Liewe Kittie
n Maand lank het ek jou in die steek gelaat, maar daar is ook werklik nie soveel nuus dat ek jou elke dag iets interessants kan vertel nie. Die Van Daans het op 13 Julie aangekom. Ons het gedink dat dit die veertiende sou wees, maar omdat die Duit-sers tussen 13 en 16 Julie al hoe meer mense onrustig gemaak het deur oproepe na alle kante uit te stuur, het hulle gedink dat dit veiliger is om eerder n dag te vroeg as te laat te vertrek.
Die oggend om tienuur (ons was nog besig met ontbyt) het Peter van Daan gearriveer, n taamlik vervelige en skaam lum-mel van byna sestien jaar van wie se geselskap nie veel te ver-wag is nie. Mevrou en meneer Van Daan het n halfuur later gekom. Mevrou het tot ons groot vermaak n groot kamerpot in haar hoededoos gehad. Sonder n pot voel ek my nrens tuis nie, het sy verklaar, en die pot was dan ook die eerste wat n vaste plek onder haar divan gekry het. Meneer het geen pot nie, maar het sy opvoubare teetafel onder sy arm saamgebring.
Ons het die eerste dag van ons samesyn gesellig saamgeet en na drie dae kon ons sewe nie anders as om aan onsself te dink as een groot familie nie. Vanselfsprekend het die Van Daans nog baie te vertel gehad oor die week wat hulle langer as ons in die bewoonde wreld vertoef het. Ons was onder an-dere baie genteresseerd in wat met ons huis en meneer Gold-schmidt gebeur het.
Meneer Van Daan het vertel: Maandagmre om negeuur het meneer Goldschmidt my gebel en gevra of ek gou daar-
langs kan kom. Ek het dadelik gegaan en Goldschmidt in n toestand van groot ontsteltenis aangetref. Hy het my n briefie wat die gesin Frank agtergelaat het, laat lees en wou die kat na aanleiding daarvan na die bure neem, wat ek gedink het n baie goeie plan was. Hy was bang dat die huis deursoek sou word, daarom het ons deur al die kamers geloop, n bietjie opgeruim en die tafel afgedek. Meteens het ek op mevrou Frank se skryf-tafel n notablok ontdek waarop n adres in Maastricht aange-teken was. Alhoewel ek geweet het dat Mevrou dit aspris ag-tergelaat het, het ek gemaak of ek baie verbaas en verskrik was en meneer Goldschmidt dringend versoek om die ongeluks-papiertjie te verbrand. Ek het die hele tyd volgehou dat ek niks van julle verdwyning af geweet het nie, maar nadat ek die papiertjie gesien het, het ek n goeie idee gekry. Meneer Gold-schmidt, het ek ges, nou val dit my meteens by waarop di adres betrekking kan h. Ek onthou baie goed dat ongeveer n halfjaar gelede n hooggeplaaste offisier by ons op kantoor was. Dit het geblyk dat hy n goeie jeugvriend van meneer Frank was, wat hom beloof het om in geval van nood te help en wat ook inderdaad in Maastricht gewoon het. Ek dink di offisier het woord gehou en sal meneer Frank op die een of ander manier na Belgi neem en van daar na Switserland. Vertel dit ook maar aan kennisse wat moontlik na die Franks sal kom vra. Maastricht hoef u dan natuurlik nie te vermeld nie. En daarmee is ek weg. Die meeste kennisse weet dit nou al, want van verskillende kante af het ek di verklaring gehoor.
Ons het die verhaal heel amusant gevind, maar het nog meer gelag oor die verbeeldingskrag van mense toe meneer Van Daan oor ander kennisse vertel het. So het n gesin van die Merwedeplein ons al vier vroegoggend op ons fietse verby sien kom en n ander vrou het pertinent geweet dat ons in die mid-del van die nag in n militre voertuig gelaai is.
Anne
Vrydag, 21 Augustus 1942
