Liewe Kittie
Vader het n ou kennis, meneer Dreher, n man van middel se-wentig, erg hardhorend, siek en arm, en aan sy sy, as n lastige aanhangsel, n sewe-en-twintig jaar jonger vrou, met arms en bene vol egte en onegte armbande en ringe wat nog oorgebly het uit die vroere goue tye. Di meneer Dreher het Vader al baie las besorg en ek het hom altyd bewonder vir die engele-geduld waarmee hy di patetiese mannetjie oor die telefoon te woord gestaan het. Moeder het Vader, toe ons nog tuis was, al-tyd aangeraai om n grammofoonplaat voor die telefoon te plaas wat al om die drie minute Ja, meneer Dreher en Nee, meneer Dreher s, want di ou man het tog niks verstaan van Vader se uitvoerige antwoorde nie.
Vandag het meneer Dreher kantoor toe gebel en gevra of meneer Kugler nie gou by hom langs kon kom nie. Meneer Kugler het nie lus gehad nie en wou Miep stuur. Miep het die afspraak gekanselleer. Mevrou Dreher het daarna drie keer ge-bel, maar aangesien Miep sogenaamd die hele middag afwesig was, moes sy oor die telefoon Bep se stem naboots. Onder (op kantoor) en ook bo was daar n groot gelag en elke keer as die
telefoon nou lui, s Bep: Dit is mevrou Dreher! sodat Miep al voor die tyd begin lag en die mense onbeleefd giggelend te woord staan. Ja, dit is tog regtig iets besonders. Daar bestaan nie nog so n voortreflike besigheid soos ons sn in die hele wreld nie. Die direkteure maak saam met die kantoormeisies die grootste pret!
Ek gaan saans af en toe na die Van Daans toe om n bietjie te gesels. Dan eet ons n motkoekie met stroop (di koekies was in n trommel in n klerekas met motballe) en vermaak ons. So pas het die gesprek oor Peter gegaan. Ek het vertel dat Peter my dikwels oor my wang streel en dat dit nie vir my lekker is nie. Hulle het op n ouerlike manier gevra of ek nie van Peter kon hou nie, omdat hy seker baie van my hou. Ek het gedink: O, jittetjie! en ges: O, nee! Verbeel jou! Toe s ek dat Peter n bietjie styf en houterig optree en dat ek dink dat hy skaam is. Seuns wat nog nie met meisies bevriend was nie, is so.
Ek moet s dat die Skuilkommissie Agterhuis (Afdeling Manne) baie vindingryk is. Luister net wat hulle nou uitgedink het om meneer Broks, n verteenwoordiger van die Opekta Maatskappy en n kennis en klandestiene goederestoorder, n berig oor ons te laat kry! Hulle het n brief getik vir n winke-lier, n indirekte klant van Opekta in Zeeuws-Vlaandere in Zee-land, en wel so dat die man n ingeslote briefie as antwoord moet invul en in die eweneens ingeslote koevert moet terug-stuur. Vader het die adres op die koevert geskryf. As die koe-vert uit Zeeland terugkom, word die voltooide briefie uitgehaal en n handgeskrewe briefie van Vader as lewensteken daarin ge-sit. Op di manier kan Broks dit lees sonder om agterdogtig te begin raak. Hulle het Zeeland juis gekies omdat dit digby Belgi l en n pakkie of brief dus maklik oor die grens gesmok-kel kan word, maar n mens nie sonder n spesiale vergunning daarheen mag gaan nie. n Gewone verteenwoordiger soos Broks sal so n vergunning beslis nie kry nie.*
* Otto Frank wou Broks laat glo dat die gesin hulle in Belgi bevind.
Vader het gisteraand weer eens toneel gespeel. Hy was be-dwelmd van die vaak en het bed toe gestrompel. Omdat sy voete koud was, het ek my slaapsokkies vir hom aangetrek. Vyf minute later het hulle tog weer langs sy bed gel. Daarna wou hy weer geen lig aan h nie en het hy met sy kop onder die komberse ingekruip. Toe die lig afgesit is, het hy heel versigtig te voorskyn gekom. Dit was tog te snaaks. Ons praat toe daar-van dat Peter Margot n tante noem. Opeens kom Pappa se stem uit die diepte: n Koffietante.
Mouschi, die kat, word hoe langer hoe vriendeliker en liefde-voller teenoor my, maar ek is nog altyd n bietjie bang vir hom.
Anne
Sondag, 27 September 1942
