Liewe Kittie
Ons het n boek uit die biblioteek gekry met die uitdagende titel Hoe vindt u het moderne jonge meisje? Vandag wil ek graag oor hierdie onderwerp iets s.
Die skryfster kritiseer die jeug van vandag van kop tot tone sonder om egter alles wat jonk is heeltemal af te wys as tot niks goeds in staat nie. Inteendeel, sy is van mening dat die jeug, as hulle wil, n groter, mooier en beter wreld sal kan op-bou, dat die jeug die middele daartoe het, maar hulle met op-pervlakkige dinge besig hou sonder om aan die wesenlik mooie enige aandag te gee.
By baie passasies het ek baie sterk die gevoel gehad dat die skryfster m bedoel met al haar afkere en daarom wil ek my nou eindelik heeltemal vir jou oopmaak en my teen die aanval verdedig.
Ek het een karaktertrek wat elkeen wat my langer ken baie sterk moet opval en dit is my selfkennis. In alles wat ek doen, kan ek na myself kyk asof ek n vreemde is. Heeltemal onbe-vooroordeeld en sonder n sak vol verontskuldigings staan ek dan teenoor die Anne van elke dag en kyk na wat sy goed en wat sy sleg doen. Di selfgevoel laat my nooit los nie en by elke woord wat ek s, weet ek dadelik as dit ges is dit moes anders gewees het of dit is goed soos wat dit is. Ek veroordeel my-self oor so onnoembaar baie dinge en kom al hoe meer agter hoe waar daardie woorde van Vader was: Elke kind moet
homself opvoed. Ouers kan slegs raad of goeie aanwysinge gee; die uiteindelike vorming van iemand se karakter l in sy eie hande.
Daarby kom nog dat ek buitengewoon baie lewensmoed het; ek voel altyd so sterk en asof ek baie kan dra, so vry en so jonk! Toe ek dit vir die eerste keer opgemerk het, was ek bly, want ek glo nie dat ek gou sal buig onder die slae wat elke mens moet verduur nie.
Maar oor hierdie dinge het ek al dikwels geskryf. Ek wil nou kom by die hoofstuk Vader en Moeder verstaan my nie. My vader en moeder het my altyd baie bederf, was vir my lief, het my verdedig teen die bure hier bokant ons en het alles ge-doen wat ouers maar kan doen. En tog het ek so lank so ont-settend eensaam gevoel, buitengewoon verwaarloos en misver-staan. Vader het alles wat moontlik is, gedoen om my opstan-digheid te temper, maar dit het niks gebaat nie. Ek het myself genees deur aan myself die verkeerdheid van my optredes voor te hou. Hoe het dit dan gekom dat Vader my in my stryd nooit tot steun was nie, dat hy die bal heeltemal misgeslaan het elke keer as hy die helpende hand uitgesteek het? Vader het die ver-keerde metodes gebruik; hy het altyd met my gepraat soos met n kind wat moeilike kindertye moes deurmaak. Dit klink eien-aardig, want niemand anders as Vader het my altyd sy vertroue geskenk nie en niemand anders as Vader het my die gevoel ge-gee dat ek verstandig is nie. Maar n ding het hy verwaarloos: Hy het naamlik nie daaraan gedink dat my geveg om bo my probleme uit te styg vir my belangriker as enigiets anders was nie.
Ek wou nie van leeftydsverskynsels, ander meisies, gaan vanself oor hoor nie; ek wou nie as n meisie-soos-al-die-ander nie, maar as Anne-op-sigself behandel word, en Pim het dit nie begryp nie. Trouens, ek kan nie aan iemand my ver-troue gee wat my nie ook heelwat van homself vertel nie en omdat ek niks van Pim af weet nie, sal ek nie intieme grond saam met hom kan betree nie. Pim bly altyd by die standpunt
van die ouer vader wat ook eenmaal sulke verbygaande nei-gings gehad het en nie meer met my soos n vriend met n jeugdige kan meeleef nie, hoe ywerig hy dit ook al probeer doen. As gevolg van di dinge het ek my lewensbeskouing en my goeddeurdagte teorie aan niemand anders as aan my dag-boek en n enkele keer aan Margot meegedeel nie. Vir Vader verberg ek alles wat my raak; ek het nooit my ideale met hom gedeel nie en hom willens en wetens van my vervreem.
