Liefste Kittie
Toe ek vanaand in die kersie gekyk het*, het ek weer bly en rustig geword. Ouma is eintlik in daardie kersie en dis ook Ouma wat my behoed en beskut en my weer bly maak. Maar  daar is n ander een wat my stemming heeltemal beheers en dit is  Peter. Toe ek vandag die aartappels gaan haal het en nog met die vol bak op die trap gestaan het, het hy al gevra: Wat het jy in die etensuur gedoen? Ek het op die trap gaan sit en ons het begin praat. Om kwart oor vyf (n uur later) het die aartappels hul bestemming bereik. Peter het geen woord meer oor sy ouers gepraat nie; ons het slegs oor boeke en oor
Dis n Joodse gebruik om Vrydagaand, die begin van die Joodse Sabbat, kerse aan te steek. 
vroer gepraat. O, watter warm blik het die seun! Daar kort nie meer veel nie of ek raak verlief op hom.
Daaroor het hy vanaand gepraat. Ek het nadat die aartap-pels geskil is, na hom toe gegaan en ges dat ek so warm kry. Jy kan aan my en Margot die temperatuur aflees; as dit koud is, is ons wit en as dit warm is, rooi, het ek ges.
Verlief? het hy gevra.
Waarom sou ek verlief wees? My vraag (of liewer my ant-woord) was taamlik kinderagtig.
Waarom nie? het hy ges en toe moes ons gaan eet.
Sou hy met die vraag iets bedoel het? Ek het vandag einde-lik so ver gekom om hom te vra of hy my geklets nie lastig vind nie. Hy het net ges: Nee, dis oukei, hoor! In hoeverre di antwoord nou skaamheid is, kan ek nie beoordeel nie.
Kittie, ek is net soos n verliefde wat oor niks anders kan praat as oor haar skat nie. Peter is ook inderdaad n skat. Wan-neer sal ek dit vir hom kan s? Natuurlik net as hy my ook n skat vind, maar ek is geen katjie om sonder handskoene aan te pak nie, dit weet ek inderdaad self. En hy hou van sy rus, dus het ek geen idee in hoeverre hy dink ek is oulik nie. In elk geval leer ons mekaar n bietjie beter ken; ek sou net wil h dat ons oor meer dinge openlik kan praat, maar wie weet breek die tyd daarvoor gouer aan as wat ek dink! So n paar keer elke dag kry ek van hom n blik van wedersydse begrip, ek knipoog terug en ons is altwee bly. Dit lyk wel verspot om oor sy blyheid te praat, maar ek het die onweerstaanbare gevoel dat hy net soos ek dink.
Anne M. Frank
Saterdag, 4 Maart 1944
