Liewe Kittie
Dit is miskien vir jou vermaaklik (vir my allermins) om te hoor wat ons vandag gaan eet. Op die oomblik sit ek, omdat die poetsvrou onder is, aan die seildoektafel by Van Daan met n sakdoek in my mond en teen my neus gedruk wat deurdrenk is van welriekende parfuum van voor die skuiltyd. Jy sal nie veel daarvan snap nie, dus weer by die begin begin. Omdat ons koeponleweraars gevang is, het ons behalwe ons swart-markkaarte vir lewensmiddele, geen koepons meer nie en geen vet nie. Omdat Miep en Kleiman weer siek is, kan Bep geen inkopies doen nie, en omdat die hele stemming mistroostig is, is die etes ook. Van mre af het ons geen stukkie vet, botter of margarien meer nie. Ons eet vir ontbyt nie meer gebakte aar-tappels (broodbesparing) nie, maar pap, en omdat Mevrou dink dat ons verhonger, het ons ekstra volroommelk gekoop. Ons middagete is boerekoolbredie uit die vat. Vandaar die voorsorgmaatrels met die sakdoek. Dis ongelooflik hoe boe-rekool wat al n paar jaar oud is, kan stink! Dit ruik hier in die kamer na n mengsel van bedorwe pruime, skerp preserveer-middel en vrot eiers. Ba, ek word al mislik van die gedagte dat
ek die brousel moet eet! Hierby kom nog dat ons aartappels sulke vreemdsoortige siektes opgedoen het dat een van die twee emmers daarvan in die kaggel beland het. Ons vermaak onsself deur te spekuleer watter van die verskillende siektes hulle gekry het en het tot die slotsom gekom dat kanker, pokke en masels mekaar afwissel. Ja-nee, dis geen pret om die vierde oorlogsjaar in n skuilplek deur te bring nie. As die hele ellen-dige toestand tog maar verby was!
As ek eerlik moet wees, sou ek my nie soveel aan die ete ge-steur het as dit hier plesieriger was nie! Daar sit die knoop: Ons begin almal om hierdie saai lewe onaangenaam te maak. Hier volg die mening van vyf volwasse onderduikers oor die huidige toestand (ek het my vir hierdie n keer daaraan gehou dat die kinders geen mening het nie):
Mevrou Van Daan: Die rol van kombuisprinses staan my al lankal nie meer aan nie. Sit en niks te doen h nie is vervelig, dus kook ek maar weer en tog moet ek kla: Om sonder vet te kook, is onmoontlik; ek word mislik van al die walglike reu-kies. Niks behalwe ondankbaarheid en geskreeu nie is die loon vir my moeite. Ek is altyd die swart skaap wat die skuld vir alles kry. Verder is ek van mening dat die oorlog nie veel voor-uitgang maak nie; die Duitsers sal op die ou end tog die oor-winning behaal. Ek is vreeslik bang dat ons sal verhonger en jak almal af as ek in n slegte bui is.
Meneer Van Daan: Ek moet rook, rook, rook, dan is etes, po-litiek en Kerli se humeur nie so erg nie. Kerli is n liewe vrou. As ek nie kan rook nie, word ek siek en dan moet ek vleis kry, anders is die lewe te sleg, is niks goed nie en volg daar beslis n hoogopvlammende rusie. n Verskriklike dom mens is die Kerli van my.
Mevrou Frank: Die etes is nie so belangrik nie, maar nou sal ek tog n snytjie rogbrood wou h, want ek is vreeslik honger. As ek mevrou Van Daan was, het ek al lankal n stokkie voor die ewige gerook van Meneer gesteek. Maar nou moet ek be-
slis n sigaret h, want my kop voel snaaks. Die Van Daans is verskriklike mense; die Engelse maak baie foute, maar die oor-log gaan vooruit. Ek moet met iemand praat en bly wees dat ek nie in Pole is nie.
Meneer Frank: Dit gaan goed, ek het niks nodig nie. Rustig maar, ons het genoeg tyd. Gee my my aartappels, dan hou ek my mond. Van my rantsoen gaan ek gou vir Bep n paar opsy sit. Die politiek verloop uitstekend; ek is baie optimisties.
Meneer Dussel: Ek moet my dagtaak voltooi; alles betyds klaarkry. Met die politiek gaan dit oitstekend, dat ons gevang sal word, is unmoontlik. Ek, ek, ek !
Anne
Donderdag, 16 Maart 1944
