Liewe Kittie
n Bondeltjie tesprake is die laaste sin van my vorige brief en die eerste van my huidige. n Bondeltjie tesprake, kan jy vir my uitl presies wat dit is? Wat beteken n tespraak? Soos soveel woorde het dit twee betekenisse; n tespraak van buite en n tespraak van binne. Die eerste het die gewone betekenis van jou nie neerl by iemand anders se menings nie, dit self beter weet, die laaste woord h, kortom, alles onaangename eienskappe waarvoor ek bekend staan; die tweede waarvoor ek nie bekend staan nie, is my geheim.
Ek het jou al eenmaal vertel dat my siel as t ware in twee gesplits is. Die een kant herberg my uitgelate vrolikheid, my gespot met alles, my lewenslustigheid en veral die insien van die ligte kant van dinge. Daaronder verstaan ek dat ek flirta-sies, n soen, n omhelsing, n onder-die-belt-grap nie erg vind nie. Hierdie kant sit meesal op die loer en verdring die ander kant wat veel mooier, reiner en dieper is. Is dit nie waar dat niemand die mooi sy van Anne ken nie en daarom kan so baie mense my nie uitstaan nie? O ja, ek is vir een middag n inte-ressante hanswors en dan het almal vir n maand weer genoeg van my. Eintlik presies dieselfde wat n liefdesfilm vir diep-denkende mense is; eenvoudig n afleiding, vermaak vir een keer, iets om gou te vergeet, nie sleg nie, maar nog minder goed. Dit is baie erg vir my om jou dit te vertel, maar waarom sal ek dit nie doen as ek tog weet dat dit die waarheid is nie? My ligte, oppervlakkige kant is te slim vir die dieper kant en sal daarom altyd die oorwinning behaal. Jy kan jou nie voor-stel hoe dikwels ek al probeer het om hierdie Anne wat maar die helfte is van alles wat Anne heet, weg te stoot, neer te slaan of te verberg nie, maar dit werk nie en ek weet ook waarom nie.
Ek is baie bang dat almal wat my ken soos ek altyd is, sal ontdek dat ek n ander kant het, n mooier en beter kant. Ek is
bang dat hulle my sal spot, sal dink ek is belaglik en sentimen-teel, my nie ernstig sal opneem nie. Ek is daaraan gewoond dat ek nie ernstig opgeneem word nie, maar net die ligte Anne is dit gewoond en kan dit verdra, die swaarder een is daar-voor te swak. As ek werklik vir n keer die goeie Anne vir n kwartier voor die voetligte geplaas het, trek sy haar soos n kruidjie-roer-my-nie inmekaar sodra sy moet praat, laat Anne no. 1 aan die woord en het, voor ek dit besef, verdwyn.
In geselskap het die liewe Anne dus nog nooit, nie n keer te voorskyn gekom nie, maar in die alleenwees voer sy byna al-tyd die botoon. Ek weet presies hoe ek wil wees, hoe ek ook is  van binne, maar, helaas, ek is dit enkel en alleen vir myself. En dit is miskien, nee, heeltemal seker, die rede waarom ek my innerlike self as gelukkig beskou en my uiterlike self vir ander mense gelukkig voorkom. Van binne wys die rein Anne my die weg, van buite is ek niks anders as n uitgelate geitjie wat pro-beer losruk nie.
Soos ek reeds ges het, ek voel alles anders as wat ek dit s en daarom het ek die naam gekry dat ek seunsmal is, n flerrie, n wysneus en n romannetjieleser. Die vrolike Anne lag daar-oor, gee n parmantige antwoord, trek haar skouers onverskil-lig op, maak asof sy haar niks daarvan aantrek nie, maar o nee, die stil Anne reageer presies op teenoorgestelde wyse. As ek heeltemal eerlik is, moet ek aan jou beken dat dit my wel raak, dat ek onnoembaar baie moeite doen om anders te word, maar dat ek telkens weer teen sterker lers veg.
Dit snik in my: Sien jy nou wat van jou geword het, jy het verkeerde menings, jy kom hooghartig en spottend voor, jy wek mense se antipatie en dit net omdat jy nie na die goeie raad van jou goeie helfte luister nie. Ag, ek sal wel wil luister, maar dit slaag nie, want as ek ernstig is, dink almal dat ek n nuwe toneelstukkie aan die opvoer is en dan moet ek my met n grappie daaruit red, en dan praat ek nie eers oor my eie gesin nie, wat dink dat ek beslis siek is, my hoofpynpille en kalmeer-tablette laat sluk, aan my nek en voorkop voel of ek nie dalk
koors het nie, na my ontlasting vra en my slegte bui kritiseer. Dit kan ek nie volhou nie; as daar so op my gelet word, word ek eers bitsig, dan verdrietig en ten slotte draai ek my hart weer om, draai die slegte kant na buite en die goeie kant na binne en hou aan om te soek na die metode waardeur ek kan word soos ek graag sou wou wees as  daar geen ander mense in die wreld was nie.
Anne M. Frank
Nawoord
Hier eindig Anne se dagboek.
Op 4 Augustus 1944, n stralende someroggend, het n motor tussen tienuur en halfelf voor die huis aan die Prinsengracht 263 gestop. Die SS-Oberscharfhrer Karl Josef Silberbauer, in uniform, het uitgeklim saam met minstens drie Nederlandse helpers van die Grne Polizei wat in burgerlike klere was, maar wel gewapen. Die onderduikers is beslis verraai. Die pakhuis-werker W. G. van Maaren was sterk onder verdenking, maar twee geregtelike ondersoekers het onvoldoende juridiese be-wys gelewer om hom in n staat van beskuldiging te stel.
Die Grne Polizei het die agt onderduikers gearresteer asook die twee helpers Victor Kugler en Johannes Kleiman  Miep Gies en Elisabeth (Bep) Voskuijl egter nie  en alle kosbaarhede soos juwele en geld waarop hulle die hande kon l, saamgeneem.
Na die arrestasie is Kugler en Kleiman nog dieselfde dag na die Untersuchungsgefngnis aan die Amstelveenseweg geneem en n maand later is hulle na die gevangenis op die Wetering-schans in Amsterdam oorgebring. Op 11 September 1944 is hulle sonder verhoor na die deurgangskamp Amersfoort ge-neem. Kleiman is vanwe sy swak gesondheid op 18 Septem-ber 1944 vrygelaat. Hy is in 1959 in Amsterdam oorlede. Op 28 Maart 1945 het Kugler daarin geslaag om te ontvlug, kort voordat hy vir die arbeidsinset na Duitsland gestuur sou word. In 1955 het hy na Kanada gemigreer, waar hy in 1981 in Toronto oorlede is. Elisabeth (Bep) Wijk-Voskuijl is in 1983 in Amsterdam oorlede. Miep Gies-Santrouschitz woon nog altyd in Amsterdam.
Die onderduikers is na hulle arrestasie vir vier dae in die Haftanstalt op die Weteringschans aangehou. Daarna is hulle geneem na Westerbork, die deurgangskamp vir Jode in Drente. Met die laaste trein wat van daar af na die konsentrasiekampe vertrek het, is hulle op 3 September 1944 na Auschwitz gede-porteer.
Edith Frank het op 6 Januarie 1945 in die vrouekamp Auschwitz-Birkenau van honger en uitputting gesterf.
Hermann van Pels (Van Daan) is volgens die Nederlandse Rooi Kruis op die dag van aankoms, 6 September 1944, in Auschwitz vergas, maar volgens Otto Frank het dit eers n aan-tal weke later, in Oktober 1944, gebeur.
Auguste van Pels het via Auschwitz, Bergen-Belsen en Buchenwald op 9 April 1945 in Theresienstadt beland. Van daar is sy blykbaar verder gedeporteer. Sy het omgekom, maar haar sterfdatum is onbekend.
Margot en Anne is aan die einde van Oktober 1944 met die sogenaamde evakueringstransport uit Auschwitz na Bergen-Belsen op die Lneburger Heide gedeporteer. As gevolg van die katastrofale higiniese toestande het n tifusepidemie in die winter van 19441945 uitgebreek waaraan duisende van die gevangenes gesterf het, ook Margot, en Anne n paar dae na haar. Hulle oorlydensdatum moet tussen einde Februarie en begin Maart wees. Die liggame van albei meisies moet in die massagrafte van Bergen-Belsen l.
Peter van Pels (Van Daan) is op 6 Januarie 1945 op n eva-kueringsmars van Auschwitz na Mauthausen in Oostenryk ge-stuur, waar hy op 5 Mei 1945, slegs drie dae voor die bevry-ding, gesterf het.
Fritz Pfeffer (Alfred Dussel) het op 20 Desember 1944 in die konsentrasiekamp Neuengamme gesterf, waar hy n die konsentrasiekampe Buchenwald en Sachsenhausen beland het.
