Liewe Kittie
Hierdie Saterdag was nie so treurig en saai soos die voriges vir maande en maande was nie. Niemand anders as Peter is die
oorsaak daarvan nie. Vanoggend toe ek op die solder gekom het om my voorskoot op te hang, het Vader gevra of ek nie wou bly om n bietjie Frans te praat nie. Ek het gedink dis n goeie plan. Ons het n rukkie gepraat en ek het sekere dinge vir Peter uitgel en toe het Engels aan die beurt gekom. Vader het uit Dickens voorgelees en ek was in die sewende hemel, want ek het op Vader se stoel naby Peter gesit.
Om kwart voor elf het ek ondertoe gegaan. Toe ek om half-twaalf weer bo gekom het, het hy al op die trap vir my gestaan en wag. Ons het tot kwart voor een gesels. As dit maar enig-sins kan wanneer ek by die deur uitgaan, byvoorbeeld na die ete, en niemand dit kan hoor nie, s hy: Dag, Anne, tot net-nou.
O, ek is so bly! Gaan hy tog nou op my verlief raak? Hy is in elk geval n gawe maat en niemand weet hoe lekker ek met hom kan gesels nie! Mevrou keur dit goed dat ek met hom ge-sels, maar vandag het sy my tog n bietjie geterg deur te vra: Kan ek julle twee daar bo darem vertrou?
Natuurlik, het ek geprotesteer, u beledig my, hoor! Ek verheug my van soggens tot saans daaroor dat ek Peter
sal sien.
Anne M. Frank
Ns. Ek moenie vergeet om te s dat daar vannag n dik laag sneeu geval het nie. Nou is daar omtrent niks meer te sien nie; alles het gesmelt.
Maandag, 6 Maart 1944
