Liewe Kittie
Moeder is verskriklik senuweeagtig en dit is vir my altyd baie gevaarlik. Sou dit toeval wees dat Vader en Moeder Margot nooit berispe nie en alles altyd op my laat neerkom? Gisteraand byvoorbeeld: Margot het n boek gelees met pragtige teke-ninge in, sy staan op om boontoe te gaan en sit die boek neer om bietjie later verder te lees. Ek het niks gehad om op di oomblik te doen nie, tel dit op en bekyk die prente. Margot kom terug, sien haar boek in my hand, frons en vra dit kwaad terug. Ek wou nog n bietjie daarin kyk. Margot word
Ek volg hier die chronologie van die oorspronklike dagboek (vgl. die Kri-tiese Edisie, 2000: p. 337). 
nog kwater en Moeder meng haar toe in met di woorde: Margot lees daardie boek, gee dit dus vir haar. Vader kom die kamer binne, weet nie eens waaroor dit gaan nie, sien dat Mar-got iets aangedoen word en vaar teen my uit: Ek sou jou graag wil sien as Margot n keer in jou boek blaai.
Ek het dadelik toegegee, die boek op die tafel neergesit en volgens hulle beledigd die kamer uitgeloop. Ek was ng be-ledigd ng kwaad, maar wel verdrietig.
Dit was nie reg van Vader om te oordeel sonder om te weet waaroor die stryery gegaan het nie. Ek sou die boek uit my eie aan Margot gegee het en nog baie gouer as Vader en Moeder hulle nie ingemeng het asof dit om die grootste onreg ter wreld gegaan het en Margot dadelik beskerm het nie.
Dat Moeder vir Margot opkom, spreek vanself; hulle kom altyd vir mekaar op. Ek is so gewoond daaraan dat ek totaal onverskillig vir Moeder se berispings en Margot se buie ge-word het. Ek is lief vir hulle omdat hulle nou eenmaal Moeder en Margot is; as mense kan hulle na die maan vlieg. Met Vader is dit n ander saak. As hy Margot voortrek, alles goedkeur wat Margot doen, Margot prys en Margot liefkoos, dan knaag dit binne-in my, want ek is dol oor Vader. Hy is my groot voor-beeld. Ek het in die wreld niemand anders as Vader lief nie.
Hy is nie daarvan bewus dat hy anders met Margot omgaan as met my nie. Margot is nou eenmaal die knapste, die liefste, die mooiste en die beste. Maar ek het tog ook reg daarop om n bietjie ernstig opgeneem te word; ek was altyd die hanswors en die deugniet van die gesin, moes altyd vir alle dade dubbel boet: een keer met n berisping en een keer met wanhopigheid binne-in myself. Nou bevredig die oppervlakkige geliefkoos my nie meer nie en die ernstige gesprekke ewe min. Ek verlang iets van Vader wat hy nie in staat is om te gee nie.
Ek is nie jaloers op Margot nie, was dit nooit nie, begeer nie haar knap- en mooiheid nie; ek sou net so graag Vader se egte liefde, nie alleen as sy kind nie, maar as Anne-op-sigself wou voel. Ek heg my aan Vader, omdat ek elke dag met groter min-agting op Moeder neersien en hy die enigste is wat my my laas-
te bietjie familiegevoel laat behou. Vader begryp nie dat ek my hart n keer oor Moeder moet uitpraat nie. Hy wil nie praat nie, vermy alles wat op Moeder se foute betrekking het. En tog l Moeder met al haar gebreke die swaarste op my hart.
Wie behalwe ekself sal later hierdie briewe lees? Wie anders as ekself sal my troos? Want ek het dikwels troos nodig; ek is so dikwels nie sterk genoeg nie en skiet in veel meer tekort as waaraan ek voldoen. Ek weet dit en probeer elke dag altyd weer opnuut om myself te verbeter.
Ek word onewewigtig behandel; die een dag is Anne so verstandig en mag alles weet en die volgende dag moet ek hoor dat Anne maar n klein, dom skapie is en van niks iets af weet nie en dink dat sy uit boeke wonderbaarlik veel geleer het! Ek is nie meer die baba en die troetelkind wat bowendien oor alles wat sy doen, uitgelag mag word nie. Ek het my eie ideale, idees en planne, maar kan dit nog nie in woorde uitdruk nie.
Ag, daar kom soveel by my op as ek in die aand alleen is en ook oordag as ek die mense moet verdra wat my die keel uit-hang of my bedoelings altyd misverstaan. Ek kom daarom die laaste tyd altyd weer na my dagboek terug; dit is my begin- en my eindpunt, want Kittie is altyd geduldig. Ek sal haar belowe om ondanks alles te volhard, my eie weg te baan en my trane te sluk. Ek sou net so graag die resultate wil sien of n keer aangemoedig wil word deur iemand wat my liefhet.
Moet my nie veroordeel nie, maar beskou my as iemand wie se gemoed ook soms te vol kan voel.
Anne
Maandag, 9 November 1942