Otto Frank was die enigste van die agt onderduikers wat die konsentrasiekampe oorleef het. Na die bevryding van Ausch-witz deur Russiese troepe, is hy met n skip van Odessa na Marseille. Op 3 Junie 1945 het hy in Amsterdam aangekom waar hy tot 1953 gewoon het. Hy het toe na Basel in Switser-land verhuis waar sy suster en broer met hulle families gewoon het. Daar het hy met Elfriede Geiringer, gebore Markovits, in die huwelik getree, wat Auschwitz net soos hy oorleef het en haar man en seun in Mauthausen verloor het. Tot met sy dood in 1980 het Otto Frank in Birsfelden by Basel gewoon en hom gewy aan die dagboek van sy dogter Anne en die boodskap wat daarin vervat is.
Epiloog
By die voltooiing van hierdie vertaling is daar n aantal mense aan wie ek groot dank verskuldig is. Ten eerste gaan my dank aan mnr. David Barnouw van die NIOD wat my so vriendelik verwys het na die Liepman Agency in Zrich wat oor die ver-taalregte van die dagboek van Anne Frank beskik. Dr. Hans Ester van die Radboud Universiteit Nijmegen was onmiddel-lik bereid om n bekendstellingsbrief oor my as letterkundige en Neerlandikus aan hulle te skryf, aangesien hulle van my en my loopbaan geen kennis gedra het nie. Deur sy toedoen is die vertaalregte op uiters hartlike wyse aan my toegestaan deur mev. Eva Koralnik. Die wyse waarop sy gereageer het op my versoek om die dagboek te vertaal  en my besoek aan Liep-man in 2005  was n inspirasie. Van die hele projek sou egter niks gekom het nie as mnr. Nicol Stassen, die hoofbestuurder van Protea Uitgewers, nie hartlik aangebied het om die verta-ling te publiseer nie. Ek kan hom nooit dankbaar genoeg wees dat hy die verwesenliking van een van my grootste lewens-ideale vir my moontlik gemaak het nie.
Aan diegene wat oor n stuk of twintig jaar aan my artikels en knipsels oor Anne Frank gestuur of literatuur oor haar onder my aandag gebring het, is ek eweneens die grootste moontlike dank verskuldig. Hulle het n bydrae van onskatbare waarde tot my insig in Anne Frank se dagboek en haar psige gelewer. In die besonder wil ek dr. Hans Ester bedank vir die knipsels wat hy tot onlangs aangestuur het, prof. Hennie Aucamp van wie ek die skitterende artikel deur Cynthia Ozick Who owns Anne Frank? ontvang het, en prof. Jaap Goede-gebuure van die Katholieke Universiteit Brabant wat die skit-terende boek van Denise de Costa oor Anne Frank en Etty Hil-lesum onder my aandag gebring het. Aan almal wat bygedra het tot die ryk bron waaruit ek kon put  hulle sal weet wie hulle is sonder dat ek hulle by name noem  bly ek dank ver-skuldig.
Laaste maar nie die minste nie: my redakteur Martjie Bos-man. My samewerking met haar was van aanvang tot slot n hartlike en diepbevredigende ervaring. Haar taalversorging en
haar uitwys van onduidelikhede in my vertaling was onont-beerlik om Anne Frank se dagboekbriewe in die bes moontlike Afrikaans weer te gee; om van Die Agterhuis n waardige en wesenlik Afrikaanse ekwivalent van Het Achterhuis te maak. Die brontaal en die doeltaal was in di geval so nou verwant dat Neerlandismes onopgemerk my vertaling binnegesluip het. Ek is Martjie ten slotte ook dankbaar dat sy bereid was om voor haar finalisering van die manuskrip, dit krities te laat lees deur mnr. Pierre Brink, voormalige dosent in Frans aan die Universiteit van Pretoria, wat met n kil oog en n streng hand alle oorblywende Neerlandistiese wendinge uitgewys het. Nie net op taalkundige vlak nie, maar ook menslikerwys het Martjie en Pierre my gedra: Hulle het gesorg dat ek nie oor geregver-digde kritiek bedruk geraak het nie en dat ek enduit my gees-drif behou het.
Vir Anne Frank van Het Achterhuis
Hulle onthou die gaskamers, Auschwitz,
as van lyke, onsigbaar vervoer deur eensame riviere, die meisie in haar sabbatrok
wat in die dodeput afstort,
die vrou wat met sekslose sekerheid besef uit haar vervloekte bloed sal n kind
die nuwe, vrye wreld nooit weer vind 
Maar in die agterhuis was veel menslikheid: Mevrou van Daan, prikkelbaar-bevrees, vervelig-verwaand, n moeder se subtiel verset,
omdat haar kind die vader liewer het 
En tog moes jy jou jong ontwaking leer verstaan  alleen.
En wat het al jou vroulikheid gebaat? Jy moes die laaste toevlug deel
vir nog n Jood se veiligheid 
tandarts Dussel jou ongewenste kamermaat.
Toe het jy jou na hom gekeer:
blou agter n berookte ruit en n gordynde raam het helder in sy o kom leef 
maar die natuur verdra geen surrogaat  jy het geweeg, te lig bevind. Weer moes Peter maar vir Mouschi streel
en vir n troos het jy seisoenverward
pinksterrose en bloudruifies in een droom verbeel.
Meer as Jood of Christen het jy geweet die mens se gees oorwin as hy
elke dag sy aartappels met vreugde eet.
Lina Spies
Digby Vergenoeg, 1971 (Human & Rousseau, Kaapstad).
Inleiding
Die dagboek van Anne Frank
Die vertaling van die dagboek van Anne Frank is die vervulling van n lewensideaal. Nou kan die Afrikaanse vertaling van die beroemdste dagboek uit die Tweede Wreldoorlog staan langs die tallose vertalings waarin dit verskyn het sedert die eerste publikasie daarvan in 1947 in die oorspronklike Nederlands onder die titel Het Achterhuis.
My ideaal om die dagboek te vertaal hang ten nouste saam met my digterskap wat in erns by die dagboek van Anne Frank begin het. As vierdejaarstudent aan die Universiteit van Stel-lenbosch het ek in 1961 die film The diary of Anne Frank gesien waarvan die draaiboek die filmiese pendant was van die egpaar Frances Goodrich en Albert Hackett se toneelbewerking van die dagboek. Ek wou die dagboek onmiddellik lees en gelukkig was dit verkrygbaar in n latere druk van die 1947-uitgawe. Veel meer nog as die film is ek daardeur aangegryp en geboei. Nie net die dagboek nie, maar die daaglikse uitvoerige verslag-gewing in Die Burger van die verhoor van Adolf Eichmann in Jerusalem, ook in 1961, was die stimulus vir my gedig Vir Anne Frank van Het Achterhuis; die eerste gedig van my wat my mentor en professor, die digter D.J. Opperman, sonder meer goed gevind het.
My beeld van Anne Frank is op di tydstip uitsluitend ge-vorm deur die dagboek, maar teen die agtergrond van die Eichmann-verhoor wat my vir die eerste keer gekonfronteer het met die gruweldade van die Nazis en Hitler se helkampe. David Barnouw s in die inleiding tot sy beknopte en indrin-gende studie oor die geskiedenis van die dagboek, Anne Frank voor beginners en gevorderden: De miljoenen lezers  zullen steeds een andere Anne scheppen  (1998: 8). Watter beeld het ek sewe-en-veertig jaar gelede van Anne geskep? Die ge-heue is onbetroubaar, maar wat ek seker weet, is dat uit die bladsye van die dagboek n Nederlands-Joodse meisie met die droom om skryfster te word my tegemoet getree het; n meisie wat haar ideale nie kon verwesenlik nie, omdat sy as Jodin n terdoodveroordeelde was.
As ek na al die jare die leser van my eie gedig word, lees ek in my weergawe van die net van komplekse menseverhoudings waarin Anne gevange gesit het  in kontras met die terreur teen die Jode in die buitewreld  haar moeisame verowering en behoud van eie identiteit. Vir vyf-en-twintig maande het die Frank-gesin (Otto en Edith en hulle twee dogters Anne en Margot), die gesin Van Pels (Hermann en Auguste en hul seun Peter, die Van Daans van die dagboek), en die tandarts Fritz Pfeffer (Alfred Dussel in die dagboek), ondergeduik* in die agterste gedeelte van die huis aan die Prinsengracht 263. In die voorste gedeelte van di gragtehuis was die kantore van Opekta gehuisves, n bedryf wat n stolmiddel vir konfyt vervaardig het en wat deur Otto Frank bestuur is. Die maak van speserye is daarby betrek toe Hermann van Pels, n kenner op di gebied, Frank se vennoot geword het. Beide die gesinne Frank en Van Pels, asook Fritz Pfeffer, was Joodse uitgewekenes uit Duits-land wat die hoop gekoester het dat hulle in Nederland veilig sou wees. In die lang periode waartydens hulle nooit n neus by die deur kon uitsteek nie en slegs van hul helpers, almal in diens van Opekta  Johannes Kleiman, Victor Kugler en Miep Gies  besoek ontvang het, het menseverhoudings noodwen-dig gespanne geraak en ho eise aan al agt onderduikers gestel. Jacques Presser, professor in geskiedenis aan die Universiteit van Amsterdam, lig die een gemeenskaplike motief in die dag-boeke van onderduikers uit: die abnormale lewensituasie en die geveg teen die tyd (1970: 90). Elke dag van oorlewing het hulle nader gebring aan die bevryding waarop hulle gehoop het, terwyl hulle die le ure van hulle eensame bestaan so sin-vol moontlik moes vul. Daarvan is Anne Frank se dagboek ook n getuienis.
