Liewe Kittie
My hand bewe nog, alhoewel die skok wat ons gekry het al weer twee uur verby is. Jy moet weet dat ons Minimax-toestelle in die huis het teen brandgevaar. Omdat hulle hier onder ons so slim is, het hulle ons nie gewaarsku toe die timmerman  of hoe so n vent ook al genoem word  die apparate gevul het nie. Die gevolg was dat ons glad nie stil was nie totdat ek buite op die trapportaal (teenoor ons kasdeur) hamerslae gehoor het. Ek het dadelik aan die timmerman gedink en Bep wat besig was om te eet, gewaarsku dat sy nie ondertoe kon gaan
nie. Vader en ek het stelling ingeneem by die deur om te hoor wanneer die timmerman sou vertrek. Nadat hy n kwartier aan die werk was, het hy sy hamer en ander gereedskap op ons deurkas (so het ons gedink!) neergesit en aangeklop. Ons het wit geword. Sou hy tog iets gehoor het en nou die geheim-sinnige gevaarte wou ondersoek? Dit het so voorgekom; die geklop, getrek, gestoot en geruk het aangehou.
Ek het omtrent flou geval van angs dat die wildvreemde man daarin sou slaag om ons mooi skuilplek te ontdek. En net toe ek dink dat my laaste dag aangebreek het, hoor ons meneer Kleiman se stem s: Maak n bietjie oop, dit is ek.
Ons het dadelik oopgemaak. Wat het gebeur? Die haak waaraan die deurkas vasmaak, het vasgesit sodat niemand ons oor die timmerman se koms kon waarsku nie. Die man is on-dertoe en Kleiman wou Bep kom haal, maar kon die kas weer nie oopkry nie. Ek kan jou verseker dat ek nie n bietjie verlig was nie! Die man wat ek gedink het by ons wou binnekom, het in my verbeelding steeds groter dimensies aangeneem. Uitein-delik het hy na n reus gelyk en was hy die ergste fascis wat kon bestaan. Goeiste. Gelukkig het dit hierdie keer vir ons baie goed afgeloop.
Maandag het ons groot pret gehad. Miep en Jan het by ons oornag. Margot en ek het vir die een nag by Vader en Moeder geslaap sodat die egpaar Gies ons kamer kon betrek. Die ere-spyskaart het heerlik gesmaak. n Klein onderbrekinkie was dat Vader se lamp n kortsluiting veroorsaak het en ons eensklaps in die donker gesit het. Wat toe gemaak? Daar was wel nuwe proppe in die huis, maar die een moes heeltemal agter in die donker kantoor ingesteek word en dit is in die aand nie so n aangename takie nie. Tog het die here dit gewaag en na tien minute kon ons kersverligting weer gebre word.
Vanoggend was ek vroeg op. Jan was al aangetrek. Hy moes om halfnege weg en het om agtuur al hier bo sy ontbyt gesit en eet. Miep was besig om aan te trek en het nog in haar nag-hemp gestaan toe ek inkom. Miep het net sulke wolonder-broeke soos ek om op die fiets te dra. Margot en ek het ons
gaan aantrek en ons was baie vroer as gewoonlik bo. Na n ge-sellige ontbyt het Miep ondertoe vertrek. Dit het gestortren en sy was bly dat sy toe nie op haar fiets kantoor toe hoef te gery het nie. Ek het saam met Pappie die beddens opgemaak en daarna vyf onrelmatige werkwoorde geleer. Ywerig, n?
Margot en Peter het bo in ons kamer gesit en lees met Mouschi by Margot op die divan. Ek het na my Franse onrel-matige werkwoorde ook by hulle gaan sit en En eeuwig zingen de bossen gelees. Dit is n mooi, maar baie ongewone boek; ek het dit nou byna deurgelees. Bep kom volgende week ook n keer oornag.
Anne
Donderdag, 29 Oktober 1942
