie veel moeite gedoen nie, wel oulike goedjies oor en weer gegee en dan: die kersies! As gevolg van die tekort aan kerse word hulle net vir tien minute aangesteek, maar solank die lied daarby nie ontbreek nie, is dit tog ook goed. Meneer Van Daan het n kandelaar uit hout vervaardig, dus is daarvoor ook gesorg.
Sinterklaas-aand, Saterdag, was veel lekkerder. Bep en Miep het ons baie nuuskierig gemaak deur die hele tyd tussen die ete deur vir Vader te fluister sodat ons wel vermoed het dat iets voorberei word. En werklik, om agtuur het ons almal in die stikdonkerte (ek het gegril en gewens ek was al weer veilig bo!) met die houttrap afgegaan na die tussenkamertjie. Daar kon ons die lig aanskakel omdat di vertrekkie geen vensters het nie. Nadat dit gebeur het, het Vader die groot kas oopgemaak.
O, hoe pragtig! het ons almal uitgeroep.
In die hoek het n groot mandjie met Sinterklaaspapier ver-sier gestaan met n mombakkies van Swarte Piet daarop vasge-maak.
Ons is gou boontoe met die mandjie. Vir elkeen was daar n mooi presentjie in met n toepaslike gedig. Jy sal wel Sinter-klaasversies ken en ek sal hulle nie vir jou neerskryf nie. Ek het n broodpoppie gekry, Vader boekstutte, ensovoorts, enso-voorts. Dit was in elk geval goed beplan en omdat al agt van ons nog nooit Sinterklaas gevier het nie, was hierdie premire in die kol.
Anne
*   Joodse fees van lig ter herinnering aan die herstel van die tempel.
Op 5 Desember kom Sint Nicolaas uit Spanje in Nederland aan saam met Swarte Piet. Soet kinders kry presente by Sinterklaas en Swarte Piet straf stoutes. 
   Die menora met sewe arms wat tydens Hanukka aangesteek word.
   n Sinterklaaskoekie in die vorm van n poppie, bekender as mikkeman.
Ns. Vir diegene hier onder het ons natuurlik ook iets gehad, alles nog uit die goeie vroere tye, terwyl vir Miep en Bep geld altyd welkom is.
Vandag het ons gehoor dat die asbak vir meneer Van Daan, die portretraam vir Dussel en die boekstutte vir Vader almal deur meneer Voskuijl vervaardig is. Hoe iemand dit so kunstig met sy hande kan maak is vir my n raaisel!
Donderdag, 10 Desember 1942
