Liewe Kit
My verjaarsdag is weer verby, dus is ek vyftien. Ek het nogal baie gekry: die vyf dele van Springer se kunsgeskiedenis, n stel-
letjie onderklere, twee gordels, n sakdoek, twee flessies jogurt, n potjie konfyt, twee klein heuningkoeke, n plantkundeboek van Vader en Moeder, n dubbele armband van Margot, n Patria-boek van die Van Daans, pronkertjies van Dussel, lek-kergoed van Miep, lekkergoed en aantekeningboeke van Bep en n hoogtepunt: die boek Maria Theresia en drie snye volvet-kaas van Kugler. Van Peter het ek n pragtige bos pioenrose ge-kry; die jongman het soveel moeite gedoen om iets te kry, maar niks het geslaag nie.
Met die inval gaan dit nog steeds uitstekend, ondanks die miserabele weer, die tallose storms, die stortbuie en die onstui-mige see. Churchill, Smuts, Eisenhower en Arnold was gister in die Franse dorpe wat deur die Engelse verower en bevry is. Churchill was op n torpedoboot wat na die kus geskiet het; dit lyk of die man soos soveel manne geen vrees ken nie.
Benydenswaardig!
Die stemming in Nederland kon vanuit ons Agterfort nie gepeil word nie. Ongetwyfeld is die mense bly dat die niks-doende(!) Engeland nou vir n slag die moue oprol. Hoe on-regverdig hulle redenasies is, besef die mense nie as hulle maar weer en weer s dat hulle nie n Engelse besetting hier wil h nie. Alles in aanmerking geneem, kom dit hierop neer: Enge-land moet veg, stry en sy seuns vir Nederland en die ander be-sette gebiede opoffer. Die Engelse moenie in Nederland bly nie, moet Nederland en al die besette state hul onderdanigste verskonings aanbied, moet Indi aan die oorspronklike eienaar teruggee en dan verswak en verarm na Engeland terugkeer. Arme sukkelaar wat dit vir hom so voorstel en tog, soos ek ges het, moet baie Nederlanders tot die sukkelaars gereken word. Wat, wil ek vra, sou van Nederland en die naburige lande geword het as Engeland die vrede wat so dikwels moont-lik was, met Duitsland geteken het? Nederland sou Duits ge-word het en daarmee basta!
Alle Nederlanders wat nou nog op die Engelse neersien, Engeland en sy oumanne-regering beskimp, Engeland lafhar-
tig noem, maar tog die Duitsers haat, moet n keer opgeskud word net soos wat n mens n kussing opskud; miskien sal hulle verwarde harsings dan in die regte plooi gaan l!
Baie wense, baie gedagtes, baie beskuldiginge en baie ver-wyte spook in my kop rond. Ek dink werklik nie soveel van my-self as wat mense veronderstel nie; ek ken my tallose foute en ge-breke beter as wie ook al, maar met di verskil dat ek ook weet dat ek my wil verbeter, sal verbeter en my al baie verbeter het!
Hoe is dit dan, vra ek myself so dikwels af, dat almal my nog steeds so ontsettend eiewys en onbeskeie vind? Is ek so eiewys? Is ek regtig so of is die ander dalk ook so? Dit klink belaglik, dit besef ek, maar ek gaan my laaste sin nie doodtrek nie, omdat dit regtig nie so belaglik is nie. Mevrou Van Daan en Dussel, my vernaamste beskuldigers, staan altwee bekend as volkome onintelligent en, laat ek my maar uitpraat, dom! Dom mense kan dit meesal nie sluk as ander mense iets beter doen as hulleself nie; die beste voorbeeld daarvan is inderdaad die twee dom mense, mevrou Van Daan en Dussel. Mevrou dink ek is dom omdat ek nie so erg aan die kwaal ly as sy nie, sy dink ek is onbeskeie omdat sy dit nog meer is, sy dink my rokke is te kort omdat hare nog korter is, sy dink ek is eiewys omdat sy dubbel soveel oor onderwerpe saampraat waarvan sy geen begrip het nie.
