Liewe Kittie
Ons skuilplek het nou eers n ware skuilplek geword. Meneer Kugler het gedink dit is beter om n kas voor ons toegangsdeur te sit (omdat baie huise deursoek word vir weggesteekte fiet-se), maar dan natuurlik n kas wat draaibaar is en soos n deur oopgaan. Meneer Voskuijl het die kontrepsie vir ons aanme-kaargetimmer. (Ons het meneer Voskuijl oor ons sewe onder-duikers ingelig en hy is die ene hulpvaardigheid.)
As ons nou ondertoe wil gaan, moet ons eers buk en dan spring. Na drie dae het ons almal met n voorkop vol bulte rondgeloop omdat elkeen sy kop teen die lae deur gestamp het. Peter het dit daarna so sag as moontlik gemaak deur n doek vol saagsels daarteen vas te spyker. Ons sal sien of dit help!
Ek leer nie veel nie; tot September gee ek vir myself vakan-sie. Daarna wil Vader met ons lesse begin, maar dan moet ons eers al die nuwe skoolboeke koop.
Hier kom nie veel verandering in ons lewens nie. Peter het vandag sy hare gewas, maar dit is nou nie eintlik iets besonders nie. Meneer Van Daan en ek is voortdurend met mekaar oor-hoops. Mamma behandel my altyd asof ek n baba is en dit kan ek nie uitstaan nie. Verder gaan dit n bietjie beter. Oor Peter dink ek nog steeds nie anders nie; hy is n onaangename seun, l heeldag op sy bed en luier, timmer n rukkie aan iets en gaan dan weer dut. Wat n dikdood!
Mamma het vanoggend weer so n ellendige preek vir my afgesteek. Ons opvattings staan absoluut lynreg teenoor me-kaar. Pappa is n skat, al is hy partymaal vyf minute lank vir my kwaad.
Dit is daar buite mooi weer en ondanks alles maak ons die beste daarvan deur op die opvoubed op die solder te gaan l.
Anne
Woensdag, 2 September 1942
