Liewe Kittie
Met die inval gaan dit uitmuntend! Die Geallieerdes het Bayeux, n dorpie aan die Franse kus, ingeneem en veg nou om Caen. Dit is duidelik dat die bedoeling is om die skiereiland waarop Cherbourg l, af te sny. Elke aand vertel die oorlogs-korrespondente van die moeilikhede, moed en geesdrif van die ler. Daarby word ook die ongelooflikste staaltjies vertel. Ge-wondes wat nou al weer terug is in Engeland het ook oor die mikrofoon gepraat. Ondanks die miserabele weer vlieg hulle vlytig. Ons het deur die BBC te hore gekom dat Churchill saam met die troepe die inval van stapel wou stuur, maar net omdat Eisenhower en van die ander generaals hom afgeraai het, is die plan nie deurgevoer nie. Dink net aan die moed van so n ou man; hy is seker al sewentig jaar!
Hier het die opwinding al n bietjie bedaar. Tog hoop ons dat die oorlog die einde van die jaar verby sal wees; dit is hoog tyd! Mevrou Van Daan se geneul is onuitstaanbaar; noudat sy
ons nie meer met die inval kan gek maak nie, sanik sy die hele dag oor die slegte weer. n Mens het lus en sit haar in n emmer koue water op die bosolder!
Die hele Agterhuis, uitgesonderd Van Daan en Peter, het die trilogie Hongaarse Rapsodie gelees. Die boek gaan oor die lewensgeskiedenis van die komponis, pianis en wonderkind Franz Liszt. Dis baie interessant, maar myns insiens word daar n bietjie te veel oor vroue geskryf. Liszt was nie slegs die grootste en bekendste pianis van sy tyd nie, maar daarbene-wens tot sy sewentigste jaar ook die grootste rokjagter. Hy het verhoudings gehad met die gravin Marie dAgoult, die vorstin Caroline Sayn-Wittgenstein, die danseres Lola Montez, die pianiste Agnes Kingworth, die pianiste Sophie Menter, die Cirkassiese vorstin Olga Janina, die barones Olga Meyendorff, die aktrise Lilla watsenaam, ensovoorts, ensovoorts. Daar kom geen einde aan nie. Die dele van die boek waar dit oor musiek en ander kunste gaan, is veel interessanter. In die boek kom voor: Schumann en Clara Wieck, Hector Berlioz, Johannes Brahms, Beethoven, Joachim, Richard Wagner, Hans von Blow, Anton Rubinstein, Frdric Chopin, Victor Hugo, Honor de Balzac, Hiller, Hummel, Czerny, Rossini, Cheru-bini, Paganini, Mendelssohn, ensovoorts, ensovoorts.
Liszt was eintlik n gawe man, baie vrygewig, nie oordadig wat homself betref nie, hoewel oormatig ydel, hy het almal gehelp, niks hors as die kuns geken nie, was dol oor konjak en vroue, kon dit nie verdra om iemand in trane te sien nie, was n gentleman, kon niemand n guns weier nie, het glad nie omge-gee vir geld nie, het van godsdiensvryheid en die wreld gehou.
Anne M. Frank
Dinsdag, 13 Junie 1944
