Liewe Kittie
Nuwe Agterhuis-narighede. Rusie tussen Dussel en die Franks oor botterverdeling. Kapitulasie van Dussel. Dikke vriendskap
tussen Mevrou Van Daan en laasgenoemde, flirtasies, soentjies en vriendelike laggies. Dussel begin vroueverlangens kry.
Die Van Daans wil nie n kruiekoek vir Kugler se verjaars-dag bak as ons nie self een het om te eet nie. Hoe kleingeestig! Bo: slegte buie. Dussel met suurdeegpille betrap, terwyl ons niks het nie.
Die Vyfde Ler het Rome ingeneem sonder dat die stad verwoes of gebombardeer is. Reuse propaganda vir Hitler. Min groente en aartappels, een brood muf.
Skarminkeltjie (die nuwe pakhuiskat) kan nie peper verdra nie. Sy gebruik die katbak as slaapplek en die skaafsels vir ver-pakking as toilet. Onmoontlik om haar te hou.
Die weer is sleg. Aanhoudende bombardemente op die Pas de Calais en die Franse weskus.
Daar is nie dollars te koop nie, goud nog minder, die on-derkant van ons swart geldkassie is sigbaar; waarvan sal ons volgende maand leef?
Anne M. Frank
Dinsdag, 6 Junie 1944
