Liewe Kittie
Onderduikers beleef snaakse dinge! Verbeel jou: Omdat ons nie n bad het nie, was ons ons in n skotteltjie en omdat slegs die kantoor (hiermee bedoel ek altyd die hele onderste verdie-ping) warm water het, maak al sewe van ons om die beurt van hierdie gerief gebruik. Maar omdat al sewe van ons ook so ver-skillend is en die skaamtegevoel by party sterker is as by ander, het elke lid van die familie vir hom of haar n aparte badplek uitgesoek. Peter bad in die kombuis, hoewel die kombuis n glasdeur het. As hy van plan is om te bad, gaan hy na elkeen afsonderlik en deel hom of haar mee dat daar vir die volgende halfuur nie by die kombuis verbygeloop mag word nie. Di maatrel vind hy dan voldoende. Meneer bad heel bo. Vir hom weeg die veiligheid van die eie kamer op teen die lastigheid om die warm water met al die trappe op te dra. Mevrou bad voor-lopig nie; sy wag om te sien watter plek die beste is. Vader bad
in die privaat kantoor, Moeder in die kombuis agter n kaggel-skerm. Margot en ek het die voorste kantoor as plasplek gekies. Saterdagmiddae gaan die gordyne daar toe, dan reinig ons ons in die donker, terwyl die een van ons twee wat nie aan die beurt is nie, deur n skrefie in die gordyn deur die venster kyk en haar oor die snaakse mense verbaas.
Sedert verlede Saterdag val di badplek nie meer in my smaak nie en het ek begin soek na n geriefliker inrigting. Dit was Peter wat my op die idee gebring het om my skotteltjie na die ruim kantoortoilet te verplaas. Daar kan ek gaan sit, die lig aanskakel, die deur sluit, die water sonder hulp ingooi en is ek veilig teen onbeskeie blikke. Sondag het ek my mooi badkamer vir die eerste keer in gebruik geneem en hoe snaaks dit ook mag klink, vir my is dit beter as enige ander plek.
Woensdag was die loodgieter onder besig om die pype vir die watertoe- en -afvoer van die kantoortoilet na die gang te verl. Hierdie verandering het met die oog op n moontlike koue winter en gevriesde pype geskied. Die loodgietersbesoek was vir ons allesbehalwe aangenaam. Nie alleen moes ons oor-dag geen water laat loop nie, maar ons kon ook nie na die toi-let gaan nie. Nou is dit wel nie heeltemal behoorlik om jou te vertel hoe ons di probleem hanteer het nie. Maar ek is nie te preuts om oor sulke dinge te praat nie. Vader en ek het van die begin van ons onderduiktyd af vir ons n gemproviseerde pot aangeskaf. Ons het n glasinlfles vir die doel opgeoffer. Hier-die inlflesse het ons tydens die loodgietersbesoek in die kamer neergesit en ons behoeftes oordag daarin gelaat. Dit het ek nie naastenby so aaklig gevind as om die hele dag stil te moes sit en nie te praat nie. Jy kan nie dink hoe swaar dit vir juffrou Kwek-kwek-kwek was nie. Op gewone dae moet ons al fluis-ter; dit is nog tien keer erger om glad nie te praat en te beweeg nie. My agterwreld was, nadat dit vir drie dae sonder onder-breking platgedruk is, heeltemal styf en pynlik. Liggaamsoefe-ning in die aand het gehelp.
Anne
Donderdag, 1 Oktober 1942
