Liewe Kittie
Soos ons almal wel veronderstel het, is Dussel n baie aangena-me mens. Hy vind dit goed om my kamer met my te deel. Ek is eerlikwaar nie baie ingenome daarmee dat n vreemde my dinge gaan gebruik nie, maar jy moet iets oorh vir n goeie doel, en ek maak die klein opoffering dan ook met graagte. As ons maar een van ons kennisse kan red, is al die ander dinge bysaak, s Vader en hy is heeltemal reg.
Dussel het my die eerste dag dat hy hier was, dadelik oor allerlei dinge uitgevra, byvoorbeeld wanneer die poetsvrou kom, hoe die badkamertye is, wanneer n mens na die toilet mag gaan. Jy sal lag, maar dit alles is in n skuilplek nie so mak-lik nie. Ons mag bedags nie so druk besig wees dat hulle ons onder hoor nie, en as daar een ekstra persoon is, soos die poets-vrou, moet ons almal ekstra op onsself let. Ek het alles mooi vir Dussel uitgel, maar een ding het my van hom verbaas, en dit is dat hy so traag van begrip is. Hy vra alles twee keer en onthou dit dan ook nie. Miskien gaan dit oor en is hy slegs as gevolg van die verrassing so in die war. Origens gaan dit goed.
Dussel het ons vertel van die buitewreld wat ons nou al so lank mis. Wat hy alles weet, is droewig. Tallose vriende en ken-nisse is weg na n vreeslike bestemming. Aand na aand ronk die groen of grys motors verby. Hulle lui die klokkie by elke deur en vra of daar Jode woon. Indien wel, moet die hele gesin dadelik saam, indien nie, gaan hulle verder. Niemand kan aan sy lot ontkom as hy nie onderduik nie. Hulle gaan ook dikwels met lyste rond en lui slegs die klokkie waar hulle weet dat hulle n groot buit sal insamel. Kopgeld word dikwels betaal; soveel per kop. Dit lyk sowaar na n slawejag soos wat dit vroer ge-hou is. Maar dit is werklik geen grap nie; daarvoor is dit veels te dramaties. Ek sien saans in die donker dikwels die rye goeie, onskuldige mense loop, met huilende kinders, steeds maar loop, gekommandeer deur so n paar krels, geslaan en ge-
pynig tot hulle omtrent neerval. Niemand word ontsien nie, oues van dae, babas, swanger vroue, siekes, almal, almal gaan saam in die tog na die dood.
Hoe goed het ons dit hier, hoe goed en rustig. Ons hoef ons niks van al di ellende aan te trek nie, as ons maar nie so beangs word oor almal wat vir ons dierbaar was en wat ons nie meer kan help nie. Ek voel so sleg dat ek in n warm bed l, terwyl my liefste vriendinne buite neergegooi is of neergeval het.
Ek word self bang as ek dink aan di met wie ek my altyd so innig verbonde gevoel het en wat nou oorgelewer is in die hande van die wreedste beuls wat ooit bestaan het.
En dit net omdat hulle Jode is. Anne
Vrydag, 20 November 1942
