Liefste Kittie
Ek is baie ongerus; Vader is siek. Hy het n ho koors en n rooi uitslag. Dit lyk of dit masels is. Dink daaraan: Ons kan nie eers die dokter laat kom nie! Moeder laat hom goed uitsweet; miskien neem die koors dan af.
Vanoggend het Miep vertel dat die meubels uit die Van Daans se huis aan die Zuider-Amstellaan weggeneem is. Ons het dit nog nie aan Mevrou vertel nie. Sy is tog al so nerven-achtik* die laaste tyd en ons het nie lus om nog n jeremiade aan te hoor oor haar mooi servies en fraai stoeltjies wat sy moes agterlaat nie. Ons moes ook omtrent van alles wat mooi is afskeid neem, wat help al die gekla nou nog?
Vader wil h dat ek nou ook boeke van Hebbel en ander be-kende Duitse skrywers moet lees. Om Duits te lees gaan nou al betreklik vlot. Dit is net dat ek dit meesal fluister in plaas van om stil te lees. Maar dit sal wel verbygaan. Vader het Goethe
Senuweeagtig (zenuwachtig): Anne spot met mevrou Van Daan se taal-gebruik. Nervenachtig bestaan nie in Nederlands nie: nerf  (nerven) vir zenuw (zenuwen) is ongebruiklik en achtig spreek mevrou Van Daan soos in Duits uit. 
en Schiller se dramas uit die groot boekrak gehaal; hy wil elke aand vir my iets daaruit voorlees. Ons het al met Don Carlos begin. Om Vader se goeie voorbeeld te volg, het Moeder haar gebedeboek in my hande gestop. Uit beleefdheid het ek n paar gebede in Duits gelees. Dis vir my wel mooi, maar dit s vir my nie veel nie. Waarom dwing sy my om my so vroom-gods-dienstig voor te doen?
Mre word die kaggel vir die eerste keer aangesteek. Ons sal wel erg in die rook sit, die skoorsteen is vir n lang tyd nie ge-vee nie. Laat ons hoop dat die ding trek!
Anne
Maandag, 2 November 1942
