Liewe Kittie
Die weer is heerlik, onbeskryflik mooi; ek gaan beslis gou na die solder toe.
Ek weet nou met sekerheid waarom ek soveel onrustiger is as Peter. Hy het n eie kamer waarin hy werk, droom, dink en slaap. Ek word van die een hoek na die ander gestoot. Ek is nooit alleen in my gedeelde kamer nie en ek verlang so baie daarna. Dit is dan ook die rede dat ek na die solder toe vlug. Daar en by jou kan ek vir n kort tydjie, n baie kort tydjie, my-self wees. Tog wil ek nie oor my verlangens neul nie, inteen-deel, ek wil moedig wees!
Onder kan hulle gelukkig niks van my diepste gevoelens merk nie, behalwe dat ek by die dag koeler en minagtender teenoor Moeder staan, Vader minder liefkoos en ook teenoor Margot niks meer verklap nie; ek is bottoe. Bo alles moet ek my uiterlike selfversekerdheid bewaar; niemand mag weet dat daar in my nog altyd oorlog woed nie. Oorlog tussen my ver-langens en my rede. Tot nou toe het laasgenoemde die oorwin-ning behaal, maar sal dit tog nie blyk dat eersgenoemde die sterkste is nie? Soms vrees en soms verlang ek dit wel!
O, dit is vreeslik moeilik om nooit iets aan Peter te verraai nie, maar ek weet dat h eers moet begin; dit is so moeilik om al die gesprekke en dade wat ek in my drome beleef het, oor-dag weer as ongedaan te beskou! Ja, Kittie, Anne is n gekke kind, maar ek leef ook in n gekke tyd en in nog gekker om-standighede.
Die beste van alles is nog altyd dat ek wat ek dink en voel ten minste kan opskryf, anders sou ek absoluut daaraan verstik. Wat dink Peter werklik oor al hierdie dinge? Ek dink altyd weer dat ek op n dag met hom daaroor sal kan praat. Daar moet tog iets omtrent my wees wat hy geraai het, want van die uiterlike Anne wat hy tot dusver geken het, kan hy tog nie hou nie! Hoe kan hy wat so van rus en vrede hou, aangetrokke voel tot my lawaaierigheid en drukte? Sou hy die eerste en enigste op die
wreld wees wat agter my betonmasker ingekyk het? Sal hy dan ook gou daaragter beland? Is daar nie n ou gesegde dat liefde gou op medelye volg nie of dat die twee hand aan hand gaan nie? Is dit nie ook met my die geval nie? Want ek het net soveel medelye met hom as wat ek dikwels met myself het.
Ek weet sowaar, sowaar nie hoe ek die eerste woorde moet vind nie en hoe moet hy wat soveel moeiliker praat, dit dan doen? Kon ek maar geskryf het, dan het ek ten minste geweet dat hy weet wat ek wou s, want met woorde is dit so ont-settend moeilik!
Anne M. Frank
Vrydag, 17 Maart 1944
Allerliefste skat
Alles het inderdaad soos n kat op sy pootjies te lande gekom, want Bep se verkoue het nie griep geword nie, slegs heesheid, en meneer Kugler is met n doktersertifikaat van sy gedwonge arbeid vrygestel. Deur die Agterhuis waai n wind van oplug-ting. Hier is alles nog all right! Behalwe dat ek en Margot n bietjie moeg word vir ons ouers.
Jy moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou nog net soveel van Vader, en Margot hou van Vader en Moeder, maar as jy so oud is soos ons, wil jy tog n bietjie vir jouself besluit, wil jy ook soms van jou ouers se hand af wees. As ek boontoe gaan, word daar gevra wat ek gaan doen, sout mag ek nie kry nie, om kwart oor agt elke aand vra Moeder sonder uitsondering of ek nog nie moet gaan uittrek nie en elke boek wat ek lees, moet gekeur word. Eerlik ges is die keuring glad nie streng nie en mag ek byna alles lees, maar al die op- en aanmerkings plus al die vrae die hele dag deur vind ek lastig.
Nog iets wat nie na hulle sin is nie, is dat ek nie meer die hele dag soentjies hier en daar gee nie. Al die soetlike en gefan-taseerde naampies is vir my aanstellerig en Vader se voorliefde
om oor windjies en die toilet te praat, vind ek afskuwelik. Kortom, ek wil soms wel n rukkie sonder hulle wees en dit be-gryp hulle nie. Nie dat ons hulle iets daaroor vertel het nie, na-tuurlik nie, watter doel sal dit dien? Hulle sal niks daarvan snap nie. Margot het gisteraand nog ges: Ek vind dit baie irrite-rend dat hulle, as jy net met jou kop op jou hand twee keer sug, al vra of jy nie lekker voel nie.
Dis vir ons albei n slag dat ons nou opeens agterkom hoe min van die vertroulike en harmonieuse huis van vroer oor is! En dit kom tog in ho mate omdat ons hier in sulke ontwrig-tende omstandighede leef. Hiermee bedoel ek dat ons soos klein kindertjies behandel word wat die uiterlike dinge betref en dat ons wat die innerlike dinge betref veel ouer is as meisies van ons leeftyd. Al is ek net veertien, weet ek tog heel goed wat ek wil, ek weet wie reg en wie verkeerd is, ek het my mening, my opvattings en my beginsels en al klink dit miskien snaaks vir n bakvissie, voel ek veel meer mens as kind. Ek voel heel-temal onafhanklik van watter siel ook al. Ek weet dat ek beter as Moeder kan diskusseer en debatteer, ek weet dat ek n objek-tiewer kyk het, ek weet dat ek nie so oordryf nie, presieser en taktvoller is n  jy kan daaroor lag  ek voel in heelwat dinge haar meerdere. As ek van iemand hou, moet ek in die eerste plek bewondering vir hom h en di twee vereistes mis ek wat Moeder betref heeltemal!
Alles sou goed gewees het as ek Peter maar gehad het, want vir hom het ek bewondering wat baie dinge betref. Ai, hy is so n aangename en aantreklike seun!
Anne M. Frank
Saterdag, 18 Maart 1944
