Liewe Kittie
Peter het gister verjaar. Hy het sestien geword. Om agtuur is ek al boontoe en het saam met Peter sy presentjies bekyk. Hy het onder andere n Monopoly-spel, n skeermes en n sigaret-aansteker gekry. Nie dat hy soveel rook nie, dis maar sommer vir die deftigheid.
Die grootste verrassing het van meneer Van Daan gekom toe hy om eenuur die berig gebring het dat die Engelse in Tunis, Algiers, Casablanca en Oran geland het. Dit is die begin van die einde, het almal ges, maar Churchill, die Engelse Eerste Minister, wat waarskynlik in Engeland dieselfde uitroep gehoor het, het ges: Hierdie landing is n belangrike feit, tog mag n mens nie dink dat dit die begin van die einde is nie. Ek sou eerder s dat dit op die begin van die einde dui. Merk jy die verskil? Rede tot optimisme is daar tog wel. Sta-lingrad, die Russiese stad wat hulle al drie maande verdedig, is nog nie aan die Duitsers prysgegee nie.
Om in die gees van die Agterhuis te praat, sal ek tog ook n slag iets oor ons lewensmiddelevoorsiening moet opskryf. (Jy moet weet dat daar in die boonste afdeling ware lekkerbekke is!)
Ons brood word gelewer deur n gawe bakker, n kennis van Kleiman. Ons kry natuurlik nie soveel as toe ons nog by die huis was nie, maar dit is toereikend. Lewensmiddelekaarte word ook klandestien gekoop. Die prys daarvan styg voortdu-rend, van 27 gulde het dit nou al 33 geword. En dit slegs vir n gedrukte velletjie papier!
Om niebederfbare dinge in die huis te h, behalwe ons hon-derde blikke ingelegde kos, het ons 270 pond peulvrugte ge-koop. Dis nie net vir ons nie, ook met die kantoor is rekening gehou. Die peulvrugte hang in sakke aan hake in ons gangetjie binne die skuildeur. As gevolg van die swaar gewig het n paar nate van die sakke oopgespring. Ons het besluit om ons win-tervoorraad dan maar liewer op die solder te hou en het die huishoudelike takie aan Peter toevertrou. Vyf van die ses sakke het heelhuids bo beland en Peter was net besig om nommer ses op te trek, toe die onderste naat van die sak oopbars en n ren-, nee, n haelbui van bruinbone deur die lug en van die trap af vlieg. In die sak was ongeveer vyftig pond. Dit was n lawaai soos die Oordeelsdag. Onder het hulle gedink die ou huis met sy inhoud stort op hulle in. Peter het net vir n oom-blik geskrik, maar moes verskriklik lag toe hy my onder aan die trap sien staan het soos n eilandjie tussen die bonegolwe, so
omring was ek deur die bruin goed wat tot aan my enkels ge-reik het. Ons het dit gou begin opraap, maar bone is so glad en klein dat hulle in alle moontlike en onmoontlike hoekies en gaatjies inrol. Elke keer as iemand nou die trap oploop, buk hy om n handvol boontjies aan mevrou Van Daan af te lewer.
Byna vergeet ek om te meld dat Vader se siekte weer heelte-mal oor is.
Anne
Ns. So pas het die berig oor die radio gekom dat Algiers geval het. Marokko, Casablanca en Oran is al n paar dae in Engelse hande. Nou wag ons op Tunis.
Dinsdag, 10 November 1942
