Liewe Kittie
Ai, tog  vir n rukkie bevry van die sombere vergesigte! Ek het vandag niks anders gehoor nie as: As dit of dat gebeur, sal ons moeilikheid kry, en as di een ook nog siek word, sit ons alleen op die wreld, en as  Maar goed, die res weet jy wel, ek vermoed ten minste dat jy die Agterhuisers intussen vol-doende ken om hulle gesprekke te kan raai.
Die aanleiding tot die as, as is dat meneer Kugler deur die Duitsers opgeroep is met die opdrag om ses dae te gaan spit, dat Bep erger as swaar verkoue is en waarskynlik mre tuis moet bly, Miep nog nie van haar griep herstel het nie en Klei-man n maagbloeding gehad het wat met bewusteloosheid ge-paard gegaan het. n Ware treurlys vir ons!
Die eerste ding wat Kugler volgens ons moet doen, is om by n betroubare arts n doktersertifikaat te kry om by die stad-saal in Hilversum te gaan toon. Die pakhuismanne het mre n dag vakansie en Bep is dan alleen op kantoor. As Bep tuis moet bly  al weer n  dan bly die deur op slot en moet ons muis-
stil wees sodat Keg ons nie hoor nie. Jan kom die verlatenes dan om eenuur vir n halfuurtjie besoek; hy speel dan as t ware die rol van Artis-oppasser.*
Jan het vanmiddag vir die eerste keer in n lang tyd weer iets van die groot wreld vertel. Jy moes ons agt om hom heen ge-skaar gesien het; kompleet soos n prentjie: As Ouma vertel. Hy het met oorgawe vir sy dankbare publiek geklets, na-tuurlik in die eerste plek oor kos. Mevrou Pf., n kennis van Miep, kook vir hom. Eergister het hy wortels met ertjies gekry en gister moes hy die res daarvan opeet. Vandag kook sy bruin-bone en mre word daar van die wortels wat oorgebly het bre-
die gemaak.
Ons het gevra na Miep se dokter.
Dokter? het Jan ges. Wat bedoel u met n dokter? Ek het hom vanoggend gebel en sy assistentjie het geantwoord en ek het n voorskrif vir griep gevra. Die antwoord was dat voor-skrifte  tussen  agt  en  nege  mre  afgehaal  kan  word.  As  jy  n kwaai griep het, kom die dokter self gou na die telefoon en s: Steek u tong n bietjie uit en s aa. Ek hoor dit al, u het n rooi keel. Ek gee vir u n voorskrif wat u by die apteker kan kry. Dag, Meneer. En daarmee basta. Wat n maklike praktyk is dit, diens uitsluitend per telefoon. Maar laat ek nie die dokters ver-wyt nie, ten slotte het elke mens maar net twee hande en dees-dae is daar n oorvloed aan pasinte en n minimum dokters. Tog  moes  ons  almal  wel  lag  toe  Jan  die  telefoongesprek weergegee het. Ek kan my voorstel hoe n dokterswagkamer tans daar uitsien. Daar word nie meer neergesien op armer pa-sinte  nie,  maar  op  mense  wat  niks  ernstigs  makeer  nie  en daarby word gedink: Mens, wat soek jy hier? Agter in die ry,
hoor, regte pasinte het hier voorrang! Anne
* Artis is die groot Amsterdamse dieretuin.
Donderdag, 16 Maart 1944
