Liewe Kittie
Saterdag, Sondag, Maandag en Dinsdag was dit so warm dat ek nie n vulpen in my hand kon vashou nie en daarom was dit ook onmoontlik om aan jou te skryf. Vrydag was die riolering stukkend, Saterdag is dit reggemaak. Mevrou Kleiman het ons die middag kom opsoek en n hele boel oor Jopie vertel, onder andere dat sy saam met Jacque van Maarsen aan n hokkieklub behoort. Sondag het Miep kom kyk of hier nie ingebreek is nie en gebly vir ontbyt. Maandag (tweede Pinksterdag) het me-neer Gies as skuilbewaker diens gedoen en Dinsdag kon die vensters uiteindelik weer oopgemaak word. So n mooi en warm, n mens kan gerus s bloedig warm, Pinkster was daar nog selde gewees. Hitte is vreeslik hier in die Agterhuis. Om jou n indruk van die vele klagtes te gee, sal ek kortliks vir jou die warm dae beskryf.
Saterdag: Wat n heerlike dag! het ons almal die oggend ges. As dit maar n bietjie minder warm was, het ons die middag ges toe ons die vensters moes toemaak.
Sondag: Hierdie hitte kan n mens nie uithou nie; die bot-ter smelt, daar is nie n koel plekkie in die huis nie, die brood word droog, die melk word suur, geen venster mag oop wees nie. Ons arme verstotenes sit hier en stik, terwyl ander mense Pinkstervakansie het. (Aldus Mevrou.)
Maandag: My voete pyn, ek het nie dun klere nie, ek kan nie opwas in die warmte nie! Gekla van smrens vroeg tot saans laat. Dit was aaklig.
Ek kan hitte nog steeds nie verduur nie en is bly dat die wind vandag behoorlik waai en die sonnetjie tog skyn.
Anne M. Frank
Vrydag, 2 Junie 1944
