Liewe Kittie
Nie een van ons weet heeltemal watter houding om in te neem nie. Tot nou toe het nie veel van die berigte oor die Jode tot ons deurgedring nie en het ons gedink dit is die beste om so opgewek as moontlik te bly. Toe Miep af en toe iets vertel het oor die verskriklike lot van n kennis, het Moeder en mevrou Van Daan elke keer begin huil sodat Miep gedink het dis die beste om liewer niks meer te vertel nie. Maar Dussel is dadelik bestorm met vrae en die verhale wat hy vertel het, was so gru-welik en barbaars dat dit nie by die een oor in en by die ander een uit is nie. Tog sal ons, as die berigte n bietjie weggesak het, wel weer grappe maak en mekaar terg. Dit help ons en hulle daar buite nie as ons so somber bly soos wat ons op die oomblik is nie. En watter sin het dit om van die Agterhuis n melancholieke Agterhuis te maak?
By alles wat ek doen, moet ek aan di dink wat weg is. En as ek oor iets moet lag, hou ek weer verskrik op en dink dat dit n skande is dat ek so vrolik is. Maar moet ek dan die hele dag
huil? Nee, dit kan ek nie doen nie, en dit sal ook weer oorgaan, hierdie somberheid.
By al die narigheid het n ander een nog bygekom, maar dit is van n persoonlike aard en verdwyn in die niet vergeleke met die ellende waarvan ek nou net vertel het. Tog kan ek nie nalaat om jou te vertel dat ek die laaste tyd so verlate begin voel het nie; daar is n groot leegte om my heen. Vroer het ek nooit so daaroor gedink nie en het my pret en vriendinne al my ge-dagtes in beslag geneem. Nou dink ek f aan ongelukkige dinge f oor myself. En ten lange laaste het ek ook tot die ont-dekking gekom dat Vader, hoe dierbaar hy ook al is, tog nie my hele vroere wreldjie kan vervang nie. Wat my gevoelens be-tref, tel Moeder en Margot al lank nie meer nie.
Maar waarom val ek jou met sulke verspotte dinge lastig? Ek is ontsettend ondankbaar. Kittie, ek weet dit, maar my kop draai ook dikwels as te veel dinge op my afkom en ek ook nog aan al die narighede moet dink.
Anne
Saterdag, 28 November 1942
