Liewe Kittie
Dussel het aangekom. Alles het goed vir hom verloop. Miep het vir hom ges dat hy om elfuur die oggend op n sekere plek
* Na Dussel se aankoms moes Margot by haar ouers in die kamer slaap.
voor die poskantoor moes wees. Daarvandaan sou n man hom saamneem. Kleiman het na hom toe gegaan en ges dat die be-paalde man nog nie kon kom nie en gevra of hy nie eers na Miep se kantoor wou gaan nie. Kleiman het die trem gehaal en terug-gery kantoor toe en Dussel het te voet dieselfde roete gevolg.
Om tien minute voor twaalf het Dussel aan die kantoordeur getik. Miep het hom sy jas laat uittrek sodat die ster onsigbaar was en hom na die privaat kantoor geneem, waar Kleiman hom besig gehou het totdat die werkster weg is. Onder die voor-wendsel dat die privaat kantoor nie meer beskikbaar was nie, is hulle saam met Dussel die trap op, waar hulle die draaikas oopgemaak en voor die o van die stomverbaasde man binne-geloop het.
Ons sewe het bo met koffie en brandewyn op die mede-on-derduiker gesit en wag. Miep het hom eers ons sitkamer binne-gelei: hy het dadelik ons meubels herken, maar nie in die ver-ste verte gedink dat ons ons op die verdieping bokant sy kop bevind het nie. Toe Miep hom dit vertel, het hy byna omgeval van verbasing. Maar gelukkig het Miep hom nie te veel tyd daarvoor toegelaat nie en hom saamgeneem boontoe. Dussel het op n stoel neergeplof en ons vir n rukkie sprakeloos aan-gekyk, asof hy eers goed die waarheid van ons gesigte wou af-lees. Daarna stotter hy: Maar  aber, sind u dan nicht in Bel-gi? Ist der Militr nicht gekomen? Das Auto? Die vlucht ist sie nicht gelukt?*
Ons het alles vir hom verduidelik; dat ons die verhaaltjie van die militre manne en die motor aspris versprei het om die mense en die Duitsers wat ons moontlik sou soek op n dwaal-spoor te lei. Dussel was sprakeloos oor soveel vernuftigheid en kon verder niks anders doen as om ons oulike Agterhuisie van naderby te besnuffel nie. Ons het saam geet, hy het n bietjie geslaap, saam met ons tee gedrink en sy paar goedjies wat Miep tevore saamgebring het, georden en hom al taamlik tuis gevoel. Veral toe hy die Agterhuis-onderduikrels (n skepping van Van Daan) in die hande gekry het:
* Anne gee Dussel se vermenging van Duits en Nederlands weer.
PROSPEKTUS EN RIGLYNE VAN DIE AGTERHUIS
Spesiale inrigting vir die tydelike verblyf van Jode en diesulkes.
Die hele jaar oop
Mooi, rustige, bosryke omgewing in die hartjie van Amster-dam. Geen privaat bure nie. Kan bereik word met tremlyn 13 en 17, verder ook per motor of fiets. In bepaalde gevalle, waar die Duitse outoriteit die gebruik van hierdie vervoermiddels nie toestaan nie, ook te voet. Gemeubileerde of ongemeubi-leerde woonstelle en kamers deurentyd beskikbaar. Maaltye in-of uitgesluit.
Huur: gratis.
Dieet: vetvry.
Lopende water in die badkamer (helaas geen bad) en aan ver-skillende binne- en buitemure. Heerlike stookplekke vir ver-warming.
Ruim stoorplekke vir goedere van watter aard ook al. Twee groot, moderne brandkluise.
Eie radiosentrale met direkte verbinding vanuit Londen, New York, Tel Aviv en baie ander stasies. Di toestel is vanaf sesuur saans tot die beskikking van alle inwoners, gn senders is ver-bode nie, met dien verstande dat slegs by uitsondering na Duitse stasies geluister mag word, byvoorbeeld na klassieke musiek en dergelike. Dit is ten strengste verbode om na Duitse berigte te luister (ongeag van waar hulle uitgesaai word) en dit te versprei.
Rusure: Van 10-uur saans tot 7:30 soggens, Sondag 10:15. As gevolg van die omstandighede is daar ook oordag rusure, vol-gens aanwysinge van die direksie. Rusure moet streng gehou word; dit hou verband met die algemene veiligheid!!!
Vrye tyd: Verval buitenshuis tot nadere kennisgewing.
Gebruik van taal: Die vereiste is om te alle tye sag te praat. Alle kultuurtale word toegelaat, dus geen Duits nie.
Lektuur en ontspanning: Daar mag geen Duitse boeke gelees word nie; uitgesonderd wetenskaplike en klassieke werke. Alle ander boeke word toegelaat.
Liggaamsoefeninge: Daagliks.
Sang: Uitsluitlik sag en na 6-uur saans. Films: Volgens ooreenkoms.
Lesse: Elke week n skriftelike les in snelskrif. In Engels, Frans, Wiskunde en Geskiedenis te alle tye. Betaling vir ekstra lesse, byvoorbeeld in Nederlands.
Spesiale afdeling vir klein huisdiere met goeie versorging (uitge-sonderd ongediertes waarvoor spesiale vergunning verkry moet word).
Die neem van maaltye
Ontbyt: Op alle dae, met uitsondering van Son- en feesdae, soggens om 9-uur, Son- en feesdae teen 11:30.
Middagete: Hoofsaaklik brood, gedeeltelik uitgebrei met by-kosse.
Aandete: n Koue en/of warm maaltyd, as gevolg van die nuus-diens geen vaste tyd nie.
Verpligtinge teenoor die voorraadafdeling: Inwoners moet bereid wees om altyd met kantoorwerk te help.
Bad: Sondag vanaf 9-uur staan die skottel gereed vir alle huis-genote om te gebruik. n Mens kan volgens wens in die toilet, kombuis, privaat kantoor of voorkantoor bad.
Sterk drank: slegs op doktersvoorskrif. Einde.
Anne
Donderdag, 19 November 1942
