Liewe Kittie!
Dit is vir iemand soos ek n heel eienaardige gewaarwording om in n dagboek te skryf. Nie alleen omdat ek nog nooit ge-skryf het nie, maar dit lyk vir my ook of ng ek ng iemand anders later in die ontboeseminge van n dertienjarige skool-meisie belang sal stel. Maar ja, eintlik maak dit nie saak nie, ek is lus om te skryf en nog veel meer om my hart n slag oor allerlei dinge grondig uit te praat.
Papier is geduldig: Die gesegde skiet my meteens te binne toe ek op een van my lig-melancholiese dae verveeld met my kop in my hande gesit het en van lamlendigheid nie geweet het of ek moes uitgaan of moes tuisbly nie en uiteindelik op die-selfde plek bly sit en tob het. Ja, inderdaad, papier is geduldig, en aangesien ek nie van plan is om hierdie hardebandnotaboek wat die gewigtige naam dagboek dra, ooit aan iemand te wys nie, tensy ek nog eenmaal in my lewe n vriend of vriendin kry wat di vriend of vriendin is, kan dit waarskynlik niemand skeel nie.
Nou kom ek by die punt waar die hele dagboek-idee begin het: ek het nie n vriendin nie. Om dit duidelik te maak moet hierop n verklaring volg, want niemand kan begryp dat n meisie van dertien heeltemal alleen op die wreld is nie. Dit is
ook nie waar nie. Ek het liewe ouers en n suster van sestien; ek het, almal bymekaar getel, seker omtrent dertig kennissies wat jy dan vriendinne noem. Ek het n stoet aanbidders wat nie hul o van my kan afhou nie en, as dit nie anders kan nie, met n gebreekte sakspieltjie in die klas nog n beeld van my probeer opvang. Ek het familie, liewe tantes en n goeie huis. Nee, on-skynlik ontbreek dit my aan niks nie, behalwe aan di vriendin. Ek kan met geeneen van my kennissies iets anders doen as pret maak nie, ek kan nooit sover kom om n keer oor iets anders as alledaagse dinge te praat of oor iets intiemers nie. En daar l die knoop. Miskien l die gebrek aan vertroulikheid by my, in elk geval is dit n feit en nie weg te redeneer nie. Vandaar hier-die dagboek. Om nou die idee van die langontbeerde vriendin nog in my verbeelding te versterk, wil ek nie die feite sommer soos almal gewoonweg in n dagboek skryf nie, maar ek wil di dagboek self die vriendin laat wees en haar naam is Kittie.
My geskiedenis! (Belaglik, so iets vergeet mens nie.) Aangesien niemand iets van my verhale aan Kittie sal be-
gryp as ek sommer met die deur in die huis val nie, moet ek kortliks my lewensgeskiedenis weergee, al doen ek dit onwillig.
My vader, die liefste skat van n vader wat ek ooit tegekom het, het eers op ses-en-dertig met my moeder wat toe vyf-en-twintig was, getrou. My suster Margot is in 1926 gebore, in Frankfurt am Main in Duitsland. Op 12 Junie 1929 het ek ge-volg. Omdat ons volbloed-Jode is, is my vader in 1933 na Hol-land. Hy het besturende direkteur geword van die Nederlandse Opekta Maatskappy vir die maak van konfyt. My moeder, Edith Frank-Hollnder, het in September by my vader in Ne-derland aangesluit, terwyl ek en Margot by ons ouma in Aken gebly het. Margot is in Desember na Holland en ek in Februa-rie, toe ek vir Margot as n verjaarsdagpresent op die tafel neer-geplak is.
Ek is gou reeds na die kleuterklas van die Montessori-skool. Daar het ek gebly totdat ek op ses jaar na die eerste klas is. In die sesde klas was mevrou Kuperus, die hoof, my onderwyse-
res. Aan die einde van die skooljaar het ons hartroerend van mekaar afskeid geneem en albei het gehuil, want ek is as leer-ling aanvaar deur die Joodse Lyceum, waar Margot reeds was.
Ons lewe het met die nodige opwinding verloop, omdat ons familie wat in Duitsland agtergebly het, nie Hitler se Jode-wette bespaar gebly het nie. Na die pogroms van 1938 het my twee ooms, Moeder se broers, gevlug en veilig in Noord-Amerika beland. My bejaarde ouma het na ons toe gekom. Sy was toe drie-en-sewentig.
N Mei 1940 was die goeie tye aan die afloop: eers die oor-log, toe die kapitulasie, die inmars van die Duitsers en die begin van die ellende vir ons Jode. Jodewet het op Jodewet ge-volg en ons vryheid is al meer beperk. Jode moet n Jodester dra; Jode moet hulle fietse afgee; Jode mag nie meer van ver-voer per trem gebruik maak of met n motor ry nie, al is dit hul eie; Jode mag slegs vanaf 15:00 tot 17:00 inkopies doen; Jode mag slegs na Joodse haarkappers gaan; Jode mag van 20:00 tot 6:00 soggens nie op straat kom nie; Jode mag nie skou-burge, bioskope en ander vermaaklikheidsplekke besoek nie en eweneens nie n swembad, tennisbaan, hokkieveld of enige an-der sportplek nie; Jode mag nie roei nie; Jode mag nie in die openbaar enige sport beoefen nie; Jode mag na agtuur saans nie in hulle tuin sit nie en ook glad nie by kennisse nie; Jode mag nie by Christene aan huis kom nie; Jode moet na Joodse skole gaan en dergelike meer. So het ons lewetjies verder gegaan: Ons mag nie dit nie en ons mag nie dat nie. Jacque s altyd vir my: Ek waag dit nie meer om enigiets te doen nie want ek is bang dat dit nie gedoen mag word nie.
In die somer van 1941 het Ouma baie siek geword. Sy is ge-opereer en van my verjaarsdag het nie veel gekom nie, ook nie in die somer van 1940 nie, want toe was die oorlog in Neder-land net verby. Ouma het in Januarie 1942 gesterf. Niemand weet hoe baie ek aan haar dink en hoe lief ek nog vir haar is nie. Hierdie verjaarsdag van 1942 is dus gevier om alles in te haal en Ouma se gedenkkersie het langs die ander gebrand.
Met ons vier gaan dit nog goed en so het ek dan nou op die huidige datum aangeland, waar die plegtige inwyding van my dagboek begin, op 20 Junie 1942.
Saterdag, 20 Junie 1942
