Liewe Kittie
n Koue hand vat om my hart as Peter s dat hy later dalk n misdadiger gaan word of gaan spekuleer. Alhoewel dit natuur-lik as n grap bedoel is, het ek tog die gevoel dat hy self bang is vir sy karakterswakheid. Aanhoudend hoor ek sowel van Margot as van Peter: Ja, as ek maar so sterk en moedig was soos jy, as ek my wil so presies kon deurvoer, as ek soveel standhoudende energie gehad het, ja dan !
Is dit werklik so n goeie eienskap dat ek my nie laat ben-vloed nie? Is dit so goed dat ek byna uitsluitend die weg van my gewete volg? Om die waarheid te s, kan ek my nie goed voorstel dat iemand kan s: Ek is swak, en dan ook swak bly nie. As n mens so iets tog al weet, waarom veg jy dan nie daar-teen nie, waarom ontwikkel jy dan nie jou karakter nie? Die antwoord was: Omdat dit soveel makliker is! Di antwoord het my n bietjie mismoedig gemaak. Maklik? Beteken n lui en bedrieglike lewe dat dit ook n maklike lewe is? O nee, dit kan nie waar wees nie; dit moenie wees dat maklik en  geld so gou kan verlei nie. Ek het lank gedink oor watter antwoord ek moet gee, hoe ek Peter daartoe moet bring om in homself te glo en veral om homself te verbeter; of ek die regte aanvoeling gehad het, weet ek nie. Ek het my so dikwels voorgestel hoe heerlik dit sal wees as iemand my sy vertroue skenk, maar nou, noudat dit gebeur het, sien ek eers hoe moeilik dit is om soos
die ander een te dink en dan di antwoord te vind. Veral omdat die begrippe maklik en geld vir my iets volkome vreemds en nuuts is.
Peter begin om n bietjie op my te steun en dit mag onder geen omstandighede gebeur nie. Om op jou eie bene in die lewe te staan, is moeilik, maar dis nog moeiliker om alleen te staan met karakter en siel en tog nog standvastig te bly. Ek dobber maar so n bietjie rond, soek al dae lank na n afdoende middel teen die vreeslike woord maklik. Hoe kan ek aan Peter duidelik maak dat wat so maklik en mooi lyk, hom in die diepte sal aftrek; die diepte waar geen vriende, geen steun en niks moois meer is nie; die diepte waaruit opstaan omtrent on-moontlik is?
Ons leef almal, maar weet nie waarom en waarvoor nie; ons leef almal met die doel om gelukkig te wees; ons leef almal ver-skillend en tog dieselfde. Ons drie is in n goeie kring binne die samelewing opgevoed, ons kan leer, ons kan iets bereik, ons het alle rede om op geluk te hoop, maar  ons moet dit self verdien. En dit kan nooit maklik bereik word nie. Geluk ver-dien beteken om daarvoor te werk en goed te doen en nie te spekuleer en lui te wees nie. Luiheid mag aantreklik lyk, werk gee bevrediging.
Mense wat nie daarvan hou om te werk nie, kan ek nie be-gryp nie, maar dit is nie by Peter die geval nie; hy het net nie n vaste doel voor o nie en dink hy is te dom en te onbedui-dend om in iets te presteer. Arme seun, hy het nooit ervaar hoe dit voel om ander gelukkig te maak nie en dit kan ek hom ook nie leer nie. Hy het geen geloof nie; praat spottend oor Jesus Christus, gebruik die naam van God as vloekwoord. Alhoewel ek ook nie ortodoks is nie, maak dit my elke keer opnuut seer as ek merk hoe verlate, hoe minagtend, hoe arm hy is.
Mense wat gelowig is, kan bly wees, want dit is nie aan elk-een gegee om aan die boaardse dinge te glo nie. Dit is nie eers nodig om bang te wees vir strawwe na die dood nie; die vae-vuur, die hel en die hemel is begrippe waarvoor baie terug-
deins, maar tog hou die een of ander godsdiens  maak nie saak watter nie  die mens op die regte pad. Dit is nie vrees vir God nie, maar die hoog hou van eie eer en gewete. Hoe mooi en goed sou alle mense nie gewees het nie as hulle elke aand voordat hulle aan die slaap raak die gebeurtenisse van die hele dag voor die gees roep en dan presies nagaan wat goed en wat sleg was aan hul eie optrede. Onwillekeurig sal jy dan elke dag van voor af probeer om jouself te verbeter; heel waarskynlik sal jy met verloop van tyd heelwat bereik. Di middeltjie is daar vir elkeen se gebruik; dit kos niks en is beslis baie nuttig. Want wie dit nie weet nie, moet dit leer en ervaar: n Rustige ge-wete maak sterk!
Anne M. Frank
Saterdag, 8 Julie 1944
