Liewe Kittie
Vrydagoggend was Bep by ons. Dit was taamlik gesellig, maar sy het nie goed geslaap nie omdat sy wyn gedrink het. Verder is daar niks besonders nie. Gister het ek kwaai hoofpyn gehad en is ek vroeg bed toe. Margot is weer eens onaangenaam.
Vanoggend het ek begin om n houertjie met rekordkaarte uit die kantoor te sorteer, want dit het omgeval en heeltemal deurmekaar geraak. Ek het gou byna gek geword en Margot en Peter gevra om my te help, maar di twee was te lui. Dus het ek dit ook maar weer gebre. Ek is nie so mal om dit alleen te doen nie!
Anne Frank
Ns. Ek het vergeet om jou die gewigtige nuus te vertel dat ek waarskynlik binnekort vir die eerste keer gaan menstrueer. Dit kom ek agter omdat daar so n klewerige spul in my broek sit en Moeder dit voorspel het. Ek kan amper nie wag nie. Dit lyk vir my so gewigtig; dis net jammer dat ek geen sanitre doe-kies sal kan dra nie, want dit kry n mens ook nie meer nie, en daardie stokkies van Mamma kan slegs vrouens wat al n kind gehad het, gebruik.
Donderdag, 5 November 1942