Dieselfde geld vir Dussel. Maar een van my geliefkoosde spreekwoorde is waar n rokie trek, is n vuurtjie, en ek gee dus ook geredelik toe dat ek eiewys is.
Maar nou is dit ook so dat die lastige kant van my geaard-heid is dat ek deur niemand soveel berispe en uitgeskel word as deur myself nie. As Moeder nog haar deel aan raadgewings daarby voeg, word die hoop preke so onoorkombaar dat ek in wanhoop om nog daaroor te kom, parmantig word en begin tepraat en dan kom die al so ou bekende Anne-refrein weer by my op: Niemand begryp my ook nie!
Di woorde sit in my vas en hoe onwaar dit ook al mag lyk, daar is n tikkie waarheid in. My selfbeskuldigings neem dik-
wels so n omvang aan dat ek smag na n troostende stem wat hulle weer tot normale grootte sal terugbring en ook n bietjie oor my binneste besorg sal wees, maar helaas, ek het lank ge-soek, maar ek het hom nog nie gevind nie.
Ek weet dat jy nou aan Peter dink, n Kit? Dit is so, Peter hou van my, nie as n verliefde nie, maar as n vriend, sy toege-neentheid styg by die dag, maar wat die geheimsinnige iets is wat ons albei tehou, weet ek nie. Soms dink ek dat daardie verskriklike verlangens van my na hom oordrewe was, maar dit is tog werklik nie so nie, want as ek n slag vir twee dae nie bo was nie, verlang ek net so hewig na hom as vantevore. Peter is goed en dierbaar, maar tog mag ek nie daaroor jok nie, hy stel my in baie opsigte teleur. Veral sy afkeer van die godsdiens, die manier waarop hy oor kos praat en nog meer dergelike uiteen-lopende dinge geval my nie. Tog is ek vas oortuig daarvan dat ons na ons eerlike ooreenkoms nooit rusie sal kry nie. Peter is vredeliewend, verdraagsaam en toegeeflik. Hy laat my toe om veel meer vir hom te s as wat hy sy moeder veroorloof. Hy probeer hardnekkig om die inkvlekke uit sy boeke te haal en sy sake te orden. Maar tog, waarom bly sy binneste binne en mag ek nooit daaraan raak nie? Hy is veel meer geslote van aard as ek, maar ek weet nou regtig uit praktiese ervaring (dink aan die teoretiese Anne wat steeds weer vorendag kom) dat selfs di geslote persoonlikhede soms net so sterk en selfs nog ster-ker na n vertroueling verlang. Peter en ek het albei ons den-kende jare in die Agterhuis deurgebring, ons praat baie oor die toekoms, verlede en hede, maar soos ek al ges het: ek mis sy ware self en tog weet ek seker dat dit daar is!
Is dit omdat ek so lank nie my neus by die deur kon uitsteek nie dat ek so dol geword het oor alles wat natuur is? Ek weet nog baie goed dat n stralende blou hemel, singende vols, maanskyn en bloeiende blomme my aandag vroer nie lank kon vashou nie. Hier het dit anders geword. Ek het byvoor-beeld met Pinkster, toe dit so warm was, my o saans met ge-weld oopgehou om die maan om halftwaalf by die oop venster vir n keer alleen en goed te kan bekyk. Die opoffering het, he-
laas, op niks uitgeloop nie, omdat die maan te veel lig versprei het en ek dit nie kon waag om die venster oop te maak nie.
Op n ander keer, ook al weer n hele paar maande gelede, was ek toevallig bo toe die venster oopgestaan het. Ek het nie ondertoe gegaan voordat die lugtyd verby was en die venster toegemaak moes word nie. Die donker renerige aand, die storm, die jagende wolke het my in hul mag gevange gehou; eers na een en n halwe jaar het ek die nag weer van aangesig tot aangesig gesien. Na daardie aand was my verlange om dit nog een maal te sien groter as my angs vir diewe, n donker huis vol rotte en my vrees om oorval te word. Ek het heeltemal al-leen ondertoe gegaan en na buite gekyk deur die venster van die privaat kantoor en die kombuis. Baie mense vind die natuur mooi, baie slaap soms onder die blote hemel, baie verlang in gevangenisse en hospitale na die dag waarop hulle weer vrylik van die natuur sal kan geniet, maar min is met hulle verlangens so afgesluit soos ons van dit wat vir ryk en arm dieselfde is.
