Liewe Kittie
Slegte weer of bad weather from one at a stretch to the thirty June. Is dit nie knap nie? O ja, ek ken al n mondjievol Engels; om dit te bewys lees ek An ideal husband met die woordeboek!
Gaan uitstekend met die oorlog: Bobroisk, Mogilef en Orsja het geval; baie gevangenes.
Hier is alles all right. Ons stemminge verbeter; ons hiper-optimisme triomfeer, die Van Daans gol met die suiker, Bep het haar kapsel verander en Miep het n week vry. Dit is die jongste nuus!
Ek het n aaklige senuweebehandeling ondergaan en nogal aan n voortand. Dit was ontsettend seer; so erg dat Dussel
* Leier van die NSB-party in Nederland.
selfs gedink het dat ek gaan flou val en ek was nie ver daarvan-daan nie. Onmiddellik het Mevrou ook tandpyn gehad!
Anne M. Frank
Ns. Ons het uit Basel gehoor dat Bernd die rol van herbergier in Minna von Barnhelm gespeel het. Knstlerneigungen, s Moeder.
Donderdag, 6 Julie 1944
