Liewe Kittie
Miep het ons kom vertel dat sy by dokter Dussel was. Dussel het dadelik toe sy by die kamer ingekom het, gevra of sy nie van n skuilplek vir hom weet nie. Hy was uitbundig bly toe sy hom vertel het dat sy iets vir hom het en dat hy so gou moont-lik daarnatoe moes gaan, liefs al Saterdag. Dit het vir hom on-waarskynlik gelyk; hy moes sy kaartsisteem nog orden, twee klinte help en die kasregister opmaak. Met di berig het Miep vanoggend by ons aangekom. Ons het nie gedink dis goed om nog so lank te wag nie. Al die voorbereidings kos verduideli-kings aan mense wat ons liewer daaruit sou wil hou. Miep sal vra of dit nie tog so gerel kan word dat Dussel Saterdag arri-veer nie. Dussel het nee ges en kom nou Maandag.
Ek vind dit wel belaglik dat hy nie dadelik elke voorstel gretig aanvaar nie. As hy op straat gevang word, kan hy ng die kaartsisteem orden ng die mense meer help. Waarom dan die uitstel? Ek self dink dis dom dat Vader toegegee het.
Verder geen nuus nie.
Anne
Dinsdag, 17 November 1942
