Liewe Kittie
Vandag het ek n sogenaamde diskussie met Moeder gehad, maar die ergste is dat ek in trane uitgebars het; ek kan niks daaraan doen nie. Pappa is altyd lief teenoor my en hy verstaan en hy begryp my ook veel beter. Ag, ek kan Moeder op sulke oomblikke weer nie verdra nie, en ek is vir haar ook n vreem-deling; dit is duidelik, want sy weet nie eens hoe ek oor die ge-woonste dinge dink nie.
Ons het daaroor gepraat dat dit na die oorlog seker van ons vereis sal word om n bediende n huishulp te noem. Ek kon nie dadelik insien dat dit so sou gebeur nie en toe s sy dat ek so dikwels oor later praat en dat ek my dan voordoen as n vername dame. Dit is glad nie waar nie en ek mag tog regtig soms ook lugkasteeltjies bou; dit is tog nie so erg nie en hoef tog nie so ernstig opgeneem te word nie. Pappie verdedig my ten minste; sonder hom sou ek dit hier skaars kan uithou.
Ook met Margot kom ek nie goed oor die weg nie. Alhoe-
wel daar nooit in ons gesin so n uitbarsting soos hier bo is nie, is dit vir my allesbehalwe altyd aangenaam. Moeder en Margot se geaardhede is vir my so vreemd. Ek verstaan my vriendinne nog beter as my eie moeder. Hoe jammer tog, n?
Mevrou Van Daan is vir die soveelste keer in n slegte bui. Sy is erg prikkelbaar en sluit al hoe meer van haar eie besittings toe. Jammer dat Moeder nie elke Van Daan-verdwyning met n Frank-verdwyning beantwoord nie. Dit lyk asof sommige mense n besondere behae daarin skep om nie net hulle eie kinders op te voed nie, maar ook nog di van hul kennisse; so ook Van Daan. In geen opsig hoef Margot opgevoed te word nie; sy is van nature die goed-, lief- en knapheid self, maar ek vergoed ruimskoots daarvoor deur, behalwe my eie, ook haar deel aan noodwendige ondeug met my saam te dra.
Meer as een keer vlieg die vermanende woorde en parman-tige antwoorde aan tafel heen en weer. Vader en Moeder ver-dedig my altyd vurig; sonder hulle sou ek die stryd nie weer so sonder om te blik of te bloos kan aandurf nie. Hoewel hulle my steeds vermaan dat ek minder moet praat, my met niks moet bemoei nie en meer beskeie moet wees, faal ek meer as wat ek slaag. As Vader nie altyd so geduldig is nie, het ek die hoop om ook nog te voldoen aan ouerlike eise  wat werklik nie so hoog is nie  al lankal opgegee.
As ek van n groentesoort waarvan ek glad nie hou nie, min inskep en in plaas daarvan aartappels eet, kan Van Daan en ver-al Mevrou nie daaroor kom dat ek so bederf is nie. Baie gou hoor ek dan: Neem nog n bietjie groente, Anne, toe kom nou.
Nee, dankie, Mevrou, die aartappels is vir my genoeg. Groente is baie gesond, dit s jou moeder self ook, neem
nog n bietjie, dring sy aan totdat Vader tussenbeide tree en my weiering bevestig. Dan vaar sy uit: U moes by ons huis gewees het; daar is die kinders ten minste opgevoed. Dt is geen opvoeding nie. Anne is verskriklik bederf; ek sou dit nooit toegelaat het nie. As Anne my dogter was 
Daarmee begin en eindig die hele woordestroom altyd: As Anne my dogter was  Nou ja, gelukkig is ek nie.
Maar om op ons opvoedingstema terug te kom, gister volg n stilte op Mevrou se laaste veelseggende woorde. Toe ant-woord Vader: Ek dink dat Anne baie goed opgevoed is; sy het ten minste al soveel geleer dat sy geen antwoord meer op u lang preke gee nie. Wat die groente betref, kan ek nie anders antwoord as vice versa nie.
Mevrou was verslae, ten volle verslae. Daardie vice versa het natuurlik regstreeks betrekking gehad op Madame, omdat sy saans geen bone kan verdra en glad nie koolsoorte nie, want dan laat sy windjies. Maar dit kan ek ook s. Wat n swaap is sy tog nie! Dink jy nie ook so nie? Laat sy in elk geval haar mond oor my hou.
Dit is vermaaklik om te sien hoe gou mevrou Van Daan n kleur kry. Gelukkig gebeur dit nie met my nie en heimlik ver-erg sy haar ontsettend daaroor.
Anne
Maandag, 28 September 1942
