Liewe Kittie
Margot en ek was vandag saam op die solder. Ek kan dit saam met haar tog nie so geniet as wat ek my voorstel dit saam met Peter (of iemand anders) die geval sou gewees het nie. Ek weet darem dat sy oor die meeste dinge net soos ek voel!
By die opwas het Bep met Moeder en mevrou Van Daan oor haar mismoedigheid begin praat. Hoe het die twee haar gehelp? Veral ons taktlose moeder help n mens van die wal in die sloot. Weet jy watter raad sy vir Bep gegee het? Sy moes maar aan al die ander mense dink wat ondergaan in hierdie wreld! Vir wie is die gedagte aan ellende nou tot hulp as hy self ellendig voel? Dit het ek ook ges. Die antwoord was na-tuurlik dat ek oor sulke dinge nie kon saampraat nie.
Is die volwassenes tog nie belaglik en dom nie! Asof Peter, Margot, Bep en ek nie almal dieselfde voel nie en al wat daar-teen help, is moederliefde of liefde van baie, baie goeie vriende.
Maar die twee moeders hier het nie n greintjie begrip vir ons nie! Mevrou Van Daan miskien nog meer as Moeder. O, ek sou so graag iets vir die arme Bep wou ges het; iets wat ek uit er-varing weet wat help. Maar Vader het tussenin gekom en my ru opsy gestoot. Hoe dom is hulle nie almal nie!
Met Margot het ek ook nog oor Vader en Moeder gepraat. Hoe aangenaam sou ons nie hier kon saamwees as hulle nie tot soveel ergernis aanleiding gegee het nie. Ons sou aande kon organiseer waartydens elkeen om die beurt oor n onderwerp kon praat. Maar daar l juis die knoop: Ek kan nie hier praat nie! Meneer Van Daan val aan, Moeder word skerp en kan oor niks gewoonweg praat nie, Vader het daar geen sin in nie, net so min as meneer Dussel, en Mevrou word altyd so aangeval dat sy daar sit met n rooi gesig en haar byna nie meer kan ver-weer nie. En ons? Ons mag geen oordeel h nie! Ja, hulle is vreeslik modern! Geen oordeel h nie! n Mens kan s jy moet jou mond hou, maar nie n oordeel h nie, bestaan nie. Nie-mand kan iemand anders sy oordeel verbied nie, al is die ander ook hoe jonk! Vir Bep, Margot, Peter en my help slegs n groot en toegewyde liefde wat ons al drie nie hier kry nie. En nie-mand, veral nie die onnosele wyses hier, kan ons begryp nie, want ons is veel gevoeliger en in ons denke veel meer gevor-derd as wat iemand hier in die verste verte sou vermoed!
Liefde, wat is liefde? Ek glo dat liefde iets is wat eintlik nie in woorde vasgevang kan word nie. Liefde is iemand begryp, van iemand hou, geluk en ongeluk met hom deel. En daarby hoort op die duur ook die liggaamlike liefde, jy het iets gedeel, iets weggegee en iets ontvang, of jy nou getroud of ongetroud is, of jy n kind kry of nie. Of jou eer weg is of nie, dit kom nie daarop aan nie, solank jy maar weet dat vir jou hele verdere lewe daar iemand langs jou staan wat jou begryp en wat jy met niemand hoef te deel nie!
Anne M. Frank
Op die oomblik sit Moeder weer en mor; sy is sigbaar jaloers dat ek meer met mevrou Van Daan praat as met haar. Wat gee ek om!
Vanmiddag het ek Peter te sien gekry. Ons het minstens n driekwartier gesels. Dit kos Peter baie moeite om oor homself te praat, maar langsamerhand het hy tog dinge kwytgeraak. Ek het regtig nie geweet wat die beste was, om ondertoe te gaan of bo te bly nie. Maar ek wou hom so graag help! Ek het hom vertel van Bep en dat die twee moeders so taktloos is. Hy het vertel dat sy ouers altyddeur rusie maak, oor politiek en siga-rette en oor heelwat meer. Soos ek ges het, was Peter erg ver-le, maar tog nie so dat hy nie kon erken dat hy sy ouers vir twee jaar nie sou wou sien nie. My vader is werklik nie so gaaf soos wat hy lyk nie, het hy ges, maar wat die sigarette be-tref, is my moeder absoluut reg. Ek het hom ook van my moeder vertel. Maar Vader het hy verdedig. Hy dink Vader is n gawe vent!
Toe ek vanaand my voorskoot opgehang het, het hy my ge-roep en gevra dat ek niks van ons gesprek onder moet vertel nie; dat sy ouers weer rusie gemaak het en nie met mekaar praat nie. Ek het hom dit beloof, alhoewel ek dit al aan Margot vertel het. Maar ek is daarvan oortuig dat Margot haar mond sal hou.
Nee, Peter, het ek ges, jy hoef nie bang te wees nie. Ek het afgeleer om sulke dinge oor te vertel. Ek sal niks s van wat jy my vertel nie.
Daaroor was hy bly. Ek het hom ook vertel hoe erg ons skinder. Margot is natuurlik reg as sy s dat ek nie eerlik is nie, want al wil ek nie meer skinder nie, doen ek dit nog veels te graag oor meneer Dussel.
Dit is mooi van jou, het hy ges. Hy het n rooi kleur ge-kry en ek het ook byna verle geword oor die goedbedoelde kompliment.
Toe het ons ook gepraat van onder en bo. Peter was werklik n bietjie verbaas dat ons nog steeds nie baie van sy ouers gehou het nie. Peter, het ek ges, jy weet dat ek eerlik is. Waarom sal ek dit nie aan jou vertel nie? Ons ken hulle foute tog ook.
Ek het ook nog ges: Peter, ek sou jou so graag wil help, kan ek dit nie doen nie? Jy sit hier so tussen hulle en ek weet, al s jy dit nie, dat jy jou dit aantrek.
O, ek sal altyd van jou hulp gebruik wil maak.
Miskien kan jy liewer na Vader toe gaan. Hy vertel ook niks nie; met hom kan jy gerus praat, hoor!
Ja, hy is n gawe en ware maat.
Jy hou baie van hom, n? Peter het geknik en ek het ver-volg: Nou ja, hy hou ook van jou, hoor!
Hy het vinnig en blosend opgekyk. Dit was werklik ontroe-rend hoe bly hy oor die paar woorde was.
Dink jy so? het hy gevra.
Ja, het ek ges, dit kan n mens aflei uit wat hy so af en toe kwytraak.
Toe het meneer Van Daan gekom om te dikteer. Peter is be-slis net soos Vader n gawe vent!
Anne M. Frank
Vrydag, 3 Maart 1944
