Liewe Kittie
Vandag sal ek die algemene nuus van die Agterhuis so n bietjie aan jou meedeel. Bo my divan is n liggie met n koord aange-bring. Nou kan ek aan die koord trek om die liggie aan te ska-kel as daar geskiet word en dit my beangs maak. Op die oom-blik is dit egter nie moontlik nie, omdat ons vensterraam dag en nag op n kiertjie oopstaan.
Die manlike Van Daan-afdeling het n baie gerieflike koskas van behandelde hout met hortjies getimmer om die vlie uit te hou. Hierdie glorieuse kontrepsie het tot nou toe in Peter se kamer gestaan, maar is na die solder verplaas waar daar meer vars lug is. In die plek daarvan is daar nou n rak. Ek het hom aangeraai om die tafel daarheen te skuif, met n mooi lappie daarop en die enigste kassie aan die muur te hang waar die tafel nou staan. Dan kan dit nog maklik n gesellige hokkie word, al sou ek nie graag daar wil slaap nie.
Mevrou Van Daan is onuitstaanbaar. Ek kry voortdurend teregwysings van bo oor my onophoudelike geklets.* Maar ek steur my tog nie daaraan nie! Madame het nou weer n manier bedink om nie die kospotte te was nie. As daar nog n stukkie kos oorbly, skep sy dit nie in n glasbakkie nie, maar laat dit in die pot sleg word. En as Margot dan in die middag baie potte het om te was, s Madame: Ai, Margotjie, Margotjie, jy het darem baie werk!
Meneer Kleiman bring al om die ander week vir my n paar meisiesboeke saam. Ek is opgewonde oor die Joop ter Heul-reeks. Oor die algemeen het al die boeke van Cissy van Marx-veldt in my smaak geval. Een zomerzotheid het ek dan ook al vier keer gelees en ek moet nog altyd oor die komieklike situa-sies lag.
* Die Van Daans het die boonste verdieping bewoon.
Vir Vader help ek met die samestelling van sy familie se stamboom en oor elke familielid vertel hy iets. Die lesse het begin. Ek werk hard aan Frans en pomp elke dag vyf onrel-matige werkwoorde in my kop in. Maar ek het bitterlik baie vergeet van wat ek op skool geleer het. Peter het met n groot gesug sy Engelse taak aangepak. Enkele skoolboeke het pas ge-arriveer. Van die huis af het ek n ruim voorraad aantekening-boeke, potlode, uitvers en etikette saamgebring. Pim (dit is Vader se troetelnaam) maak op my aanspraak vir sy Nederland-se les. Ek doen dit maar as teenprestasie vir sy hulp met Frans en ander vakke. Maar hy maak ongelooflike foute!
Ek luister soms na die Oranje-sender. Prins Bernhard het nou net gepraat. Hy het vertel dat daar omstreeks Januarie n kindjie by hulle gebore sal word. Ek dink dit is wonderlik, maar hir verstaan hulle nie dat ek so Oranjegesind is nie.
n Paar aande gelede het ons daaroor gepraat dat ek tog nog baie dom is, met die gevolg dat ek die volgende dag hard begin werk het. Ek het regtig nie lus om op veertien of vyftien nog in die eerste klas van die horskool te sit nie. Verder het in di gesprek geblyk dat ek omtrent niks mag lees nie. Moeder lees op die oomblik Heeren, vrouwen, knechten, wat ek natuurlik nie mag doen nie (Margot wel!), ek moet eers n bietjie meer ont-wikkel wees soos my begaafde suster. Daarna het ons gepraat oor my onkunde oor filosofie, psigologie en fisiologie (hierdie moeilike woorde het ek gou in Koenen* opgesoek!), waarvan ek inderdaad niks weet nie. Miskien is ek volgende jaar wyser! Ek het tot die skrikwekkende ontdekking gekom dat ek net een rok met lang moue en drie oopknooptruie vir die winter het. Vader het my toestemming gegee om n trui van wit skaapwol te brei; die wol is nie baie mooi nie, maar daarvoor sal die warmte moet vergoed. Van ons klere is by ander mense, maar ons kan dit jammer genoeg eers na die oorlog terugkry, as dit dan nog daar is.
* Nederlandse woordeboek
Toe ek nou net iets oor mevrou Van Daan vir jou geskryf het, kom sy op my af. Klap. Boek toe.
Anne, mag ek nie eens een keer daarin kyk nie? Nee, Mevrou.
Net na die laaste bladsy?
Nee, ook nie daarna nie, Mevrou.
Ek het my natuurlik oor n mik geskrik, want op di bladsy word sy juis minder mooi beskryf.
So gebeur daar elke dag iets, maar ek is te lui en te moeg om alles neer te skryf.
Anne
Vrydag, 25 September 1942
