Liewe Kittie
Ek is vreeslik besig. Gister het ek eers n hoofstuk uit La belle Nivernaise vertaal en woordjies opgeskryf. Toe het ek n ellen-dige som gemaak en nog drie bladsye Franse grammatika ver-taal. Vandag Franse grammatika en geskiedenis. Ek weier dood-gewoon om elke dag van die aaklige somme te maak. Pappa vind dit ook verskriklik. Ek kan dit eintlik nog beter as hy doen, maar in der waarheid kan ons altwee nie, sodat ons altyd Margot se hulp moet inroep. Ek is ook druk besig met snel-skrif; dit is vir my heerlik. Van die drie van ons het ek die meeste gevorder.
Ek het De stormen gelees. Dit is mooi, maar verreweg nie so mooi soos Joop ter Heul nie. In albei boeke kom van dieselfde woorde voor, maar by dieselfde skryfster is dit uiteraard van-selfsprekend. Cissy van Marxveldt skryf skitterend. Ek sal my kinders beslis ook haar boeke laat lees. Daarbenewens het ek n hele klomp toneelstukkies van Korner gelees. Ek hou van wat hy skryf, byvoorbeeld van Hedwig, Der Vetter aus Bremen, Die Gouvernante, Der Grne Domino en so meer.
Moeder, Margot en ek is weer die beste maatjies; dit is tog eintlik veel beter. Gisteraand het Margot en ek saam in my bed gel. Dit was uiters beknop, maar daarom juis pret. Sy het ge-vra of sy miskien op n keer my dagboek mag lees.
Sommige stukke wel, het ek geantwoord en na hare ge-vra. Dit mag ek dan ook lees.
So het ons oor die toekoms begin praat en ek het haar gevra wat sy wil word. Maar dit wou sy nie s nie en het n groot ge-heim daarvan gemaak. Ek het wel iets opgevang van die onder-wys. Ek weet natuurlik nie of dit reg is nie, maar ek vermoed dat sy wel in di rigting sal gaan. Eintlik mag ek nie so nuus-kierig wees nie.
Vanoggend het ek op Peter se bed gel nadat ek hom eers daar afgejaag het. Hy was woedend vir my, maar dit kan my taamlik min skeel. Hy kan gerus soms vriendeliker teenoor my wees, want ek het hom nog gisteraand n appel gegee.
Ek het Margot eenmaal gevra of sy dink ek is baie lelik. Sy het geantwoord dat ek oulik lyk en mooi o het. Nogal vaag, dink jy nie ook so nie?
Nou ja, tot volgende keer!
Anne Frank
Ns. Vanoggend was ons weer almal op die skaal. Margot weeg nou 120 pond, Moeder 124, Vader 141, Anne 87, Peter 134, mevrou Van Daan 106, Meneer Van Daan 150. Ek het in die drie maande wat ek hier is, 17 pond opgetel, vreeslik baie, n!
Dinsdag, 20 Oktober 1942
