Liewe Kittie
Nou word ek hoopvol, nou gaan dit eindelik goed! Ja, sowaar, dit gaan goed!
Klinkende berigte! Daar was n moordaanslag op Hitler en di keer nie deur die Joodse kommuniste of die Engelse kapi-taliste nie, maar deur n hoog-Germaanse Duitse generaal wat n graaf en bowendien nog jonk is. Die Goddelike Voorsie-nigheid het die Fhrer se lewe gered en hy het jammer ge-noeg met n paar skraapmerke en n paar brandwonde daarvan afgekom. n Paar offisiere en generaals uit sy onmiddellike om-gewing is gedood of gewond. Die hoofdader is gefusilleer.
Dit is die beste bewys dat baie offisiere en generaals sat is
van die oorlog en Hitler graag in die dieptes sou wil sien weg-sink om dan n militre diktatuur op te rig, met die hulp daar-van vrede met die Geallieerdes te sluit, hulle opnuut te be-wapen en na n twintigtal jare opnuut n oorlog te begin. Mis-kien het die Voorsienigheid opsetlik n bietjie getalm om hom uit die weg te ruim, want dit is vir die Geallieerdes veel mak-liker en ook voordeliger as die smetlose Germane mekaar doodslaan; des te minder werk bly daar vir die Russe en Engelse oor en des te gouer kan hulle weer met die opbou van hul eie stede begin. Maar so ver is ons nog nie en ek wil niks minder graag doen as om die glorieryke feite vooruit te loop nie. Tog sal jy wel merk dat wat ek s die waarheid en niks an-ders as die waarheid is nie. By wyse van uitsondering sit ek nie nou en nonsens praat nie.
Hitler was voorts nog so vriendelik om sy troue en afhank-like volk mee te deel dat alle militre van vandag af die Gestapo moet gehoorsaam en dat elke soldaat wat weet dat sy bevelheb-ber n aandeel gehad het in hierdie lafhartige en onwaardige aanslag, hom mag platskiet! Dit sal n mooi geskiedenis word. Jan Rap het pyn in sy voete van die lang loop, sy baas, die of-fisier, jak hom af. Jan gryp sy geweer en roep uit: Jy wou die Fhrer vermoor; hier is jou verdiende loon! n Knal en die hoogmoedige hoof wat dit durf waag het om Jan te berispe, het die ewige lewe (of is dit die ewige dood?) ingegaan! Ten laaste sal dit daarop neerkom dat die here offisiere hul broeke sal natmaak van angs as hulle n soldaat tekom of rens die lei-ding moet gee, omdat die soldate meer te s en te doen sal h as hulleself.
Volg jy my so n bietjie of spring ek vandag te veel van die hak op die tak? Ek kan daar niks aan doen nie, is veels te vro-lik om logies te wees by die vooruitsig dat ek in Oktober weer op die skoolbanke sal kan sit! O la la, het ek nie nou net vertel dat ek nie voorbarig wil wees nie? Vergeef my, ek het nie ver-niet die naam dat ek n bondeltjie tesprake is nie!
Anne M. Frank
Dinsdag, 1 Augustus 1944