Uit my gedig blyk dat ek in my beeldvorming van Anne die klem verskuif het van haar konflikterende gevoelens oor haar
Wegkruip om aan oorlogsverpligtings te ontkom (HAT). Baie Jode het tydens die oorlog by mense weggekruip  letterlik onder die oppervlak van die samelewing verdwyn  om vervolging vry te spring. 
mede-onderduikers na haar geesteskrag en haar oorwinnende optimisme. Daardeur het ek die gevaar geloop waarvan ek my op di tydstip nie bewus was nie, naamlik om haar te mooi voor te stel en s afbreuk te doen aan die veelkantigheid van haar persoonlikheid. Eers baie jare later het ek kennis geneem van die Anne Frank-kultus wat ontstaan het deur veral die to-neelstuk en die film waardeur sy die mees gedealiseerde en ge-falsifiseerde ikoon geword het uit n periode van verskrikking wat behoort tot die ergste in die geskiedenis van die wreld.
Daarteen het sterk verset gekom, onder andere van die Amerikaanse skryfster Cynthia Ozick in haar artikel Who owns Anne Frank? in The New Yorker van 6 Oktober 1997. Tereg wys Ozick daarop dat die dagboek van Anne Frank nie die lewensverhaal van Anne Frank is nie. Nadat die Grne Polizei op 4 Augustus 1944 hulle inval in die Agterhuis ge-doen het, loop Anne se spoor na die deurgangskamp Wester-bork in Drente en van daar na Auschwitz waar sy vergassing vrygespring het, om te eindig in Bergen-Belsen waar sy gebro-ke na liggaam en gees gesterf het, in laaste instansie nie as n slagoffer van ontbering en tifus nie, maar van die berekende moord wat die Holocaust in wese was.
Hierdie ontbrekende slot is volgens Ozick daarvoor verant-woordelik dat die verhaal van Anne Frank sedert die publikasie van die dagboek gekspurgeer, verdraai, verander, beswadder, verklein, kinderagtig gemaak, veramerikaniseer, versentimen-taliseer, verkitsch en op n blatante wyse ontken is (1997: 78). Ozick hou veral Goodrich en Hackett se verhoogverwerking en filmdraaiboek daarvoor verantwoordelik. Anne word daar-in, s sy, n lewendige, parmantige all-American girl en sy be-sluit: The passionately contemplative child, brooding on con-crete evil, was made into an emblem of evasion (1997: 85). In haar studie wat onafhanklik van Ozick geskryf is, wys Denise de Costa (1996: 23) ook daarop dat Anne, die dag-boekskryfster, wat weet en verslag doen van die verskriklike lot van die Jode wat buite die Agterhuis voltrek word, nie in die
toneelstuk tot haar reg kom nie, veral nie ten opsigte van haar beskouende aard nie: Sy ken teenstrydige gevoelens van liefde en haat, worstel met angste vir arrestasie en deportasie en veg teen depressies veroorsaak deur haar wete van die terreur in die buitewreld. De Costa (1996: 24) besluit: Deze Anne van de dagboeken is een rijke, complexe persoonlijkheid.
Die present waaroor Anne haar op haar dertiende verjaars-dag op 12 Junie 1942 die meeste verheug het, was die dagboek wat sy vooraf saam met haar vader uitgesoek het: n gebonde blanko boek met n rooi geruite omslag wat met n slotjie sluit. Aanvanklik was sy onseker oor wat die hou van n dagboek nou eintlik impliseer, maar baie gou besluit sy dat haar dag-boekinskrywings die vorm van briewe moet aanneem aan n verbeeldingsvriendin wat sy Kittie genoem het, nadat sy ook ander name oorweeg het. Kittie moes die plek inneem van die ideale vriendin wat Anne, nieteenstaande hegte onderlinge ka-meraderie, nie in een van haar skoolmaats gevind het nie. Slegs enkele kere kon sy aan Kittie skryf oor die alledaagse dinge wat haar as gewone Amsterdamse skoolmeisie beroer het. Daarna het Kittie die onmisbare vertroueling geword van Anne as on-derduiker; di een teenoor wie sy haar onomwonde kon uit-spreek oor haar innerlike self wat elke mens, in haar eie woorde, so angsvallig vir ander verberg: haar drome, gedagtes, gevoelens en vrese.
Die begrip egodokument as oorkoepelende benaming vir geskrifte van persoonlike aard soos die brief, die dagboek, die outobiografie en memoires, is gemunt deur Presser. Kan ego-dokumente  waaronder Presser historiese bronne verstaan het  ook beskou word as literre tekste? Die vraag het uiter-aard betrekking op Anne Frank se dagboek. Barnouw (1998: 82) s in di verband: Anne Franks dagboek heeft altijd op ge-spannen voet gestaan met literatuur met een hoofdletter. Het wordt niet of nauwelijks als zodanig beschouwd en heeft ook zelden als inspiratiebron dienst gedaan. Die dagboek het wel enkele ander tekste genspireer  of liefs: gegenereer  en Bar-
nouw noem in di verband Philip Roth se The ghost writer. Daarby kan die resente roman van Ellen Feldman, The boy who loved Anne Frank, van 2005 genoem word.
Die vraag wat ten nouste met die vraag na die literre waar-de van die dagboek saamhang, is of Anne Frank, indien sy oor-leef het, inderdaad, soos sy gehoop het, n skryfster sou word, met ander woorde: Lewer die dagboek genoegsame getuienis van n onbetwisbare skryftalent? Onder die titel wat kennelik as n duidelike stellingname bedoel is, Anne Frank, schrijf-ster, lig Laureen K. Nussbaum, emeritus-hoogleraar in Lite-ratuurwetenskap aan die Portland State University in die VSA, in n uitgebreide artikel in De groene Amsterdammer (25 Augustus 1995) die besondere literre kwaliteite van die dag-boek uit. Van di kwaliteite het ek deur die vertaling  waar jy letterlik met jou neus op die teks gedruk sit  opnuut bewus geword en ek kan dit heelhartig onderskryf: Anne se vermo om dialoog spontaan en lewendig weer te gee, haar sin vir humor en ironie, haar skerp waarnemingsvermo.
Nussbaum se pleidooi vir die skryfster bring my by die ver-skillende versies van Anne se dagboek. Wat vandag as die dag-boek van Anne Frank bekendstaan, is in der waarheid n samestelling van die verskillende dagboeke van Anne wat op die vloer bly l het waar een van die lede van die Gestapo dit tydens die arrestasie uit Otto Frank se aktetas  waarin Anne dit gehou het  gegooi het om wat hy gekonfiskeer het, daarin te stop. Miep Gies het dit aan Otto Frank gegee toe dit onteen-seglik geblyk het dat buiten hom niemand anders van die on-derduikers sou terugkeer nie.
Anne het eintlik twee dagboeke nagelaat: n oorspronklike versie, vervat in die gebonde dagboek en twee skoolskrifte (versie a) en n herskrewe versie op los velle (versie b). Van die oorspronklike versie het die periode Desember 1942 tot De-sember 1943 verlore geraak, maar dit het op die herskrewe velle bewaar gebly. Die dagboek wat in 1947 die lig gesien het, was n samestelling deur Otto Frank van die a- en b-versies.
Nadat al drie versies in 1986 onder mekaar in die kritiese uit-gawe van die dagboeke deur die RIOD* verskyn het, staan die samestelling tans bekend as die c-versie. Die c-versie was die standaard-weergawe wat ook vir vertalings gebruik is tot en met die publikasie van n vierde weergawe in 1986, wat in sy Amerikaanse vertaling in n onderskrif bestempel word as The Definitive Edition.
