Liefste Kittie
Die hele stemming het omgekeer; dit gaan buitengewoon goed. Cherbourg, Witebsk en Slobin het vandag geval. Seker baie buit en gevangenes. Vyf Duitse generaals het by Cherbourg gesneuwel, twee is gevange geneem. Nou kan die Engelse aan wal bring wat hulle wil, want hulle het n hawe: die hele Cotentin drie weke na die inval Engels! Geweldige prestasie!
In die drie weke na D-day was daar nog geen dag sonder ren en storm nie, sowel hier as in Frankryk, maar die onge-lukkige toestand verhinder die Engelse en Amerikaners nie om hulle enorme krag te toon nie en hoe toon hulle dit nie! Die Wuwa* is wel in volle aksie, maar wat beteken so n onbedui-
* Wuwa = Wunderwaffe (wonderwapen).
dende skrikmakertjie anders as n bietjie skade in Engeland en koerante vol van Duitse sukses by die Mowwe? Trouens, as hulle in daardie Mofrika merk dat die Bolsjewistiese gevaar nou regtig in aantog is, sal hulle rs die bewerasie kry.
Alle Duitse vrouens en kinders wat nie vir die Wehrmacht werk nie, word uit die kusstreke gevakueer na Groningen, Friesland en Gelderland. Mussert* het verklaar dat as die inval hier plaasvind, hy n soldatepakkie gaan aantrek. Wil die vetsak miskien gaan veg? Dit kon hy al eerder in Rusland gedoen het. Finland het die vredesaanbod toentertyd geweier; ook nou is die onderhandelinge in di verband weer onderbreek. Hulle sal nog spyt kry, die stommerike!
Hoe ver dink jy sal ons op 27 Julie wees? Anne M. Frank
Vrydag, 30 Junie 1944
