Liewe Kittie
Mevrou is wanhopig, praat van n koel deur die kop, gevange-nis, ophang en selfmoord. Sy is jaloers daarop dat Peter sy ver-troue aan my en nie aan haar skenk nie. Sy is beledig dat Dus-sel nie voldoende op haar flirtasies reageer nie, bang dat haar man al die geld van die pelsjas oprook, maak rusie, skel, bekla haar lot, lag en begin dan weer met n rusie. Wat moet jy met so n snotterende en mal eksemplaar van n mens aanvang? Sy word deur niemand ernstig opgeneem nie, karakter het sy nie, sy kla by almal en loop rond as von hinten Lyceum, von vorne Museum*. Daarby is die ergste dat Peter as gevolg van haar astrant word, meneer Van Daan prikkelbaar en Moeder sinies. Ja, ek moet s, dis n toestand! Daar is net een rel wat n mens voor o moet hou: Lag oor alles en steur jou nie aan die ander nie! Dit lyk egosties, maar is in werklikheid die enigste ge-neesmiddel vir selfbejammering.
Kugler moet vir vier weke gaan spit in Alkmaar; hy probeer om daarvan los te kom met n doktersertifikaat en n Opekta-brief. Kleiman wil gou sy operasie ondergaan. Gisteraand is alle privaat telefone afgesny.
Anne M. Frank
* Jonk van agter, oud van voor.
Vrydag, 23 Junie 1944