Anne se besluit om haar dagboek te herskryf, kan met n groot mate van sekerheid teruggevoer word na n toespraak van G. Bolkestein, Nederlandse Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskappe, op 28 Maart 1944 vanuit Londen oor die ge-heime Oranje-sender. Daarin het hy ges dat die volle tafereel van die Nederlandse stryd in die oorlog eers beskryf sal kan word as die getuienisse van gewone mense in briewe en dag-boeke ook daarin figureer (vgl. De Costa, 1996: 63, 70). Anne skryf oor Bolkestein se toespraak en opper spelenderwys die moontlikheid om n boek oor die Agterhuis te skryf. Op 11 Mei 1944 het dit n voorneme geword wat sy met Kittie deel:
Je weet al lang dat mijn liefste wens is eenmaal journaliste en later een beroemd schrijfster te worden. Of ik deze grootheidsneigingen (of -waanzin?) ooit tot uitvoering zal kunnen brengen, zal nog moeten blijken, maar onderwerpen heb ik tot nu toe nog wel. Na de oorlog wil ik in ieder geval een boek getiteld Het Achterhuis uitgeven. Of dat lukt blijft ook nog de vraag, maar mijn dagboek zal daarvoor kunnen dienen.
Uit Anne se herskrywing van haar dagboek blyk haar vermo om krities met haar eie tekste om te gaan; n bewys van haar ontwikkelende skrywerskap. Laureen Nussbaum bepleit dan ook, nie heeltemal ten onregte nie, die uitgawe van Anne se b-versie as n stuk selfstandige Nederlandse literatuur, al is sy be-wus van die geregverdigde besware teen so n uitgawe. Anne het met haar herskrywings net gekom tot by 29 Maart 1944,
Rijksinstituut voor Oorlogsdocumentasie; tans die NIOD waar Rijks- vervang word met Nederlandse. 
terwyl sy terselfdertyd voortgegaan het om tot 1 Augustus 1944 in haar laaste dagboek te skryf. Dit is ondenkbaar dat hierdie slotperiode van Anne se lewe in die Agterhuis, soos wat dit neerslag gevind het in haar dagboek, in enige uitgawe kan ontbreek. Daaronder bevind twee van die mees selfopenbaren-de inskrywings hulle, nl. di van 15 Julie en 1 Augustus 1944. Uit die laaste inskrywing spreek soveel wysheid en selfinsig dat dit n vreemde voltooidheid aan die dagboek verleen, byna asof Anne geweet het dat sy vir die laaste keer skryf.
Dit is ondenkbaar dat iemand wat graag skryf en wil skryf, nie ook baie lees nie. Anne was n hartstogtelike leser wat wyd gelees het, nie net die reeks Joop ter Heul-boeke vir meisies van Cissy van Marxveldt nie, maar ook historiese en mitologiese werke. Die onderduiksituasie het die behoefte aan lees gen-tensiveer, want die boek en die radio was onontbeerlike stem-me van buite. Die wyse waarop Anne omgegaan het met die boeke wat sy vir meer as ontspanning gelees het, is vir my een van die sterkste bewyse van die ontluikende skryfster in haar.
Op 6 April 1944 skryf sy aan Kittie oor haar stokperdjies en belangstellings in die veronderstelling dat Kittie haar daar-om gevra het (n slim literre strategie om die ekkerigheid van die brief as genre te te werk). Sy waarsku Kittie dat sy baie belangstellings het waarvan skryf  die eerste plek inneem, maar laat onmiddellik daarop volg dat dit eintlik nie as stok-perdjie geld nie. (In die Agterhuis het skryf n roeping en in ho mate haar lewe geword.) Daarna noem sy as haar tweede groot passie die optekening van die stambome van koninklike families. Sy soek daarna in alle papiere, koerante en boeke en vervolg: Met vele ben ik al erg ver gevorderd, temeer daar ik allang uit al de biografien of geschiedenisboeken die ik lees aantekeningen maak. Vele stukken geschiedenis schrijf ik zelfs over. Geskiedenis behoort dus vanselfsprekend tot Anne se belangstellings en sy plaas dit in die derde plek met daarna die mitologie van Griekeland en Rome. Van haar vader het sy baie geskiedenisboeke present gekry en sy kan skaars wag om alles
verder in die Openbare Biblioteek te gaan uitpluis. Sy kan die name van die nege muses en die vroue van Zeus opnoem en die name van die vroue van Herakles ken sy op die punte van haar vingers.
Anne Frank het haar inderdaad op vroe leeftyd toegerus vir wat, benewens talent, van n skrywer geis word. In di ver-band moet n mens ook haar boek met sitate noem wat sy self haar Mooie-zinnenboek genoem het en wat in 2004 by Bert Bakker verskyn het. Daarin het sy gedigte en gedeeltes uit boeke wat haar getref het, neergeskryf. In lopende skrif het sy drie-en-veertig bladsye gevul met sitate waarvan die oorgrote meerderheid in Nederlands is, n paar in Duits en een in Engels. Die funksie van oorskryf is van twerlei aard: dis n ge-heueoefening, want wat jy oorskryf, onthou jy beter en dis n oefening in formulering, omdat jy onder andere meer bewus word van sinskonstruksies. Dis miskien nie toevallig dat Anne na haar sitate verwys het as mooi sinne nie.
Waar Nussbaum pleit vir groter aandag vir die literre ver-dienstes van die dagboek van Anne Frank en vir publikasie van die b-versie, neem sy myns insiens nie die hibridiese aard van die gepubliseerde dagboek in ag nie. Anne was self bewus van haar humoristiese beskrywings en dis juis die humoristiese pas-sasies wat Nussbaum literr waardeer, onder andere haar be-skrywing van die oopbars bo haar kop van n sak bruinbone wat Peter met die trap opgesleep het, wat haar gelaat het as n eilandje tussen de bonengolven. Tereg noem sy Anne se Ode aan mijn vulpen n klein juweel van autobiografische vertel-kunst (1995: 37).
Aanvanklik het Anne geen literre bedoeling gehad met die hou van n dagboek nie, maar namate haar dagboek gevorder het, het sy bewus geword van haar skryfvermo en haar be-geerte om skryfster te word. Langsamerhand het haar dagboek onder andere ook vir haar n oefening in styl geword vir die verhale wat sy daarnaas geskryf het, Evas droom en Cadys leven. Sy werk die hele ontwikkeling van laasgenoemde verhaal
in haar dagboek uit. Maar in eerste instansie het Anne Frank met die hou van haar dagboek die leegte wat met die onder-duiksituasie ontstaan en met die adolessensie saamgehang het, vol geskryf en in di proses haar identiteit ontdek en vir haar-self bevestig. Waar sy aanvanklik haar briewe aan Kittie onder-teken as Anne, word die ondertekening mettertyd Anne Frank en later Anne M. Frank (haar volle name was Anne-lies Marie). Sy het al hoe beter geweet wie sy was.
Anne Frank, die skryfster, soek haar identiteit noodwendig in Nederlands, die taal waarin sy haar die adekwaatste kan uit-druk. Die volwasse inwoners van die Agterhuis het by voor-keur hul moedertaal, Duits, gepraat, terwyl die drie kinders so vernederlands het dat hulle di taal, ook waarskynlik uit anti-Duitse gevoelens, net by uitsondering gebruik het. Anne spot met die swak Nederlands van haar moeder en mevrou Van Daan en veral met die Nederlands van tandarts Dussel in wie sy n grondige hekel het. Teenoor haar vader is sy milder, maar konstateer dat hy ongelooflike foute maak. Anne voel haar Nederlands, is  tot die verbasing van haar huisgenote  Oranjegesind en wil Nederlands wees. Op 11 April 1944 skryf sy dat in die voorafgaande Sondagnag van angs tydens n in-braak in die Agterhuis sy bereid was om te sterf:
Ik wou me graag opofferen voor het vaderland, maar nu, nu ik weer gered ben, nu is mijn eerste wens na de oorlog, maak me Neder-lander!
Ik houd van de Nederlanders, ik houd van ons land, ik houd van de taal, en wil hier werken. En al zou ik de Koningin zelf moeten schrijven, ik zal niet wijken vr mijn doel bereikt is.
Maar in dieselfde lang brief aan Kittie skryf Anne ook oor haar Joodse identiteit waaraan sy nie kan ontkom nie, trouens ook nie wil ontkom nie. Bewus van die gevaar van ontdekking met alles wat dit inhou, waarin hulle voortdurend verkeer  ver-sterk deur die angsnag  vra sy haarself af waarom God die Jode tot n uitsondering onder die nasies gemaak het en ver-volg: Wij kunnen nooit alleen Nederlanders, alleen Engelsen,
of vertegenwoordigers van welke land ook worden, wij zullen daarnaast altijd Joden blijven, maar wij willen het ook blijven. As sy dan besluit dat God sy volk nooit in die steek gelaat het nie en dat daar uitkoms sal kom, is dit n onmiskenbare oorle-wingstrategie. Anne Frank het nie n sterk persoonlike belewe-nis van die Joodse godsdiens gehad nie, alhoewel n bewussyn daarvan nie by haar ontbreek het nie. Sy skryf op 7 Desember 1942 dat Hanukka, die Joodse fees van die ligte, en die Neder-landse Sint Nicolaas-fees net met n dag tussenin in die Ag-terhuis gevier is en dat laasgenoemde veel prettiger was, al het by eersgenoemde niks van die feestelikhede ontbreek nie.
