Liewe Kittie
Aan niemand ter wreld het ek meer oor myself en my gevoe-lens vertel as aan jou nie, waarom sal ek jou dan ook nie iets oor seksuele dinge vertel nie?
Ouers en mense is in die algemeen oor hierdie onderwerp baie eienaardig. In plaas daarvan dat hulle hulle dogters en seuns op twaalf jaar alles vertel, word die kinders tydens di ge-sprekke die kamer uitgestuur en moet hulle maar self sien waar hulle hul wysheid vandaan haal. As die ouers dan later merk dat die kinders tog iets te wete gekom het, dink hulle dat wat die kinders weet, meer of minder met die werklikheid ooreen-kom. Waarom probeer hulle dan nie om die skade ongedaan te maak en te vra wat is wat nie?
Dit is vir die volwassenes n groot hindernis, maar ek vind dit maar n baie klein hindernissie; hulle dink naamlik dat die kinders die huwelik sogenaamd nie meer as heilig en onge-skonde sal beskou as hulle weet dat die ongeskondenheid in die meeste gevalle maar onsin is nie. Ek vind dit, wat my betref, glad nie sleg vir n man as hy n mate van ervaring in die hu-welik inbring nie en daarmee het die huwelik self tog niks mee te maak nie?
Toe ek net elf jaar oud was, het hulle my oor menstruasie ingelig; waar die bloed vandaan kom of wat dit beteken, het ek nog lank nie geweet nie. Op twaalf en n half het ek al meer te hore gekry, omdat Jacque lank nie so onnosel was as ek nie. Hoe n man en vrou saamleef, het my gevoel self vir my ges. In die begin het ek die idee wel belaglik gevind, maar toe Jacque dit vir my bevestig het, was ek trots op my intusie!
Dat kinders nie uit die maag van hulle moeders gebore word nie, het ek ook van Jacque gehoor; sy het doodgewoon ges: Waar die maaksel ingaan, kom dit voltooid ook weer uit! Van die maagdevlies en nog nadere besonderhede het ek en Jacque uit n boekie oor seksuele voorligting te wete ge-kom. Dat n mens die kry van kinders kon voorkom, het ek ook geweet, maar hoe dit liggaamlik bewerkstellig word, was nog n geheim. Toe ek hier gekom het, het Vader my van pros-titute, ensovoorts vertel, maar alles bymekaar getel, bly daar nog vrae oor wat nie beantwoord is nie. As n moeder haar kinders nie alles vertel nie, hoor hulle dit in stukkies en brok-kies en dit is beslis verkeerd.
Hoewel dit Saterdag is, is ek nie verveeld nie! Dit is omdat ek saam met Peter op die solder gesit het. Met my o toe het ek gesit en droom en dit was heerlik.
Anne M. Frank
Sondag, 19 Maart 1944
