Liewe Kittie
Ek is gister baie geterg omdat ek saam met meneer Van Daan op n bed gel het. So vroeg al, n skandaal! en dergelike uit-
 n Bekende afdelingswinkel in Nederlandse stede; iets soos ons Woolworths.
drukkings. Flou natuurlik. Ek sou nooit in di betekenis by meneer Van Daan wil slaap nie.
Gister was daar weer n botsing en Moeder het vreeslik uit-gevaar. Sy het al my sondes aan Pappie vertel en vreeslik begin huil; ek natuurlik ook, ek het alreeds so n aaklige hoofpyn gehad. Ek het eindelik aan Pappie ges dat ek baie liewer vir hom as vir Moeder is. Daarop het hy ges dat dit wel sal oor-gaan, maar ek glo dit nie. Ek kan Moeder nou eenmaal nie ver-dra nie en ek moet my met geweld inhou om haar nie altyd af te snou nie en kalm te bly wanneer ek haar eintlik in haar gesig sou wou slaan. Waarom ek so n verskriklike renons in haar het, weet ek nie. Pappa het ges dat as Moeder nie lekker voel nie of hoofpyn het, ek n keer uit my eie moet aanbied om iets vir haar te doen, maar dit doen ek nie, want ek is nie lief vir haar nie en voel dan ook nie lus om iets vir haar te doen nie. Ek kan my voorstel dat Moeder eendag sal sterf, maar dat Pappa sal doodgaan, lyk vir my onvoorstelbaar. Dit is wel baie gemeen van my, maar so voel ek daaroor. Ek hoop dat Moeder dit en al die ander dinge wat ek skryf nooit sal lees nie.
Die laaste tyd mag ek n bietjie meer volwasse boeke lees. Ek is nou besig met Evas jeugd deur Nico van Suchtelen. Vir my is die verskil tussen meisiesboeke en di een nie so groot nie. Eva het gedink dat kinders soos appels aan n boom groei en dat die ooievaar hulle daar afpluk as hulle ryp is en na die moeders bring. Maar haar vriendinnetjie se kat het kleintjies gekry en hulle het uit die kat gekom. Dit het haar laat dink dat die kat net soos n hen eiers l en daarop gaan sit en broei en dat moeders wat n kindjie kry ook vir n paar dae vooraf boon-toe gaan om n eier te l en daarop te broei. As die kindjie dan daar is, is die moeders nog swak van die lang hurk. Eva wou nou ook n kindjie h. Sy het n wolserp gevat en op die grond neergesit vir die eier om op te val. Toe het sy op haar hurke gaan sit en druk. Sy het daarby begin kloek, maar daar het geen eier uitgekom nie. Eindelik, na baie lang sit, het daar iets uitgekom; nie n eier nie, maar n worsie. Eva het haar so ge-skaam. Sy het gedink dat sy siek was. Snaaks, n? In Evas jeugd staan daar ook dinge oor die verkoop van vroue se liggame in
straatjies, waarvoor n hoop geld gevra word. Ek sou my dood-skaam vir so n man. Verder staan daar ook in dat Eva begin menstrueer het. Daarna sien ek so uit, dan is ek ten minste vol-wasse.
Pappa brom weer en dreig om my dagboek af te neem, o, onoorkomelike skrik. Ek sal dit in die vervolg ook maar weg-steek.
Anne Frank
Woensdag, 7 Oktober 1942
Ek verbeel my nou dat  ek Switserland toe gaan. Pappa en ek slaap in een kamer, terwyl die studeerkamer van die seuns* my kamer word, waar ek sit en my gaste ontvang. Dit het hulle as n verrassing vir my nuut gemeubileer met teetafel, skryf-tafel, gemakstoele en n divan; absoluut wonderlik. Na n paar dae gee Pappa my 150 gulde, omgereken in Switserse geld natuurlik  maar ek sal maar gulde s  en s ek moet maar daarvoor alles koop wat ek nodig het, net vir myself. (Later kry ek dan elke week n gulde. Daarvoor kan ek ook koop wat ek self wil.) Ek gaan saam met Bernd weg en koop:
 somerhemde @ 0,50 = 1,50
 somerbroeke @ 0,50 = 1,50
 winterhemde @ 0,75 = 2,25
 winterbroeke @ 0,75 = 2,25
 onderrokke @ 0,50 = 1,00
 bras (kleinste maat) @ 0,50 = 1,00
 pajamas @ 1,00 = 5,00
 somerkamerjas @ 2,50 = 2,50
 winterkamerjas @ 3,00 = 3,00
 bedjakkies @ 0,75 = 1,50
 klein kussinkie @ 1,00 = 1,00
 paar somersloffies @ 1,00 = 1,00
* Anne se twee neefs Bernhard (Bernd) en Stephan Elias.
 paar wintersloffies @ 1,50 = 1,50
 paar somerskoene (skool) @ 1,50 = 1,50
 paar somerskoene (beste) @ 2,00 = 2,00
 paar winterskoene (skool) @ 2,50 = 2,50
 paar winterskoene (beste) @ 3,00 = 3,00
 voorskote @ 0,50 = 1,00
 sakdoeke @ 0,05 = 1,25
 paar sykouse @ 0, 75 = 3,00
 paar kniekouse @ 0,50 = 2,00
 paar sokkies @ 0,25 = 1,00
 paar dik kouse @ 1,00 = 2,00
 bolle wit wol (broeke, mus) = 1,50
 bolle blou wol (trui, romp) = 1,50
 bolle gekleurde wol (mus, serp) = 1,50 serpe, gordels, kragies, knopies = 1,25
Ook nog 2 skoolrokke (somer), 2 skoolrokke (winter), 2 goeie rokke (somer), 2 goeie rokke (winter), 1 somerromp, 1 goeie winterromp, 1 skoolwinterromp, 1 renjas, 1 somerjas, 1 win-terjas, 2 hoede, 2 musse.
Alles bymekaar getel 108 gulde.
 tasse, 1 skaatsuitrusting, 1 paar skaatse met skoene, 1 boksie (met poeier, gesigroom, poeieronderlaag, skoonmaakmiddel, sonbrandmiddel, watte, noodhulppakkie, blosser, lipstiffie, wenkbroupotlood, badsout, lyfpoeier, eau de cologne, seep, poeierkwas).
Dan nog vier truitjies @ 1,50, 4 bloesies @ 1,00, diverse dinge @ 10,00 en boeke en presentjies @ 4,50.
Vrydag, 9 Oktober 1942