Dit is nie verbeelding dat die sien van die hemel, die wolke, die maan en die sterre my rustig en afwagtend maak nie. Dit is n veel beter middel as valeriaan en bromied*, die natuur maak my klein en gereed om alle aanslae moedig die hoof te bied! Dit moes so gebeur dat ek die natuur nie anders as soms by uitsondering deur aangeslaande en vuil gegordynde vensterrui-te mag sien nie, en om daardeur te kyk is nie meer n plesier nie. Die natuur is al wat werklik geen surrogaat kan verdra nie!
Die een vraag wat my steeds meer besig hou en nie met rus laat nie, is waarom die vrou vroer en ook nou nog dikwels n mindere plek inneem as die man. Almal kan s dat dit onreg-verdig is, maar daarmee is ek nie tevrede nie; ek wil die rede weet vir di groot onreg. n Mens kan aanneem dat die man deur sy groter liggaamskrag van die begin af die heerskappy oor die vrou gevoer het; die man wat verdien, die man wat kinders verwek, die man wat alles mag doen  Dit was dom
* Kalmeermiddels.
genoeg van al die vrouens dat hulle dit so lank sommer so stil-weg aanvaar het, want vir hoe meer eeue hierdie rel voortleef, hoe vaster bly dit gewortel. Gelukkig het die vrou se o deur skool, werk en ontwikkeling n bietjie oopgegaan. In baie lande het die vrou gelyke regte gekry; baie mense, veral vroue, maar ook mans, sien nou in hoe verkeerd hierdie bedeling in die wreld vir so n lang tyd was en moderne vroue wil die reg op volle onafhanklikheid h!
Maar dit gaan nie net daarom nie; daar moet waardering vir die vrou kom! In die algemeen word die man in alle wreld-dele hoog geag, waarom mag die vrou nie die eerste wees om daarin te deel nie? Soldate en oorlogshelde word vereer en ge-vier, ontdekkers ontvang onsterflike roem, martelare word aan-bid, maar hoeveel van die ganse mensdom beskou ook die vrou as n soldaat? In die boek Strijders voor het leven staan iets wat my baie getref het; dit lui so ongeveer dat vroue in die al-gemeen meer siekte en meer ellende, net al deur die kry van kinders, deurmaak as watter oorlogsheld ook. En wat kry sy as beloning vir die sukses waarmee sy al die pyn deurstaan het? Sy word in n hoek gedruk as sy deur die geboorte geskaad is, haar kinders is baie gou nie meer hare nie, haar skoonheid is weg. Vrouens wat stry en pyn ly vir die voortbestaan van die mensdom is veel dapperder, veel moediger soldate as baie vry-heidshelde met hulle groot monde!
Ek wil hiermee glad nie s dat vrouens hulle moet verset teen die kry van kinders nie, inteendeel, daarop is die natuur ingestel en so is dit goed. Ek veroordeel net die mans en die hele wreldorde wat nooit erkenning wil gee aan die groot en moeilike maar ook mooi deel wat die vrou tot die maatskappy bydra nie.
Paul de Kruif, die skrywer van bovermelde boek, het meer as my volle instemming as hy s dat mans moet leer dat n ge-boorte opgehou het om iets natuurliks en gewoons te wees in die dele van die wreld wat beskaafd genoem wil word. Die mans kan so maklik praat; hulle het en sal nooit die narighede wat n vrou moet dra, hoef te dra nie.
Ek glo dat die siening dat dit die vrou se plig is om kinders te kry, in die loop van die volgende eeu wel sal verander en plek sal maak vir waardering en bewondering vir haar wat sonder om te kla en sonder groot woorde die laste op haar skouers neem!
Anne M. Frank
Vrydag, 16 Junie 1944
