Liefste Kittie
This is D-day het die Engelse radio om twaalfuur ges, en tereg: This is the day; die inval het begin!
Vanoggend om agtuur het die Engelse berig oor die swaar bombardering van Calais, Boulogne, Le Havre en Cherbourg en soos gewoonlik van die Pas de Calais. Verder n veiligheids-maatrel vir die besette gebiede: Alle mense wat in die sone van vyf-en-dertig kilometer van die kus af woon, moet hulle voorberei op bombardemente. Indien moontlik sal die Engelse n uur vantevore pamflette uitgooi.
Volgens Duitse berigte het daar Engelse valskermtroepe aan die Franse kus geland. Engelse landingsbote in geveg met Duitse mariniers, aldus die BBC.
Gevolgtrekking van die Agterhuis om negeuur by die ont-byt: dit is n proeflanding net soos twee jaar gelede by Dieppe.
Engelse uitsending in Duits, Nederlands, Frans en ander tale om tienuur: The invasion has begun! Dus die ware in-val. Engelse uitsending in Duits om elfuur: toespraak van op-perbevelhebber generaal Dwight Eisenhower.
Engelse uitsending in Engels: This is D-day. Generaal Eisenhower het aan die Franse volk ges: Stiff fighting will come now, but after this the victory. The year 1944 is the year of complete victory, good luck!
Engelse uitsending in Engels om eenuur (vertaal): 11 000 vliegtuie staan gereed en vlieg onophoudelik heen en weer om troepe neer te laat en agter die linies te bombardeer. Vier-duisend landingsvaartuie plus kleiner bote gaan tussen Cherbourg en Le Havre onophoudelik aan wal. Engelse en Amerikaanse troepe is reeds in swaar gevegte betrokke. Toe-sprake van Gerbrandy, die Eerste Minister van Belgi, koning Haakon van Noorwe, De Gaulle van Frankryk, die koning van Engeland en laaste maar nie die minste nie, Churchill.
Die Agterhuis is in opskudding! Sou die langverwagte be-vryding dan nou uiteindelik naderkom, die bevryding waaroor soveel gepraat is, wat te sprokiesagtig is om ooit werklikheid te kan word? Sal hierdie jaar, 1944, ons die oorwinning skenk? Ons weet dit nog nie, maar hoop wat lewe gee, maak ons weer moedig, maak ons weer sterk. Want moedig moet ons die vele angste, ontberinge en lyding deurstaan. Wat nou belangrik is, is om kalm en standvastig te bly; nou eerder die hande klem dat die naels in die vleis sny as om te skreeu! Frankryk, Rus-land en ook Duitsland kan skreeu van ellende, maar ons het nog nie die reg daartoe nie!
O, Kittie, die mooiste van die inval is dat ek die gevoel het dat daar vriende in aantog is. Die vreeslike Duitsers het ons so lank onderdruk en die mes op ons kele gehou dat vriende en redding alles vir ons is! Nou gaan dit nie meer om die Jode nie, nou gaan dit om Nederland, Nederland en die hele besette
Europa. Margot s dat ek miskien nog in September of Okto-ber sal kan teruggaan skool toe.
Anne M. Frank
Ns. Ek sal jou van die jongste berigte op die hoogte hou! Van-oggend en ook vannag het strooi- en winkelpoppe vanuit die lug agter die Duitse stellings geland. Hierdie poppe het ont-plof toe hulle met die grond in aanraking gekom het. Ook baie valskermtroepe het uit die lug geland. Al hierdie mense was swart geverf om nie in die nag op te val nie. Vanoggend om sesuur het die eerste landingsvaartuie aan wal gekom nadat die kus die nag met vyfmiljoen kilogram bomme gebombardeer is. Twintigduisend vliegtuie was vandag in aksie. Die kusbatterye van die Duitsers was by die landing reeds tot niet. n Klein brughoof is al gevorm. Alles gaan goed, hoewel die weer sleg is. Die ler en ook die volk is one will and one hope.
Vrydag, 9 Junie 1944
