Liewe Kittie
Wie na die solder gaan, vat n sambreel saam, liefs een vir mans! Dit ter beveiliging teen die renbuie van bo af. Daar is n spreekwoord wat lui: Hoog en droog, fris en gesond, maar dit geld definitief nie in oorlogstyd (skiet!) en vir onder-duikers (katbak!) nie. Mouschi het inderdaad n soort gewoon-te daarvan gemaak om sy besigheid op n paar koerante of in n vloerspleet te doen, sodat nie slegs angs vir n gekletter nie, maar nog n groter vrees vir n ontsettende stank uiters ge-grond is. As n mens daarby ook weet dat die nuwe Moortjie in die pakhuis aan dieselfde kwale ly, dan kan elkeen wat al n onsindelike kat gehad het, n beeld vorm van watter geure bui-ten peper en tiemie in ons huis rondsweef.
Verder het ek n splinternuwe anti-skietresep om mee te deel: Tydens n harde geknal haas n mens jou na die naaste houttrap, hardloop daarmee op en af en sorg dat jy by her-haling hiervan minstens een keer saggies ondertoe val. Met die opdoen van skrape en die lawaai wat die hardloop en val maak, het n mens genoeg te doen om sowel die geskiet nie te hoor nie as om nie daaraan te dink nie. Skryfster hiervan het di ideale resep beslis met sukses toegepas!
Anne M. Frank
Maandag, 5 Junie 1944
