Liewe Kittie
Ons het veels te veel lig gebruik en het nou ons elektrisiteits-rantsoen oorskry. Gevolg: oordrewe suinigheid omdat afsny in die vooruitsig gestel word. Veertien dae geen lig nie. Lekker, n! Maar wie weet, dalk kom ons agter dat dit ten goede mee-werk. Van vieruur of halfvyf af is dit te donker om te lees. Ons verkort ons tyd met allerhande lawwe dinge. Raaisels vra, lig-gaamsoefeninge doen in die donker, Engels of Frans praat, boeke kritiseer  dit alles verveel mens op die duur.
Sedert gisteraand doen ek iets nuuts; ek tuur met n skerp verkyker in die verligte kamers van ons agterste bure. Oordag mag ons gordyne nie een sentimeter oopgeskuif word nie,
maar as dit so donker is, kan dit geen kwaad doen nie. Ek het vroer nooit geweet dat bure sulke interessante mense kan wees nie; altans ons sn is. n Paar het ek by hulle ete aangetref, een gesin was besig om n film te maak en die tandarts aan die oorkant het n ou, beangste dame behandel.
Meneer Dussel, die man van wie ges is dat hy so uitstekend met kinders oor die weg kan kom en ook van alle kinders hou, ontpop as die mees ouderwetse opvoeder en preker van elle-lange manierereekse. Omdat ek die seldsame geluk het(!) om met die hoogedelewelopgevoede heer my helaas baie nou kamer te mag deel, en omdat ek in die algemeen as die slegs-opgevoede van die drie jeugdiges beskou word, moet ek my nogal beteuel om die berispings vry te spring en my doof te hou. Dit alles sou tot daarnatoe gewees het as Meneer nie so n groot klikbek was wat Moeder as verklikadres uitgesoek het nie. As ek van hom die wind van voor gekry het, neem Moeder oor, herhaal die berisping en kry ek dus die wind van agter. As ek dan nog baie gelukkig is, roep Mevrou my vyf minute later tot verantwoording en kom die wind van bo af gewoed!
Jy moet regtig nie dink dat dit maklik is om die onopge-voede middelpunt van n vitterige skuilfamilie te wees nie.
Saans in die bed as ek oor my vele sondes en toegedigte ge-breke nadink, raak ek so in die war deur die groot massa dinge waaroor besin moet word, dat ek f moet lag f moet huil, al na gelang van my gemoedstoestand. En raak dan aan die slaap met die belaglike gevoel van anders te wil wees as wat ek is of anders te wees as wat ek wil of miskien ook om anders op te tree as wat ek wil of is.
O hemel, nou verwar ek jou ook nog; verskoon my, maar van doodtrek hou ek nie en om papier weg te gooi in tye van skaarste is verbode. Dus kan ek jou slegs aanraai om die boon-ste sin nie nog n keer deur te lees nie en om jou veral nie daar-in te verdiep nie, want dit sal tog nie vir jou duidelik word nie!
Anne
Maandag, 7 Desember 1942