Anne se geloof het nie met tradisies en gebruike en rituele saamgehang nie. Sy ontwikkel n sterk persoonlike spiritualiteit in samehang met haar menslike groei in die onderduiksituasie. God is vir haar in die natuur wat sy slegs van agter vensterruite kan waarneem: die blou lug, die bloeiende kastaiing in die ag-tertuin, die nagtelike hemel. Sy voel na aan God in di oom-blikke wat sy een voel met Peter tydens die halfjaar waarin sy op hom verlief is. De Costa (1996: 149) wys daarop dat spiri-tualiteit en liggaamlikheid by Anne Frank nou met mekaar ver-weef is, soos blyk uit die feit dat toe sy begin menstrueer  vrou word  sy God leer ken. Dit is, soos De Costa tereg be-weer, n inskryf teen die Joods-Christelike tradisie in dat n menstruerende vrou onrein is. Terugskouend op die twee jaar wat agter haar l, skryf Anne op 7 Maart 1944: Toen de twee-de helft van 1943, ik werd bakvis, werd meer volwassen naar lichaam en mn geest onderging een grote, zeer grote verande-ring, ik leerde God kennen. (Vgl. a-versie.)
De Costa se oortuigende betoog dat vir Anne Frank daar n noue verbintenis tussen die spirituele en liggaamlike/sintuig-like bestaan, moet n mens wel kwalifiseer deur daarop te wys dat sy in haar b-versie nie haar grote verandering in verband bring met n ontdekking van God nie. Die verbintenis tussen haar vroulike identiteit en haar geloofsbelewenis l ook daarin dat sy nie slegs daarmee kan volstaan deur op God staat te
maak vir beskerming in haar prekre omstandighede nie; sy moet haar oorlede ouma aan moederskant daarby betrek as be-skermengel (De Costa 1996: 160): Ik weet dat ik God heb, God en Oma en nog zoveel meer en dat is het wat me rechtop houdt. Zonder die stem die altijd weer troost en goeds voor-spelt, zou ik allang geen hoop meer hebben, zonder God was ik allang in elkaar gezakt.
Dat daar botsende beskouings sou ontstaan oor die Joodse en algemeen-menslike strekking van Anne Frank se dagboek was onvermydelik. Een van die botsings in di verband het hom met verbysterende felheid in die openbaar afgespeel in die vorm van n pennestryd wat ook tot hofsake gelei het, tussen Otto Frank en die Amerikaans-Joodse skrywer Meyer Levin. Levin was as oorlogskorrespondent betrokke by die ontsetting van die kampe en het by die lees van haar dagboek in Anne die verteller herken wat stem kon verleen aan die slagoffers van die Nazis se uitroeiingskampanje teen die Europese Jodedom. Levin het baie gedoen om Anne se dagboek in die VSA te re-klameer en toe sy droom om self die verhoogverwerking van die dagboek te skryf, skipbreuk gelei het, het hy n verterende obsessie oor Anne ontwikkel.
Uit die kontroversie met Levin het duidelik geblyk wat Otto Frank se beskouing oor die aard en strekking van sy dog-ter se dagboek was. Hieroor laat Carol Ann Lee in haar insig-gewende biografie The hidden life of Otto Frank (2002)  in die-selfde jaar in Nederlands vertaal onder die titel Het verborgen leven van Otto Frank  geen twyfel nie. In reaksie op Levin se stelling dat net n Joodse skrywer n gepaste verwerking vir die verhoog van Anne se dagboek kan maak, verklaar haar vader: Wat het Joodse aspect betreft: u heeft gelijk dat ik er anders over denk dan u. Ik heb altijd gezegd dat Annes boek geen oorlogsboek is. De oorlog is de achtergrond. Het is ook geen joods boek, al zijn de sfeer, het sentiment en de omgewing op de achtergrond joods. Ik heb nooit gewild dat een jood er een inleiding voor zou schrijven (Lee 2002: 239).
En hier skryf ek as nie-Joodse vrou ongeveer sestig jaar na die verskyning van die eerste Het Achterhuis die inleiding tot die Afrikaanse vertaling van die beroemde dagboek. Waarom het n vertaling in Afrikaans, die taal wat so nou verwant is aan Anne se geliefde Nederlands, so lank uitgebly? Omdat ons al-mal tog Engels kan lees en omdat Anne as En Frenk n all-English girl en n anti-apartheidsimbool in Suid-Afrika ge-word het; n gegewe waartoe die uitstekende dokumentr van die Suid-Afrikaner Jon Blair geen geringe bydrae gelewer het nie? Dit is n onderdeel van die Anne Frank-industrie, soos Barnouw dit noem, dat sy deur verskillende politieke stro-minge gekaap is: Bezoekers aan het Anne Frankhuis werden vaker geconfronteerd met tentoonstellingen over rassendis-criminatie en onrecht heden ten dagen (Barnouw 1998: 89). Barnouw noem voorbeelde van woede wat in die linkse pe-riode in Nederland opgeroep is, onder andere van Suid-Afrika wat kwaad was oor n tentoonstelling waarin nazis in Zuid-Afrika aan de kaak werden gesteld.
Die ergste politieke misbruik waaraan die dagboek van Anne Frank ten prooi geval het, is die betwyfeling van die egt-heid daarvan. Daaraan wil ek so min as moontlik woorde vuil-maak. Engelse, Duitse en Franse neo-Nazis wou die dagboek afmaak as bedrog met die argument dat die lewe van vyf-en-twintig maande in die agterste gedeelte van n gragtehuis op die Amsterdamse Prinsengracht kwansuis n onmoontlikheid sou gewees het, of dit is belaster as n vervalsing deur Anne se vader. Di aantygings het gelei tot hofsake en handskrifdeskun-diges is ingeroep wat onteenseglik bewys het dat al die doku-mente wat Miep Gies die dag van 4 Augustus 1944 in bewa-ring geneem het, van die hand van die outeur Anne Frank was.
n Kritiese uitgawe van al Anne se dagboeke het n nood-saak geword, want wat in eerste instansie aan die ontkenners die geleentheid gebied het om die outentisiteit van die dag-boek te betwyfel, is die bestaan van die verskillende variante. Die kritiese uitgawe van die NIOD van die dagboek behoort
die ontkenners vir goed die swye op te l, want die leser kan nou op een bladsy Anne se a-versie met haar herskrewe b-ver-sie vergelyk en sien wat Otto Frank daarmee gedoen het in die c-versie (vgl. Barnouw 1998: 77). Die variasies tussen die ver-sies is nrens ingrypend nie; die stramien bly presies dieselfde. Maar ontkenners sal daar weer wees, want die ontkenning dat Anne die outeur van die dagboek was  selfs dat sy bestaan het  beteken die ontkenning van die Holocaust en di ontkenning gaan voort om watter bisarre redes ook al. Dis juis Anne Frank wat di ontkenning bemoeilik deurdat sy n gesig gee aan die ge-siglose sesmiljoen Jode wat berekend uitgewis is. Hierby moet opgemerk word dat Anne, soos wat haar biograaf Melissa Mller tereg beklemtoon, geen wonderkind, heldin of marte-laar was nie, maar n gewone meisie; begaafd, maar gewoon. Die tragiese l daarin dat n gewone meisie moes sterf net om-dat sy n Jodin was (Schreuder 1998: 29).
Die vraag na die identiteit van hierdie gewone meisie soos wat dit uitdrukking vind in haar dagboek, het hom weer aan my opgedring by my vertaling, wel wetend dat die skrywer van n dagboek hom of haar net soveel verberg as onthul. In hulle verset teen die kultiese Anne sien beide Cynthia Ozick en Denise de Costa twee Annes min of meer in opposisie met mekaar: die bekkige tiener en die nadenkende Jodin. Die post-modernisme het ons egter toenemend bewus gemaak van die ambiguteit  die meervoudigheid  van identiteite waaroor een mens kan beskik. Dit word op n besondere manier bevestig deur egodokumente.
Ek glo dat albei Annes wat Ozick en De Costa teenoor me-kaar stel in die dagboek aanwesig is. Trouens, Anne het dit self by herhaling oor die twee teenstrydige kante van haar persona: die ekstroverte Anne wat sy meesal aan haar mede-onderdui-kers toon en die introverte, hipersensitiewe Anne met haar on-vervulde verlangens en haar soeke na haar wesenlike identiteit. Denise de Costa (1996: 18) wys wel op die twee kante van Anne se persoonlikheid waarvoor sy in haar selfondersoek te
staan kom. Sy moet die ander (die vreemdeling) in haarself herken; haar diepsinniger, aanvalliger self  wat sy uit vrees om uitgelag te word nie na buite toon nie  om tot selfverwesen-liking te kom. Met die twee Annes wat Anne Frank in haar dagboek identifiseer, hang die tweekantigheid van die dagboek saam: Dit is die verslag van n puberteit n n getuienis oor die Holocaust. Die titel van die Amerikaanse vertaling, The diary of a young girl, kamoefleer die oorlogsagtergrond van die dag-boek ten gunste van die belydenis van n tienermeisie en bevor-der weer eens die falsifisering van Anne. Dit gee nie erkenning aan die Joodsheid van hierdie jong meisie wat in n krisis-periode dagboek gehou het nie.
