Liewe Kittie
Meneer Broks, die hoofverteenwoordiger van die besigheid, het in Beverwijk aarbeie sommerso op die veiling raakgeloop. Hulle het baie stowwerig en vol sand hier aangekom, maar in groot maat. Nie minder as vier-en-twintig kissies vir die kan-toor en vir ons nie. Die aand is die eerste ses flesse dadelik in-gel en agt potjies konfyt gekook. Die volgende oggend wou Miep vir die kantoor konfyt gekook het.
Om halfeen is die buitedeur gesluit en die kissies afgehaal. n Gestrompel van Peter, Vader en Van Daan op die trap. Anne tap warm water uit die geiser, Margot gaan haal die emmer, all hens on deck! Met n heel vreemde gevoel op my maag het ek die oorvol kombuis binnegestap: Miep, Bep, Kleiman, Jan, Vader, Peter, onderduikers en die versorgingsafdeling, almal deurmekaar en dit in die middel van die dag! Die gordyne en die vensters oop, harde gepraat, deure wat klap! Ek het die be-werasie gekry van opwinding. Skuil ons nog regtig? Dit was
die vraag wat deur my gegaan het; so n gevoel moet n mens h as jy weer jou gesig aan die wreld kan wys.
Die pot was vol, gou boontoe. In ons kombuis aan die tafel het die res van die familie die stengeltjies van die aarbeie staan en afpluk, of liewer: Dit het gelyk of hulle dit doen, want meer aarbeie het by die monde ingegaan as wat in die emmer beland het. Nog n emmer was weldra nodig. Peter is weer na die on-derste kombuis toe. Die voordeurklokkie het twee maal gelui, die emmer het bly staan, Peter het boontoe gehol en die deur is gesluit. Ons het getrappel van ongeduld, die kraan moes toe bly en die half gewaste aarbeie het nog op hul bad gewag, maar die rel is gehandhaaf dat alle krane toe moet wees as daar iemand in die huis is, as gevolg van die lawaai wat die wa-tertoevoer maak.
Om eenuur het Jan gekom en ges dat dit die posbode was. Peter het die trap weer afgehardloop. Trieng! Weer die deur-klokkie. Peter het n regsomkeer gemaak. Ek het gaan luister of iemand aan die kom was, eers by die kasdeur en toe boaan die trap. Ten slotte het Peter en ek soos twee diewe oor die leuning gehang en na die lawaai geluister wat van onder af gekom het. Geen vreemde stem nie, Peter het saggies die trap afgeloop, halfpad gaan staan en geroep: Bep! Nog n keer: Bep! Die lawaai in die kombuis was harder as Peter se stem. Toe hard-loop hy die trap af en die kombuis binne. Ek het gespanne staan en afkyk.
Maak dat jy bo kom, Peter, die rekenmeester is hier, jy moet weg wees! Die stem van Kleiman. Sugtend kom Peter bo. Die kasdeur gaan toe.
Eindelik om halftwee het Kugler gekom: O, my hemel, ek sien niks anders meer as aarbeie nie, aarbeie vir ontbyt, Jan eet aarbeie, Kleiman smul aan aarbeie, Miep kook aarbeie, Bep pluk aarbeie skoon, ek ruik aarbeie, ek wil wegkom van die rooi goedjies en kom boontoe, en wat doen hulle hier? Was aarbeie!
Die res van die aarbeie is ingel. Die aand is die deksels van twee flesse af. Vader het gou daarvan konfyt gekook. Die vol-
gende oggend: twee flesse oop. Die middag: vier flesse oop. Die water waarmee Van Daan hulle gesteriliseer het, was nie warm genoeg nie. Nou kook Vader elke aand konfyt. Ons eet pap met aarbeie, karringmelk met aarbeie, toebroodjies met aarbeie, aarbeie as nagereg, aarbeie met suiker, aarbeie met sand. Twee dae lank was daar oral aarbeie, aarbeie, aarbeie en toe was die voorraad op of in potjies agter slot en grendel.
Hoor hier, Anne, het Margot geroep. Ons het agtien pond ertjies van mevrou Van Hoeven gekry.
Dit is gaaf van haar, het ek geantwoord. Dit is inderdaad gaaf, maar die werk daaraan  oei!
Julle moet Saterdagoggend almal help om die ertjies uit te dop, het Moeder aan tafel aangekondig. En werklik, vanog-gend na die ontbyt het die grootste emaljebak tot aan die rand gevul met ertjiepeule op die tafel verskyn. Om hulle uit te dop is al n vervelige werk, en dan praat ek nie eens van die uithaal van die binneste velletjie van die peul nie. Ek dink dat die meeste mense nie weet hoe vitamienryk, lekker en sag die peule van ertjies is as die velletjie daaruit gehaal is nie. Di drie voordele weeg egter nie op teen die feit dat die porsie wat geet kan word, drie maal so groot is as wanneer jy net die ertjies eet nie.
Om ertjies uit te dop, is n buitengewoon noukeurige en peuterige werkie, wat miskien vir pedante tandartse of presiese speserydeskundiges geskik is; vir n bakvissie is dit verskriklik. Om halftien het ons begin, om halfelf het ek gaan sit, om elf-uur het ek weer opgestaan, om halftwaalf het ek gaan sit. Dit het gegons in my ore: hoekie knak, peul uitdop, peul in die bak, hoekie knak, peul uitdop, peul in die bak, ensovoorts, ensovoorts. Dit draai voor my o: groen, groen, wurmpie, draadjie, vrot peul, groen, groen, groen. Van lamlendigheid, om tog iets te doen, praat ek die hele oggend die grootste on-sin wat daar bestaan, laat almal lag en voel myself vergaan van stompsinnigheid.
Met elke draadjie wat ek van die peul aftrek, weet ek beter as ooit dat ek nooit, nooit net n huisvrou wil wees nie!
Om twaalfuur het ons eindelik ontbyt geet, maar van half-een tot kwart oor moes ons weer velletjies trek. Ek is omtrent seesiek as ons ophou, die ander ook n bietjie. Ek gaan slaap tot vieruur, maar is nog steeds in die war van daardie ellendige ertjies.
Anne M. Frank
Saterdag, 15 Julie 1944
