Liewe Kittie
My brief van gister was nog lank nie klaar nie, toe ek moes op-hou skryf. Ek kan my lus nie bedwing om jou van nog n on-enigheid te vertel nie, maar voor ek daarby kom, nog dit: Ek dink dit is belaglik dat volwasse mense so gou en oor alle moontlike kleinighede rusie maak. Tot nou toe het ek altyd ge-dink dat kibbel n kindergewoonte is wat mens ontgroei. Daar is natuurlik soms wel aanleiding tot n regte rusie, maar die woordegetreiter hier is niks anders as n gekibbel nie. Aange-sien die gekibbel tot die daaglikse orde behoort, moes ek eint-lik al daaraan gewoond gewees het. Dit is egter nie die geval nie en sal ook nie die geval wees solank ek byna by elke dis-kussie (di woord word hier in plaas van rusie gebruik, heel-
temal verkeerdelik natuurlik, maar Duitsers weet nie van beter nie!) die onderwerp is nie. Niks, maar dan ook niks, aan my is volgens hulle goed nie; my optrede, karakter, maniere, word stuk vir stuk van onder tot bo en van bo tot onder beskinder en beklets, en iets waaraan ek glad nie gewoond was nie, naamlik harde woorde en geskreeu aan my gerig, moet ek wel-gemoed sluk. Dit kan ek nie doen nie! Ek oorweeg dit nie eers om my al die belediginge aan te trek nie; ek sal hulle wys dat Anne Frank nie vandag se kind is nie. Hulle sal nog regop sit en hulle groot monde hou as ek dit vir hulle duidelik gemaak het dat hulle nie aan m opvoeding nie, maar eers aan hulle eie moet begin werk. Hoe durf hulle so optree! Dit is doodge-woon barbaars. Elke keer staan ek weer verbaas oor soveel on-gemanierdheid en veral  domheid (mevrou Van Daan). Maar sodra ek daaraan gewoond is, en dit sal binnekort wees, sal ek hulle met hul woorde in eie munt terugbetaal; dan sal hulle wel n ander deuntjie sing! Is ek dan werklik so ongemanierd, eie-wys, koppig, onbeskeie, dom, lui, ensovoorts, ensovoorts, as wat hulle hier bo s? Ag, natuurlik nie, ek weet tog self dat ek inderdaad ook foute en gebreke het, maar hulle oordryf dit in ho mate. As jy maar net weet, Kittie, hoe ek kook by die skel-en skimpsessies. Dit sal sowaar nie meer lank duur voordat my opgekropte woede tot uitbarsting kom nie.
Maar nou genoeg hieroor, ek het jou lank genoeg met my rusies verveel en tog kan ek nie nalaat om n hoogs interessante tafeldiskussie hier te laat volg nie.
Deur die een of ander gesprekstema het ons op Pim se ver-regaande beskeidenheid gekom. Hierdie beskeidenheid is n voldonge feit waaraan selfs nie deur die domste mense ge-torring kan word nie. Skielik s mevrou Van Daan, omdat sy haarself mos by elke gesprek moet betrek: Ek is ook baie be-skeie, veel meer beskeie as my man!
Het jy nou al ooit in jou lewe so iets gehoor! Hierdie sin laat haar beskeidenheid tog wel duidelik blyk! Meneer Van Daan wat dit nodig gevind het om die as my man beter te verduidelik, het hierop heel kalm geantwoord: Ek wil ook nie
beskeie wees nie. Ek het my hele lewe lank ervaar dat onbe-skeie mense dit veel verder bring as beskeies! En toe, terwyl hy hom na my wend: Moet liewer maar nie beskeie wees nie, Anne, daarmee kom jy beslis nie ver nie.
Met hierdie sienswyse het Moeder volkome saamgestem. Maar mevrou Van Daan moes soos gewoonlik haar woordjie aan die opvoedingsonderwerp toevoeg. Hierdie keer het sy haar egter nie regstreeks tot my gewend nie, maar tot my ouers, met di woorde: U het tog n eienaardige lewensopvatting om so iets vir Anne te s. In my jeug was dit tog anders, of nee, dit is seker nou nog beslis anders, behalwe in u moderne huis-gesin!
Die laaste opmerking het betrekking gehad op die meer-male verdedigde moderne opvoedingsmetode van Moeder. Mevrou Van Daan was vuurrooi van opwinding. Iemand wat van woede n blos kry, wen hom nog meer op as hy voel dat hy warm word en verloor gou teen sy teenparty. Moeder wat nie rooi word nie en op di tydstip die hele saak maar so gou as moontlik agter die rug wou h, het nie lank nagedink nie voor-dat sy geantwoord het: Mevrou Van Daan, ook ek dink dat dit veel beter is om n bietjie minder beskeie in die lewe te wees. My man, Margot en Peter is al drie buitengewoon be-skeie. U man, Anne, u en ek is nie onbeskeie nie, maar ons laat ons ook nie altyd uit die pad stoot nie.
Mevrou Van Daan: O, maar Mevrou, ek begryp u nie! Ek is werklik buitengewoon beskeie. Waar kry u die reg om my onbeskeie te noem?
Moeder: U is seker nie onbeskeie nie, maar niemand sal u bepaald beskeie noem nie.
Mevrou: Ek sou wel wil weet in watter opsig u dink dat ek onbeskeie is! As ek hier nie vir myself sorg nie, sal niemand anders dit doen nie en dan sou ek dus moes verhonger, maar dit beteken nie dat ek nie net so beskeie soos u man is nie.
Moeder kon niks anders doen as om oor hierdie belaglike selfverdediging te lag nie. Dit het mevrou Van Daan gerriteer; sy het haar mooi toespraak nog met n lang reeks Duits-Neder-
landse en Nederlands-Duitse woorde voortgesit totdat die ge-bore redenaar haar so in haar eie woorde verstrik het dat sy haar van haar stoel af verhef het en by die kamer wou uitgaan, toe haar oog op my val. Jy moes gesien het wat toe gebeur! Ongelukkig het ek op die oomblik toe Mevrou haar rug op ons gedraai het, my kop meewarig en ironies geskud, nie opsetlik nie, maar heeltemal onwillekeurig, so intens het ek die hele woordevloed gevolg. Mevrou het omgedraai en begin kyf, hard, Duits, gemeen en onbeskaafd, presies soos n dik, rooi viswyf. Dit was n lus om te aanskou. As ek kon teken, sou ek haar die graagste in di houding wou teken, so lagwekkend was die klein, verspotte, dom mens! Maar n ding weet ek nou: jy leer mense eers goed ken as jy n keer regtig met hulle rusie gemaak het. Eers dan kan jy hulle karakter beoordeel!
Anne
Dinsdag, 29 September 1942