Ten slotte stuit n mens altyd weer op die vraag waarom juis die dagboek van Anne Frank van al die baie oorlogsdagboeke wreldbekend geword het. Die beste antwoord daarop is nog altyd vir my die artikel oor die dagboek van die bekende Ne-derlandse historikus Jan Romein op die voorblad van Het Parool van 3 April 1946. Dit het onder sy aandag gekom toe die ge-tikte manuskrip waarvoor Otto Frank n uitgewer gesoek het, deur Otto se vriend Werner Cahn  werksaam by die uitgewery Querido  aan Annie Romein-Verschoor gegee is om haar me-ning daaroor te kry. Nie sy nie, maar haar man het die weg ge-baan na publikasie. Onder die titel Kinderstem het hy ge-skryf:
Door een toeval heb ik een dagboek in handen gekregen dat tijdens de oorlogsjaren geschreven is. Het Rijksinstituut voor Oorlogsdocu-mentatie bezit al omtrent tweehonderd van dergelijke dagboeken, maar het zou mij verbazen, als er nog n bij was, zoo intelligent en toch zo menselijk als dit, dat ik het heden met zijn vele plichten voor n avond vergetend, in eenen gelezen heb.
Di artikel het groot geesdrif by die uitgewery Contact gaande gemaak, maar daar was ook besware by sommige adviseurs oor sekere intiem-persoonlike inskrywings van Anne, onder andere oor menstruasie, maar alle struikelblokke is uit die weg
geruim en met die weglating van vyf-en-twintig bladsye is Otto Frank se weergawe van sy dogter se dagboek in 1947 ge-publiseer. Dit was die begin van n ongewenaarde suksesver-haal in die publikasiegeskiedenis van die wreld.
Die Kritiese Edisie van die NIOD het gelei tot die jongste uitgawe van die dagboek wat in die Engelse vertaling aange-kondig, gereklameer en versprei word as The Definitive Edition. Verset teen di betiteling het gekom van Nussbaum en Barnouw en tereg, want daar kan nooit n finale weergawe van Anne Frank se dagboek gemaak word nie. Anne se dag-boek is, in die woorde van De Costa, eeuwig onvoltooid. As die samestellers van die definitive edition word vermeld Otto H. Frank en Mirjam Pressler, die Duitse vertaler van die dag-boek, maar di versie het in 1991 verskyn toe Otto Frank al meer as tien jaar dood was. Dit sal nou nog sewentig jaar duur voordat die kopiereg op die huidige uitgawe sal verval. Die huidige vertaler het dus geen keuse oor watter teks hy/sy wil vertaal nie, waaroor n mens dankbaar kan wees, want dit vry-waar hom/haar van intensiewe tekskritiese navorsing wat n vereiste sou gewees het as hy/sy kon kies watter versie om te vertaal. n Mens sidder as jy dink aan al die weergawes wat die wreld ingestuur sou kon word as di vryheid van keuse moontlik was! Maar aanvaarding beteken nie n onkritiese om-gang met die teks nie en dit sluit eweneens nie die moontlik-heid uit dat  oor sewentig jaar!  daar n nuwe (verbeterde?) uitgawe van Het Achterhuis kan verskyn nie.
Ek het my as vertaler op enkele uitsonderings na wat ek in voetnote erken het, streng aan die Frank-Pressler-versie gehou, waarvan die pluspunt is dat dit veel omvangryker is as Otto Frank se c-versie. Tog blyk deur vergelyking die pluspunte van die c-versie nou ook duidelik. In die huidige Het Achterhuis word van die Agterhuissketse opgeneem wat deel uitmaak van die aparte boek waarin Anne ook haar verhale opgeskryf het. Naas die briewe staan daar nou in die jongste edisie onder an-dere die skets Het beste tafeltje; wat gaan oor Anne se geveg
met Dussel oor die gebruik van n tafeltjie wat hulle nood-wendig moes deel. Daardeur gaan myns insiens egter heelwat van die kompositoriese eenheid van die c-versie verlore, wat  en hierin ondersteun ek Nussbaum  die skryfster Anne Frank nie ten goede kom nie. Dit is bowendien moontlik dat, soos De Costa beweer, hierdie skets deel kon uitmaak van Anne se oorspronklike dagboek: Dit verhaal kan heel goed afkomstig zijn uit het oorspronkelijke dagboek, dat echter van de datum (13 juli 1943) nie bewaard is gebleven (1996:86).
Die c-versie begin met Anne se inskrywing van 14 Junie 1942 wat die leser onmiddellik orinteer: Sy skryf in die dag-boek wat op haar dertiende verjaarsdag, twee dae vantevore, haar mooiste present was. Volgens die Kritiese Edisie het Anne (wat die dagboek vooraf saam met haar vader uitgesoek het) reeds op haar verjaarsdag, 12 Junie 1942, daarin n enkele sin geskryf waaruit blyk dat sy van haar dagboek n vertroueling wou maak. Op 28 September 1942, dit wil s bietjie meer as drie maande later, het Anne daaraan toegevoeg dat haar dag-boek inderdaad tot op di tydstip vir haar tot groot steun was. Buite verband aangehaal het di twee kriptiese inskrywings waarmee die jongste versie (die definitiewe edisie) begin, n vervreemdende uitwerking op die oningeligte leser, maar wat Anne se siening oor die hou van n dagboek betref, is hulle wel insiggewend. Ek het dus verkies om, soos Otto Frank in sy c-versie, Anne se inskrywing van 14 Junie 1942 as vertrekpunt van my vertaling te kies, maar om die twee aanhalings waar-mee die huidige uitgawe begin as mottos te gebruik. Daar-mee, glo ek, bly ek getrou aan die teks wat vir die vertaling vereis word soos ook wat betref my hantering van die toevoe-gings wat Anne by sekere van haar dagboekinskrywings ge-maak het.
In plaas van om di toevoegings te behou as deel van die teks soos in die definitiewe edisie  waarin hulle tot kernag-tige inskrywings gereduseer is, wat blyk as mens hulle vergelyk met die weergawes in die Kritiese Edisie  het ek hulle laat aan-
sluit by wat tereg as mottos beskou kan word en hulle net voor die mottos opgeneem. (My tweede motto  28 September 1942  is in elk geval n toevoegsel.) Anne het haar dagboek oorgeskryf met die bedoeling om daarvan n boeiende geheel in versorgde taal te maak (vgl. De Costa 1996: 71). Deur die kursiefgedrukte Toevoegsels word die geheel versteur en die ontwikkelende verhaallyn verbreek. Binne die teks skep die Toevoegsels die indruk van n kladboek; nie van n afgeronde stuk literatuur wat Anne met haar herskrywing beoog het, maar nie kon voltooi nie. Verder het ek van die standpunt uit-gegaan dat Anne n voortreflike Nederlands geskryf het en dat ek in my vertaling so dig by die oorspronklike teks as moont-lik wou bly. Anne het nie  soos meerdere kere teenoor my ge-opper is  in n tiener-idioom wat gebruiklik was in die veer-tigerjare (n bakvissie-Nederlands) geskryf nie. Die stelling is uit die lug gegryp deur mense wat die dagboek nie gelees het nie of slegs in Engelse vertaling ken of praat vanuit die beeld-vorming van Anne Frank as gevatte, vrolike tiener.
Bevestiging van my standpunt oor Anne se Nederlands kon ek gelukkig by Denise de Costa kry. Grondliggend aan die er-varings en beskouings waaroor Anne Frank geskryf het, was die algemeen-menslike tema wat om volwasse uitdrukking in toereikende taal vra. De Costa (1996: 103) identifiseer di tema tereg as la condition humaine: die lot van die mens om losgelaat te wees en nooit die le plek in homself volkome te kan vul nie. Vir Anne is hierdie leemte versterk deur die verlies aan liefdesobjekte toe sy van die een dag tot die ander uit haar vertroude lewensfeer geruk is. Dit het ook saamgehang met haar adolessente distansiring van haar moeder wat terselfder-tyd n distansiring van haar moeder se geradbraakte Neder-lands was: Anne Franks passie voor schrijven en haar uitste-kende beheersing van de Nederlandse taal kunnen ten dele genterpreteerd worden als een afzetten tegen haar moeder  (De Costa: 1996: 121). Ten slotte: Ek het probeer om waar ek so na as moontlik aan die Nederlandse teks wou bly, die eien-
domlikheid van Afrikaans nie geweld aan te doen nie. Waar ek my soms wel Neerlandistiese woorde en uitdrukkings veroor-loof het, was dit om n sekere vervreemding tussen teks en leser te bewerkstellig, waar dit gaan om omstandighede wat vir n jong Afrikaanstalige leser totaal vreemd is: n Joods-Neder-landse meisie wat in selfopgelegde ballingskap dagboek hou tydens die Tweede Wreldoorlog in die skaduwee van vervol-ging en dood.
