Liewe Kittie
Niks behalwe nare en neerdrukkende berigte het ek om vandag te vertel nie. Ons Joodse kennisse word in groepies wegge-neem. Die Gestapo gaan allesbehalwe sagkens met hierdie mense te werk; hulle word eenvoudig in veetrokke gelaai en na
Westerbork, die groot Jodekamp in Drente, geneem. Miep het van iemand vertel wat uit Westerbork gevlug het. Westerbork moet vreeslik wees. Die mense kry byna niks om te eet nie, wat nog te s om te drink. Daar is maar een uur per dag water en een toilet en een wasbak vir n paar duisend mense. Hulle slaap almal deurmekaar, mans en vrouens, di vrouens en kinders se hare word dikwels afgeskeer. Om te vlug is haas onmoontlik. Die mense is gebrandmerk deur hulle kaalgeskeerde koppe en baie ook deur hulle Joodse uiterlike.
As dit in Holland al so erg is, hoe sal hulle dan leef in die verre en barbaarse streke waarheen hulle gestuur word? Ons neem aan dat die meeste vermoor word. Die Engelse radio praat van vergassing; miskien is dit wel die vinnigste manier van sterf.
Ek is heeltemal van stryk. Miep vertel al hierdie gruwel-verhale so aangrypend en is self baie ontsteld. Kort gelede het daar n ou lam Joodse vrou voor haar deur gesit en wag op die Gestapo wat n motor gaan haal het om haar weg te neem. Die arme oumensie was s bang vir die harde geskiet op die Engel-se vlieniers wat bo-oor haar gevlieg het en vir die skel flit-sende skynwerpers. Tog kon Miep dit nie waag om haar te laat inkom nie. Niemand sou dit gedoen het nie. Die Duitse here is nie suinig met hulle strawwe nie.
Ook Bep is stil; haar vriend moet na Duitsland gaan. Sy is elke keer bang dat die vlieniers wat oor ons huise vlieg hul bommelas van n miljoen kilogram op Bertus se kop sal laat val. Grappies soos n miljoen sal hy wel nie kry nie en n bom is al genoeg, vind ek nie baie van pas nie. Bertus is regtig nie die enigste een wat moet gaan nie; daagliks vertrek vol trei-ne met jong mans. Op pad, as hulle op n klein stasietjie stop, probeer hulle om ongemerk uit te klim en rens onder te duik. Miskien slaag n klein persentasie daarin.
Ek is nog nie klaar met my treursang nie. Het jy al van gyse-laars gehoor? Dit voer hulle nou in as nuwe straf vir die sabo-teurs. Dit is die vreeslikste ding wat jy jou kan voorstel. On-skuldige, vooraanstaande burgers word gevange geneem om te wag om vermoor te word. As iemand sabotasie pleeg en die
dader word nie gevind nie, sit die Gestapo doodgewoon iemand teen die muur. Dikwels staan doodsberigte van hierdie mense in die koerant. Hierdie misdaad word dan n noodlot-tige ongeval genoem.
n Pragtige volk, di Duitsers, en ek behoort eintlik ook nog tot di volk. Maar nee, Hitler het ons al lank reeds staatloos ge-maak. En trouens bestaan daar geen groter vyandskap op die wreld as tussen Duitsers en Jode nie.
Anne
Woensdag, 14 Oktober 1942
