Liewe Kittie
Hier is niks besonders aan die gang nie. Die Engelse het met die groot aanval op Cherbourg begin. Volgens Pim en Van Daan is ons op 10 Oktober beslis vry. Die Russe neem deel aan die aksie; hulle offensief het gister by Witebsk begin. Dit is op die dag af presies drie jaar na die Duitse inval.
Bep se gemoedstemming is nog steeds onder nul. Ons het byna geen aartappels nie. In die vervolg wil ons die aartappels vir al agt van ons aftel, dan kan elkeen sien kom klaar. Miep neem Maandag vir n week vakansie. Kleiman se dokters het niks op die rntgenfoto gekry nie. Hy weifel tussen opereer of dinge hul loop laat neem.
Anne M. Frank
Dinsdag, 27 Junie 1944
