Liewe Kittie
Die Engelse het nou eindelik in Afrika n paar suksesse behaal en Stalingrad het nog nie geval nie, dus is die here baie vrolik en het ons vanoggend tee en koffie gekry. Verder niks beson-ders nie.
Ek het hierdie week baie gelees en min gewerk. So moet n mens dit doen in die wreld en so kom n mens dan ook seker vooruit.
Moeder en ek kom die laaste tyd beter met mekaar oor die weg, maar vertroulik is ons nooit, en Vader het iets waarmee hy nie vorendag wil kom nie, maar hy is tog soos altyd n skat.
Die kaggel brand nou n paar dae en die hele kamer is vol rook. Ek hou tog veel meer van sentrale verwarming en ek sal nie die enigste een wees wat so voel nie. Margot kan ek niks anders noem as n nare kind wat my dag en nag verskriklik irri-teer nie.
Anne Frank
Saterdag, 7 November 1942*
