Liewe Kittie
Gister het ek verskriklik groot geskrik. Om agtuur het die deurklokkie meteens baie hard gelui. Ek kon nie anders as om te dink daar kom iemand nie, jy sal wel weet wie. Maar toe al-mal beweer dat dit seker kwajongens of die pos was, het ek rustiger geword.
Die dae word hier baie stil. Levinsohn, n klein Joodse ap-teker en chemikus, werk vir meneer Kugler in die kombuis. Hy ken die hele huis baie goed en daarom is ons die hele tyd bang dat hy dit in sy kop kan kry om gou te gaan inloer by die vroere laboratorium. Ons is so stil soos babamuisies. Wie het ooit drie maande gelede kon dink dat kwiksilwer-Anne ure lank so stil en rustig sou moes en kon sit?
Die 29ste het mevrou Van Daan verjaar. Hoewel dit nie groot gevier is nie, is sy tog vereer met blomme, klein presen-tjies en goeie kos. Rooi angeliere van haar man is blykbaar tra-disie in hulle gesin.
Om nog kortliks by mevrou Van Daan stil te staan, moet ek vir jou s dat haar pogings om met Vader te flankeer vir my n voortdurende bron van irritasie is. Sy streel hom oor sy wang en hare, trek haar rompie heel hoog op, s sogenaamde gevat-te dinge om so Pim se aandag op haar te probeer vestig. Ge-lukkig vind Pim haar nie mooi en ook nie oulik nie en reageer dus nie op haar flirtasies nie. Ek is nogal jaloers van aard, soos jy weet, dus kan ek dit nie verdra nie. Moeder gedra haar tog nie so teenoor Meneer nie en dit het ek reguit vir haar in die gesig ges.
Peter kan onverwags vermaaklik wees. Ons deel een voor-liefde: om ons soos iemand anders aan te trek. Ons het al ons verskyning gemaak met hom in n baie nousluitende rok van sy moeder en met my in sy pak. Hy het n hoed opgehad en ek n pet. Die volwassenes het dubbel gevou van die lag en ons het nie minder pret gehad nie.
Bep het in die Bijenkorf* nuwe rompe vir my en Margot gekoop. Dit is gemaak van n nare materiaal; n soort vlas waarvan aartappelsakke vervaardig word. Die soort goed wat die winkels nie vroer sou gewaag het om te verkoop nie, kos nou vir my en Margot onderskeidelik 7,75 gulde en 24 gulde. Nog iets aangenaams wat die toekoms inhou: Bep het vir Mar-got, Peter en my by die een of ander vereniging n skriftelike snelskrifkursus bestel. Jy sal sien watter perfekte snelskrywers ons volgende jaar is. Vir my is dit in elk geval n gewigtige on-derneming om so n geheimskrif regtig te leer.
Ek het n ontsettende pyn in my wysvinger (van die linker-hand) en kan nou nie stryk nie. Wat n geluk!
Meneer Van Daan wil h dat ek liewer langs hom aan tafel moet kom sit, want Margot eet nie genoeg na sy sin nie. Nou ja, vir my pas so n verandering ook. In die tuin loop nou altyd so n klein swart katjie, wat my dan weer aan my Moortjie laat dink, o, die skat. Mamma het altyd die een of ander aanmer-king om te maak, veral aan tafel, daarom is die verandering ook goed. Nou moet Margot dit maar verduur of liewer nie verduur nie, want oor haar maak Moeder nie sulke stekelrige aanmerkings nie, die voorbeeldige kind! Met di voorbeel-dige kind terg ek haar nou altyd en dit kan sy nie verdra nie. Miskien leer sy dit dan af; dit is hoog tyd!
Om hierdie mengelmoes van mededelings mee af te sluit, n besonder snaakse grap van meneer Van Daan:
Wat s 999 maal klik en 1 maal klak? n Duisendpoot met n houtbeen!
Dag, jou vriendin Anne
Saterdag, 3 Oktober 1942