Beide De Costa en Nussbaum bestry die opvatting dat Otto Frank Anne se tekste ingrypend gesensureer het. Hy het hoof-saaklik die b-versie gebruik, maar gedeeltes oor Anne se ont-wakende seksualiteit en konflikte met haar moeder wat sy in haar herskrywing weggelaat het, juis uit die a-versie, weer in sy samestelling opgeneem. Wat destyds n kontroversile inskry-wing was, staan in die Kritiese Edisie as die a- en b-versie onder die datum 8 Februarie 1944; daarin gee Anne haar sie-ning van haar ouers se huwelik. As deel van die a-versie is dit saam met die ander geskrifte van Anne testamentr deur haar vader aan die NIOD bemaak. Daar het n hele opskudding ontstaan toe Cor Suijk, n voormalige medewerker van die Anne Frank Stigting, bekend gemaak het dat hy die herskrewe b-versie van die huweliksfragment van Otto Frank ontvang het en in sy besit het. Di manuskrip (handschrift) is intussen ook in die NIOD se Anne Frank-versameling opgeneem en verskyn in die nuwe Het Achterhuis. Binne di groter konteks besef mens hoe misplaas die sensasie oor die ontbrekende vyf bladsye in der waarheid was. Dit bewys maar net weer eens dat daar nooit n finale weergawe van Anne se dagboeke kan wees nie en dat die ontbreking van n inskrywing min, indien enig-iets, afdoen aan die groot geheel. Dat Otto Frank die vyf blad-sye bewaar het, spreek van sy respek vir sy dogter en wat sy ge-skryf het en ook dat hy noodwendig haar opinie oor sy huwe-lik met Edith Hollnder kon kondoneer.
Otto Frank is oor heelwat verwyt en van heelwat beskuldig. Die vraag aan wie Anne Frank behoort en wie namens haar
kan praat, beantwoord Ozick deur duidelik te kenne te gee dat dit niks anders as aanmatigend is om dit te doen nie. Sy ver-wys eerstens na Anne se vader wat after reading the diary and confessing that he did not know her, went on to tell us what he thought she meant (1997: 87). Ek glo nie dat Otto Frank ooit voorgegee het dat hy geweet het wat Anne bedoel het nie en dat sy uitspraak dat hy sy jongste en lieflingsdogter nie geken het nie, betrekking het op sy ontdekking van die onver-moede dieptes in haar psige wat vir die eerste keer in haar dag-boek tot openbaring gekom het.
Wat Otto Frank wou doen, was om die ideale wat Anne in haar dagboek uitgespreek het, uit te dra in die hoop op n beter wreld. Dit is waar dat Anne se stem mense geroer en genspi-reer het, maar dis net so waar dat sy hulle ook bewus gemaak het van die kwaad; dat sy die liefde bely het in aansig van die haat en die goedheid van die mens in aansig van sy boosheid. In laaste instansie moet ons Otto Frank dankbaar wees vir die publikasie van sy dogter se dagboek. Daardeur het hy geweier om Anne prys te gee aan n anonieme dood in Bergen-Belsen.
Lina Spies
Stellenbosch
 Junie 2007
Bronne
Barnouw, David. 1998. Anne Frank voor beginners en gevorderden. Den Haag: SDU.
De Costa, Denise. 1996. Anne Frank en Etty Hillesum: spiritualiteit, schrijverschap, seksualiteit. Amsterdam: Balans.
De Costa, Denise. 1998. Eeuwig onvoltooid. In: Intermediair, 17/9/1998.
Frank, Anne. 1972. Het Achterhuis: Dagboekbrieven 12 juni 1942 1 augustus 1944. Amsterdam: Contact.
Frank, Anne. 1995. The diary of a young girl (uit die Nederlands ver-taal deur Susan Massoty). New York: Bantam Books.
Frank, Anne. 2001. De dagboeken van Anne Frank (Kritiese Edisie). Amsterdam: Bert Bakker.
Frank, Anne. 2001. Verhaaltjes en gebeurtenissen uit Het Achterhuis: Bert Bakker.
Frank, Anne. 2003. Het Achterhuis: Dagboekbrieven 12 juni 1942 1 augustus 1944. Amsterdam: Bert Bakker.
Frank, Anne. 2004. Mooie-zinnenboek. Amsterdam: Bert Bakker. Graver, Lawrence. 1995. An obsession with Anne Frank: Meyer Levin
and the Diary. Berkeley: University of California Press.
Lee, Carol Ann. 2002. Het verborgen leven van Otto Frank (uit die Engels vertaal deur Bab Westerveld). Amsterdam: Balans.
Mller, Melissa. 1998. Anne Frank: De biografie (uit die Duits vertaal deur Gerda Meijerink). Amsterdam: Bert Bakker.
Nussbaum, Laureen K. 1995. Anne Frank, schrijfster. In: De Groene Amsterdammer. 25/8/1995.
Ozick, Cynthia. Who owns Anne Frank? In: The New Yorker. 6/10/1997.
Presser, J. Joden en dagboeken. In: Brands, M.C. en H.W. von der Dunk en H.H. Zwager (reds.): Ego-documenten: een bijzondere genre van historische bronnen. Groningen: Wolters-Noordhoff.
Schreuder, Arjen. 1998. Ze was een gewoon meisje, dat is het tra-gische. (Onderhoud met Melissa Mller.) In: NRC Handelsblad, 29/8/1998.
Die Agterhuis
Toevoegsels
 September 1944
Dit maak my ook benouder as wat ek kan s dat ons nooit meer buitentoe kan gaan nie, en ek is baie bang dat ons ontdek sal word en n koel deur die kop kry. Dit is natuurlik n minder plesierige vooruitsig.
Anne Frank
 September 1942
Meneer Van Daan is die laaste tyd katvriendelik teenoor my, ek laat dit maar stilweg by my verbygaan.
O, ek is so bly dat ek jou saamgeneem het!
Anne Frank
 Januarie 1944
So iets sou ek nie meer kon skryf nie.
Noudat ek een en n half jaar later weer in my dagboek kyk, verbaas ek my dat ek so n bedorwe bakvissie kon gewees het. Onwillekeurig weet ek, dat hoe graag ek ook sou wil, ek nooit weer s sal kan word nie. Die buie, die uitlatings oor Margot, Moeder en Vader begryp ek nog net so goed asof ek dit gister ge-skryf het. Maar dat ek so onbeskaamd oor ander dinge geskryf het, is vir my ondenkbaar. Ek skaam my werklik as ek die bladsye lees wat oor onderwerpe handel wat ek liewer vir my mooier wil voorstel. Ek het dit so aanstootlik be-skryf. Maar nou ja, genoeg hieroor. Wat ek ook baie goed begryp, is die heimwee en verlange na Moortjie. Dikwels bewus, maar nog veel meer dikwels onbewus, het ek die hele tyd dat ek hier was en is, n verlange na vertroue, liefde en lief-kosings. Di verlange is soms sterker en soms swakker, maar dit is altyd daar.
Anne Frank
 Junie 1942
Ek hoop dat ek alles aan jou sal kan toevertrou soos ek dit nog nooit aan iemand kon doen nie, en ek hoop dat jy n groot steun vir my sal wees.
Anne Frank
 September 1942
Ek het tot nou toe in jou groot steun gevind, en ook in Kittie, aan wie ek nou gereeld skryf. Om op hierdie wyse in my dagboek te skryf, bevredig my veel meer en nou kan ek die uur byna nie afwag wanneer ek weer in jou kan skryf nie.
O, ek is so bly dat ek jou saamgeneem het!
Anne Frank
Sondag, 14 Junie 1942
Ek sal maar begin vanaf die oomblik wat ek jou gekry het, dus toe ek jou op die tafel by al my presente sien l het. (Dat ek by was toe jy gekoop is, tel nie.)
Vrydag, die 12de Junie, was ek al om sesuur wakker, wat verstaanbaar is, omdat dit my verjaarsdag was. Maar om ses-uur kon ek nog nie opstaan nie, dus moes ek my nuuskierig-heid bedwing tot om kwart voor sewe. Toe kon ek nie langer wag nie; ek is na die eetkamer toe waar ek deur Moortjie (die kat) met kopstootjies verwelkom is.