Ek kon nie anders nie, ek het heeltemal volgens my gevoel gehandel; dit wil s egosties, maar ek het gehandel soos wat dit vir my nodig was om rustig te kon bly. Want die rus en self-vertroue wat ek so wankelrig opgebou het, sal ek weer heelte-mal verloor as ek nou kritiek op my halfvoltooide werk moet deurstaan. En dit het ek selfs nie vir Pim oor nie, hoe hard dit ook al mag klink, want nie alleen het ek Pim nie in my inner-like lewe laat deel nie; ek stoot hom deur my prikkelbaarheid nog verder van my af. Dit is die een punt waaroor ek baie na-dink: Hoe is dit dat Pim my soms so irriteer? So erg dat ek by-na nie met hom kan saamleef nie, dat sy baie liefkosings vir my gemaak lyk, dat ek met rus gelaat wil word en liewer wil h dat hy my n bietjie links moet laat l tot ek weer sekerder teenoor hom staan! Want wat nog steeds aan my knaag, is die selfver-wyt oor die gemene brief wat ek in my opgewondenheid ge-waag het om teen sy kop te gooi. O, hoe moeilik is dit nie om na alle kante toe sterk en moedig te wees nie!
Tog het dit my nie my ergste teleurstelling besorg nie, nee, nog veel meer as oor Vader dink ek oor Peter na. Ek weet baie goed dat ek hom verower het in plaas van omgekeerd. Ek het n droombeeld van hom geskep; het hom gesien as n stil, ge-voelige, liewe seun wat liefde en vriendskap so nodig het! Ek moes n keer my hart uitpraat by n lewende mens. Ek wou n vriend gehad het wat my weer my pad sou help vind. Ek het n moeilike taak volbring en hom stadig maar seker na my toe oorgehaal. Toe ek uiteindelik vriendskaplike gevoelens in hom teenoor my gewek het, het ons vanself tot intimiteite gekom,
wat van naderby beskou nou vir my ongehoord lyk. Ons het oor die mees verborge dinge gepraat, maar oor die dinge waar-van my hart vol was en is, het ons tot nou toe geswyg.
Ek kan nog steeds nie goed uit Peter wys word of hy opper-vlakkig is en of dit skugterheid is wat hom terughou teenoor my nie. Maar dit daar gelaat, ek het n fout begaan deur met intimiteite nader aan hom te kom en alle ander moontlikhede van vriendskap uit te skakel. Hy hunker na liefde en hy hou daagliks meer van my; dit sien ek heel duidelik. Vir hom gee ons ontmoetings bevrediging; uit my verdryf dit alleen maar die drang om weer van voor af n vriendskap met hom te be-gin. Ek raak nooit die onderwerpe aan wat ek so graag aan die lig sou wou bring nie. Ek het Peter meer as wat hyself weet, met geweld na my toe oorgehaal; nou raak hy aan my geheg en ek sien voorlopig nog geen manier om hom weer van my te skei en hom op sy eie bene te laat staan nie. Toe ek al baie gou opgemerk het dat hy geen vriend, soos ek dit verstaan, vir my kon wees nie, het ek daarna gestreef om hom ten minste op te hef uit sy bekrompenheid en hom in sy jeug te laat ontluik.
Want in sy diepste grond is die jeug eensamer as die ouder-dom. Dit is n gesegde wat my uit die een of ander boek byge-bly het en die waarheid daarvan het ek ontdek. Is dit dan waar dat die volwassenes dit hier moeiliker het as die jeug? Nee, dit is beslis nie waar nie. Ouer mense het oor alles n mening en wankel nie meer in wat hulle doen nie. Ons jongeres het dub-bele moeite om ons menings te handhaaf in n tyd waarin alle idealisme verniel en verpletter word, waarin mense hulle van hulle lelikste kant af laat sien en waarin daar getwyfel word aan waarheid en reg en aan God.
Iemand wat dan nog beweer dat die oueres dit hier in die Agterhuis moeiliker het, besef nie in watter groter omvang die probleme op ons afstorm nie. Probleme waarvoor ons miskien veels te jonk is, maar wat hulle aan ons opdring totdat ons na n lang tyd glo dat ons daarvoor n oplossing gevind het, wat meestal nie bestand blyk teen die feite wat dit weer tot niet
maak nie. Dit is die moeilikste van hierdie tyd: ideale, drome, mooi verwagtings het skaars opgekom of hulle word deur die gruwelikste werklikheid totaal verwoes. Dit is n groot wonder dat ek nie al my verwagtings opgegee het nie, want hulle lyk so absurd en onuitvoerbaar. Tog hou ek hulle vas, ondanks alles, want ek glo nog steeds aan die innerlike goedheid van die mens.
Dit is vir my ten ene male onmoontlik om alles te bou op die basis van dood, ellende en verwarring. Ek sien hoe die wreld steeds meer n woestyn word, ek hoor die donder steeds harder aanrol; die donder wat ook ons sal dood, ek voel die leed van miljoene mense, en tog, as ek na die hemel kyk, dink ek dat daar nog n ommekeer na die kant van die goeie sal kom, dat ook hierdie wreedheid sal ophou, dat daar weer rus en vrede in die wreldorde sal kom. Intussen moet ek my ideale hoog hou; in die komende tye kan hulle dalk nog verwe-senlik word!
Anne M. Frank
Vrydag, 21 Julie 1944
