Liewe Kittie
Groot nuus, ons wil n agste onderduiker in ons skuilplek op-neem!
Ja, regtig, ons het altyd gedink dat hier werklik nog plek vir n agste persoon is. Ons was slegs bang om nog groter laste op Kugler en Kleiman te l. Toe die gruwelberigte van buite oor die Jode steeds erger geword het, het Vader die twee persone by wie die beslissing berus, gepols en hulle het dit n uitste-kende plan gevind. Die gevaar is vir sewe persone ewe groot as vir agt, het hulle tereg ges. Toe die beslissing geneem is, het ons in ons gedagtes ons kenniskring deurgekyk om n enkel-lopende persoon te vind wat goed in ons onderduikfamilie sou kon inpas. Dit was nie moeilik om so iemand te betrek nie. Na-dat Vader alle familie van Van Daan afgewys het, het ons keuse op n tandarts genaamd Alfred Dussel geval. Hy leef saam met n veel jonger en gawe Christenvrou met wie hy waarskynlik nie getroud is nie, maar dit is bysaak. Hy staan bekend as rustig en beskaaf en na die oppervlakkige kennismaking lyk hy vir Van Daan en vir ons aangenaam. Miep ken hom ook sodat die skuilplan deur haar gerel kan word. As Dussel kom, moet
hy in my kamer slaap in plaas van Margot, wat die opvoubed as krygsbed kry.* Ons sal vra dat hy ook iets saambring om gaatjies in tande mee te vul.
Anne
Donderdag, 12 November 1942
