Liewe Kittie
Dit is heel waarskynlik dat ek jou nogal met my langdradige woningbeskrywing verveel het, maar tog vind ek dit noodsaak-lik dat jy weet waar ek beland het; hoe ek hier beland het, sal jy wel uit die volgende briewe agterkom.
Nou eers die vervolg van my verhaal, want dat ek nog nie klaar is nie, weet jy. By Prinsengracht 263 aangekom, het Miep ons gou deur die lang gang geneem, die houttrap op, reguit boontoe, die Agterhuis in. Sy het die deur agter ons gesluit en ons was alleen. Margot het met die fiets baie gouer as ons aan-gekom en het al op ons gewag.
Ons woonkamer en al die ander kamers was so vol rommel dat dit nie beskryf kan word nie. Al die kartondose wat in die loop van die voorafgaande maande na die kantoor gestuur is, het op die grond of op die beddens gestaan. Die klein kamer-tjie was tot aan die plafon vol met beddegoed. As ons die nag op behoorlik opgemaakte beddens wou slaap, moes ons dade-lik begin om die gemors op te ruim. Moeder en Margot was nie in staat om n vinger te lig nie, hulle het op die kaal matras-se gel, moeg, lamlendig en ek weet nie wat nog meer nie, maar Vader en ek, die twee opruimers in die gesin, wou dade-lik begin.
Ons het die hele dag deur dose uitgepak, kaste ingepak, ge-kap en opgeruim, totdat ons die aand doodmoeg in ons skoon beddens neergeval het. Die hele dag het ons geen warm ete ge-had nie, maar dit het ons nie gehinder nie; Moeder en Margot was te moeg en te oorspanne om te eet, Vader en ek het te veel werk gehad.
Dinsdagoggend het ons begin waar ons Maandag opgehou het. Bep en Miep het kruideniersware met ons rantsoenkoe-pons vir lewensmiddele gaan koop, Vader het aan ons ontoe-reikende verduisteringskerms gewerk, ons het die kombuis-vloer geskrop en was weer van die oggend tot die aand aan die werk. Tyd om na te dink oor die groot verandering wat daar in my lewe gekom het, het ek tot Woensdag byna nie gehad nie. Toe eers het ek vir die eerste keer die geleentheid gekry om jou van al die gebeurtenisse te vertel en om tegelykertyd rekenskap aan myself te gee van wat daar nou eintlik met my gebeur het en wat nog sal kan gebeur.
Anne
Saterdag, 11 Julie 1942
