Liewe Kittie
Vader, Moeder en Margot kan nog steeds nie gewoond raak aan die geluid van die Westertoringklok wat al om die kwartier s hoe laat dit is nie. Ek wel, vir my was dit dadelik mooi en veral snags is dit iets so vertrouds. Jy sal wel genteresseerd wees om te weet hoe dit my geval om n onderduiker te wees; nou ja, ek kan net vir jou s dat ek self nog nie mooi weet nie. Ek glo nie dat ek my ooit in hierdie huis tuis sal voel nie, maar daarmee wil ek glad nie s dat dit vir my hier onaangenaam is nie; dit voel eerder vir my soos n baie eienaardige losieshuis waar ek met vakansie is. Nogal n lawwe opvatting oor onder-duik, maar dit is nou eenmaal nie anders nie. Die Agterhuis is as skuilplek ideaal; hoewel vogtig en skeefgetrek, sal n mens in die hele Amsterdam, ja, miskien in die hele Holland, nie iets gerieflikers vir onderduikers kon inrig nie.
Ons kamertjie was met die le mure tot nou toe baie kaal; danksy Vader wat my prentposkaart- en filmsterversameling vooraf al hierheen gebring het, het ek met n gompot en kwas die hele muur bestryk en van die kamertjie n prentjie gemaak. Nou lyk dit vroliker en wanneer die Van Daans kom, sal ons met die hout wat op die solder staan, ook nog muurkassies en ander oulike dinge maak.
Met Margot en Moeder gaan dit weer n bietjie beter. Gister wou Moeder vir die eerste keer ertjiesop kook, maar toe sy on-der aan die praat was, het sy die sop vergeet, wat so aangebrand het dat die ertjies koolswart was en nie meer uit die pot los-gekry kon word nie.
Gisteraand het ons al vier na die privaat kantoor gegaan en die Engelse radio aangeskakel. Ek was so ontsettend bang dat iemand ons sou kon hoor dat ek Vader letterlik gesmeek het om boontoe te gaan. Moeder het my angs begryp en is saam met my. Daar is ook ander dinge wat kan maak dat die bure ons kan sien of hoor, waarvoor ons baie bang is. Die eerste dag het ons sonder versuim die gordyne aanmekaargewerk; eintlik
mag n mens nie van gordyne praat nie, want dit is net kille, los lappe, heeltemal verskillend in vorm, kwaliteit en patroon, wat Vader en ek baie onvakkundig aanmekaargewerk het. Met drukspykers is hierdie pronkstukke voor die vensters aange-bring om tot die einde van ons onderduiktyd daar te bly en nooit oopgetrek te word nie.
Reg langs ons is n filiaal van Keg, n firma uit Zaandam, links n meubelmakery; hierdie mense is dus na werktyd nie meer op die persele nie, maar tog sou geluide kon deurdring. Ons het Margot dan ook verbied om snags te hoes, hoewel sy swaar verkoue is, en gee haar groot hoeveelhede kodeen om te sluk.
Ek verheug my baie oor die koms van die Van Daans, wat op Dinsdag vasgestel is; dit sal veel geselliger en ook minder stil wees. Dit is juis die stilte wat my saans en snags so senu-weeagtig maak en ek sou wat wou gee as een van ons besker-mers hier sou kon slaap.
Dit is nie heeltemal so erg hier nie, want ons kan self hier kook en onder in Pappie se kantoor na die radio luister. Meneer Kleiman en Miep en ook Bep Voskuijl het ons so gehelp. Ons het al rabarber, aarbeie en kersies gehad, en ek dink nie dat dit ons aanvanklik hier sal verveel nie. Ons het ook leesstof en ons gaan nog n hele klomp speletjies koop. By die venster uitkyk of buitentoe gaan mag ons natuurlik nooit doen nie. Ook moet ons stil wees, want onder mag hulle ons nie hoor nie.
Gister het ons baie werk gehad, want ons moes twee mand-jies kersies ontpit vir die kantoor. Meneer Kugler wil dit inl. Van die kersiekissies maak ons boekrakkies.
Nou word ek geroep.
Anne
Sondag, 12 Julie 1942
Vandag n maand gelede was almal so gaaf met my omdat ek verjaar het, maar ek voel nou elke dag meer hoe ek van Moeder
en Margot vervreem. Ek het vandag hard gewerk en almal het my baie geprys, en vyf minute later vaar hulle weer teen my uit. n Mens kan duidelik sien hoe verskillend hulle teenoor Margot en my optree. Margot het byvoorbeeld die stofsuier gebreek en as gevolg daarvan het ons die hele dag geen lig nie. Moeder het ges: Aber Margot, man sieht dass du keine Arbeit gewhnt bist, sonst httest du gewusst, dass man einen Staubsauger nicht an der Schnur rauszieht.* Margot het iets ges en dit was die einde van die storie.
Vanmiddag wou ek iets op Moeder se inkopielys oorskryf, want Moeder se skrif is so onduidelik, maar sy wou dit nie h nie en ek kry toe dadelik weer n skerp berisping waarby die hele gesin ingemeng het. Ek pas nie by hulle nie en ek voel dit die laaste tyd duidelik. Hulle is saam so sentimenteel en dt wil ek liewer op my eie wees. En dan s hulle hoe gesellig dit is met ons viertjies saam, en dat ons so harmonieus by mekaar pas, maar hulle dink geen oomblik daaraan dat ek nie so voel nie.
Net Pappa begryp my soms, maar meesal het Moeder en Margot hom in die palm van die hand. Verder kan ek dit ook nie verdra as hulle voor vreemde mense vertel hoe ek gehuil het en hoe verstandig ek is nie  dit is vir my vreeslik  en dan praat hulle ook soms oor Moortjie en dit kan ek glad nie ver-dra nie, want dit veral is my swak punt en sagte plek. Moortjie mis ek elke oomblik van die dag en niemand weet hoe baie ek aan haar dink nie; as ek aan haar dink, kry ek altyd trane in my o. Moortjie is so dierbaar en ek is so lief vir haar en ek maak in my drome planne vir haar om weer terug te kom. Aan haar vertrou ek alles toe.
Ek het hier altyd sulke mooi drome, maar die werklikheid is dat ons hier moet bly tot die oorlog verby is. Ons mag nooit
Maar Margot, mens kan sien dat jy nie daaraan gewoond is om te werk nie, anders sou jy geweet het dat jy n stofsuier nie aan sy koord uit die stopkontak trek nie. 
buitentoe gaan nie en die enigste mense wat by ons kan kom kuier, is Miep, haar man Jan, Bep Voskuijl, meneer Voskuijl, meneer Kugler, meneer Kleiman en mevrou Kleiman, maar sy kom nie, want sy vind dit veels te gevaarlik.
Vrydag, 14 Augustus 1942