Net na sewe is ek na Pappa en Mamma toe en daarna na die sitkamer om my presentjies uit te pak en dit was jou wat ek eerste te siene gekry het, miskien een van my wonderlikste ge-skenke. Verder n bos rose en twee takke pioenrose. Van Pappa en Mamma het ek n blou bloesie gekry, n speletjie, n bottel druiwesap wat vir my n bietjie na wyn smaak (wyn word tog van druiwe gemaak), n legkaart, n potjie gesigroom, n bank-noot van twee en n half gulde en n geskenkbewys vir twee boeke. Daarby het ek nog n boek gekry, die Camera obscura, maar Margot het dit al, daarom het ek dit omgeruil, n bak koekies (deur myself gebak natuurlik, want in koekiesbak blink ek deesdae uit), baie lekkergoed en n aarbeikoek van Moeder. En n brief van Oumie, presies op tyd, maar dit is natuurlik toeval.
Toe het Hanneli my kom haal vir skool. In die pouse het ek die onderwysers en leerlinge op botterkoekies getrakteer en toe moes ons weer aan die werk spring. Ek het eers vyfuur by die huis gekom, want ek was saam na die liggaamsopvoedingklas (hoewel ek nie mag deelneem nie, omdat my arms en bene uit lit raak). Omdat ek verjaar het, kon ek kies watter spel my klas-maats moes speel en ek het op vlugbal besluit. Daarna het hulle almal in n kring om my gedans en gesing: Lank sal sy lewe! Toe ek tuis kom, was Sanne Ledermann al daar; Ilse Wagner, Hanneli Goslar en Jacqueline van Maarsen, drie van my klas-
maats, het saam met my van die oefeningklas af gekom. Vroer was Hanneli en Sanne my twee beste vriendinne. Daar loop Anne, Hanne en Sanne! is ges as iemand ons saam gesien het. Jacqueline van Maarsen het ek so pas by die Joodse Lyceum leer ken en sy is nou my beste vriendin. Ilse is Hanneli se beste vriendin, Sanne is in n ander skool en het daar vriendinne.
Van hulle het ek n pragboek gekry, Nederlandse sagen en legenden, maar hulle het per ongeluk vir my die tweede deel ge-gee en daarom het ek twee ander boeke vir die eerste deel ge-ruil. Tannie Helene het vir my nog n legkaart gebring, tannie Stephanie n oulike borsspeld en tannie Lenie n besondere boek, nl. Daisys bergvakantie. Vanoggend in die bad het ek ge-sit en dink hoe heerlik dit sou wees om n hond soos Rin-tin-tin* te h. Ek sou hom dan ook Rin-tin-tin noem en by die skool sal hy by die opsigter kan bly of by die fietshokke vir my wag as dit lekker weer is.
Maandag, 15 Junie 1942
My partytjie was Sondagmiddag. My klasmaats het die film oor Rin-tin-tin baie geniet. Ek het twee borsspeldjies present gekry, n bladwyser en twee boeke. Nou gaan ek eers iets oor my klas en skool vertel; ek begin met die leerlinge.
Dit lyk of Bettie Bloemendaal nogal arm is en ek dink sy is dit ook. Sy woon in Jan Klasenstraat in Amsterdam-Wes en niemand van ons weet waar dit is nie. Sy doen baie goed op skool, maar dit is omdat sy so hard werk, want dit blyk nou al dat sy nie regtig so slim is nie. Sy is n taamlike stil kind.
Jacqueline van Maarsen is veronderstel om my beste vrien-din te wees, maar n ware vriendin het ek nog nooit gehad nie. Ek het eers gedink dat Jacque dit kon word, maar ek is erg te-leurgestel in my verwagting.
* Rin-tin-tin was die Duitse herdershond in n baie gewilde film van di tyd.
Q. is n baie senuweeagtige kind wat altyd iets vergeet en strafwerk op strafwerk kry. Sy is altyd heel vriendelik, veral teenoor G. Z. 
S. is n kind wat so ontsettend klets dat dit nie meer snaaks is nie. As jy haar iets vra, vroetel sy altyd aan jou hare of jou knopies. Hulle s dat sy my nie kan verdra nie, maar dit is vir my glad nie erg nie, want ek hou ook nie veel van haar 
nie.
Hennie Mets is n vrolike en oulike kind, net jammer dat sy baie hard praat en, as sy op straat speel, vreeslik kinderagtig is. Dit is baie jammer dat Hennie n vriendin genaamd Beppie het, wat n uiters verderflike invloed op haar het omdat die kind baie onfatsoenlik en vuilbekkig is.
J. R. is een oor wie hoofstukke geskryf kan word: n groot-doenerige, skinderlustige, aaklige, grootmensagtige, agterbak-se, huigelagtige kind. Sy het Jacque grotendeels ingepalm en dit is baie jammer. J. huil by die geringste aanleiding, is baie kleinserig en veral ontsettend aanstellerig. Juffrou J. moet altyd reg wees. Sy is baie ryk en het n kas vol van die fraaiste klere, maar sy lyk daarin veels te oud. Die kind verbeel haar dat sy baie mooi is, maar presies die teendeel is waar. Sy het n vro-like, maar parmantige gesig. J. en ek kan mekaar nie verdra nie.
Ilse Wagner is n vrolike en aangename kind, maar sy is pyn-lik presies en kan aanhoudend kla. As sy by my is en haar voete is nat, kla sy, maar gaan nogtans saam met my uit en bly kla in plaas van om eers by haar huis dro kouse te gaan aantrek. Ilse hou nogal van my. Sy is ook baie lui, maar slim.
Hanneli Goslar of Lies soos sy op skool genoem word, is n bietjie eienaardig; meesal skaam behalwe tuis waar sy baie vry-postig is, maar by ander mense is sy juis beskeie. Sy blaker alles wat jy haar vertel teenoor haar moeder uit. Maar sy is uitge-sproke oor wat sy dink en in die laaste tyd waardeer ek haar baie.
Nannie van Praag-Sigaar is n vermaaklike, klein, verstandi-ge kind. Ek hou nogal van haar. Sy is taamlik mooi. Veel is daar nie oor haar te s nie.
Eefje de Jong vind ek n besondere kind. Sy het so pas twaalf geword, maar is reeds heeltemal n dame. Sy maak asof ek n baba is. Sy is baie hulpvaardig en ek hou dan ook baie van haar.
G. Z. is die mooiste meisie in ons klas. Sy het n liewe gesig, maar is op skool taamlik dom. Daarom dink ek dat sy nie gaan deurkom nie, maar dit s ek natuurlik nie vir haar nie. (Tot my verwondering het sy tog geslaag.)
En ten slotte is daar, wat die meisies betref, ek wat langs G.
sit. 
Oor die seuns is veel maar ook min te s. 
Maurice Coster is een van my vele aanbidders, maar hy is nogal n onaardige outjie.
Sallie Springer is n vreeslike vuilbekkige ou en die gerug doen die ronde dat hy dit al gedoen het, dus op liefdesgebied volleerd is. Tog vind ek hom enig in sy soort omdat hy baie snaaks is.
Emil Bonewit is G. Z. se aanbidder, maar dit raak haar nie eintlik nie. Hy is nogal vervelig.
Rob Cohen was ook verlief op my, maar nou kan ek hom nie meer verdra nie. Hy is n huigelagtige, leuenagtige, huile-rige, lawwe, onaardige knaap wat hom vreeslik verbeel.
Max van Velde is n boerseun uit Medemblik, maar, soos Margot sou s, taamlik aangenaam.
Herman Koopman het ook n baie vuil bek, net soos Jopie de Beer, wat flankeer met al wat meisie is.
Leo Blom is Jopie de Beer se boesemvriend en word erg deur sy smerige taalgebruik aangesteek.
Albert de Mesquita is n seun van die Montessori-skool wat n klas gespring het. Hy is baie aantreklik.
Leo Slager kom van dieselfde skool af, maar is nie so aan-treklik nie.
Ru Stoppelmon is n klein, lawwe knapie uit Almelo, wat eers later by ons in die skool gekom het.
C. N. doen alles wat verbode is.
Jacques Kocernoot sit agter ons langs C. N. en ons lag ons siek. (G. en ek).
Harry Schaap is die ordentlikste seun in ons klas. Hy is gaaf. Werner Joseph eweneens, maar hy is as gevolg van die tye
waarin ons leef te stil en kom om di rede vervelig voor.
Sam Solomon is ook n vuilbek-ventjie uit die agterbuurt; n nare knaap! (Aanbidder!)
Appie Riem is nogal ortodoks, maar ook so n niksnuts. Nou moet ek ophou. Volgende keer het ek weer soveel om
in jou te skryf, dus om jou te vertel. Dag! Jy is vir my spesiaal!
Saterdag, 20 Junie 1942
